Page 1 of 1
gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:04 pm
by cassie_calvinia
sommer vanoggend met kamara gespeel. nou niks ver, of fancy nie
http://vid1086.photobucket.com/albums/j ... /gonge.mp4
Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:12 pm
by LRLaubscher
Lyk sommer m*&r lekker.
Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:13 pm
by Hein (Haan)
Nice!

Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:27 pm
by BRNO (Pierre)
Maak jy die hond gewoond aan jou roeper, of is dit jou asemhalingbeheer voor jy die sneller trek?

Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:31 pm
by cassie_calvinia
daai hond is mal as ek skiet. kan haar nie naby roeper bring nie
Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 4:56 pm
by koos 2
Lyk so lekker en ek sit by die werk.
Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 8:12 pm
by alecjohnson
oe dis darm maar lekker om daai gong so te sien spin! sal nie omgee vir so 'n setup in my agterplaas nie

Re: gonge skiet
Posted: Wed Nov 05, 2014 8:26 pm
by marco
Casie skiet jy die naweek die drie geweer kompetiesie.?
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 6:48 am
by cassie_calvinia
ek wou, maar het te veel werk met die lusern
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 7:00 am
by marco
Ok ai dis jammer man.
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 7:53 am
by FCLoretz
Baie mooi cassie.
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 8:20 am
by SNIPER
Hi Cassie
Netjiese skiet werk daai.
Dis darem lekker as n man kan se 500m is niks ver nie.
Met wat het jy so lekker gespeel,daai gonge swaai darem lekker rond.
Groete
Sniper
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 8:41 am
by OupaZA
Dit lyk nou na Vet pret...!!
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 9:25 am
by Nickvn
Lekker Kassie. Daai verste gong in die agtergrond lyk baie soos n windpomp.....

Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 9:37 am
by Nickvn
Ek en my seun het ook vir ons n gongbaan gebou hier op die plaas. Jy le lekker op die graswal voor die hangar hier langs die huis en skiet af in die vallei oor die damme. Die naaste een is nou op 325m en die verste een op 509m. My seun het nog 4 gesny en hulle moet stands kry en ook uitgesit word. Ek wil die verste een so op 700m sit. Ek glo hy sal min lui maar dit sal n lekker challenge wees. Daar sal 10 gonge in totaal dan wees.
Ek het gister gou gaan gonge skiet met die .223 en 308 met so n 5m/s kruiswind wat dinge lekker moeilik gemaak het. Die .223 skuif so 12" op 400m.

Maar dit is lekker as jy daai ping geluid hoor na die skoot geloop het. Baie meer "fun" as om papiere te skiet wat nie terugpraat nie.
Geniet die gonge.
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 11:02 am
by cassie_calvinia
daai ander een is 800m. was nie lis vir al die goed uitwerk nie. sal later vir julle 'n fullhouse opsit! haha
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 4:07 pm
by PWV
Ja, Heinz het hier loop en vertel hoe Cassie die ghonge op verskillende afstande bewerk!!
Smaak my hy moet soms 'n chopper huur om by hulle uit te kom?

Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 4:09 pm
by cassie_calvinia
haha en daar dog ek oom Heinz is eerbaar
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 4:50 pm
by Heinz Petersen
Oom Pieter, Cassie het my aangevat met my 243. Sal die TOMBI volgende keer maar saam vat.
Sal net eers n paar skote eers daar by my skiet voor ek gaan. Cassie kan skiet.
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 4:54 pm
by Heinz Petersen
Wat is die verskillende gong/plaat mates op die afstande tot sĂȘ 1000m
Re: gonge skiet
Posted: Thu Nov 06, 2014 7:25 pm
by cassie_calvinia
nee hel oom, in daai wind kan ek niks maak nie