Page 1 of 1

Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Sun Nov 02, 2014 3:11 pm
by Willie007
Hi julle,

Help 'n bietjie asb? Ek het 'n nuwe Savage Axis gekoop, 30-06. Ek het hom gister vir die eerste keer gaan skiet, en ek is baie tevrede met sy "grouping". Die ding is, hy skop soos 'n donkie! Ek is fine daarmee, maar my seun (15), het sy gat af geskrik toe hy daai sneller trek! Ek wonder, as ek die kolf swaarder maak, sal dit seker help met die recoil? Weet julle van iemand wat dit ordentlik kan doen? Die wapen is goed gebalanseerd, en ek wil nie daarmee smokkel nie. En ek het juis die wapen gekoop oor my budget, so dit help ook nie ek moet nou duisende spandeer op 'n nuwe kolf nie.

Dankie.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Sun Nov 02, 2014 4:01 pm
by spekieries
Ek weet nie watter kolf het hy op nie. Ek het my Hogue kolf op my .375 Ruger Howa swaarder gemaak. Skroef die rubber kussing af. Koop 'n epoksie by hardewarewinkel. Gooi 'n pakkie windbuks koëltjies in die kolf, maak die epoksie aan en epoksie die koëltjies was. Die Epoksie by Chamberlains hier in Centurion gekoop. Twee emmertjie wat jy gelykop meng. Ek het nou die naam vergeet.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Sun Nov 02, 2014 5:30 pm
by henning
Ek het n kwik recoil breaker in die kolf gesit en rondom dit gevul met n spuit bottel foam. Miskien stel jy belang in so n idee.

Groete
Henning

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Sun Nov 02, 2014 6:16 pm
by Eugene
Het al gewone venster putty met groot sukses gebruik.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Sun Nov 02, 2014 7:41 pm
by junglejulian
Skroef die recoilpad af en spuit die agterkant vol marine silicone.kan tot 2 buise neem.jy kan lood,ou sinkers,ou koeelpunte of so iets ook tussen in gooi om mooi te set as jy baie ekstra gewig nodig het.dit verminder die recoil aansienlik en verbeter die balans veral met n knaldemper op.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Mon Nov 03, 2014 8:52 am
by Roger
Ek maak al myne swaarder met silicone en visvang sinkers. My 375Ruger is 530gram swaarder en my 338WM is 900gram swaarder.

Spuit net spray and cook op die ster skroewedraaier sodat jy nie die rubber van die recoil pad seer maak nie.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Mon Nov 03, 2014 9:29 am
by Boesman10
Stel voor jy oorweeg die kwik-recoil buis saam met epoxy ernstig. Dit sal jou wapen swaarder maak en die recoil buis sal die skop verminder. Dus kry jy twee dinge om die skop te verminder.

Pasop net vir te swaar maak en dan sal jou seun weer nie die geweer kan dra in die veld nie.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Mon Nov 03, 2014 12:25 pm
by Willie007
Dankie. Waar ek kan 'n kwik recoil buis kry?

Boesman, dis dalk nie 'n slegte idee nie.. As hy nie met hom kan stap nie, sal dit my geld spaar..

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Mon Nov 03, 2014 3:44 pm
by Ockert1992
Middag Julle,

Hoop nie ek highjack nou die post nie.

Ek het ook 'n Howa en as ek skiet veral met bipod op dan druk die kolf teen die loop. Ek hou nie daarvan nie. Is daar enige van julle wat al probeer het om hom stewiger te maak?

Ek dink daaraan om 'n aluminium rod of flat bar te vat en onder die loop met epoksie of iets vas te sit. Of dalk iets soos glasvesel resin. Dink julle dit kan werk?

Ockert

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Mon Nov 03, 2014 5:26 pm
by Gawie(13mm)
Ockert1992 wrote:Middag Julle,

Hoop nie ek highjack nou die post nie.

Ek het ook 'n Howa en as ek skiet veral met bipod op dan druk die kolf teen die loop. Ek hou nie daarvan nie. Is daar enige van julle wat al probeer het om hom stewiger te maak?

Ek dink daaraan om 'n aluminium rod of flat bar te vat en onder die loop met epoksie of iets vas te sit. Of dalk iets soos glasvesel resin. Dink julle dit kan werk?

Ockert
Dagsê. Gaan loer op die draad. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=139&t=36328

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Tue Nov 04, 2014 8:37 am
by Ockert1992
Dankie Gawie! Ek gaan dit probeer.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Tue Jan 20, 2015 2:23 pm
by musgrave270
Dagsê manne

Ek weet dit sal verskil van persoon tot persoon maar hoe bepaal jy die gewig wat jy moet bysit om 'n merkwaardige verskil te maak sonder om die balans van die geweer op te foeter?

Groete
Ruan

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Tue Jan 20, 2015 2:34 pm
by J le Roux
Laat hom nog 'n paar skote skiet en gewoond raak daaraan.

Oor 'n jaar lag hy daaroor, dan sukkel jy om die epoxy uit jou kolf uit te grou!

Toemaar, ek het self 'n KD opgesit vir my seun (9), en dit het als goed uitgewerk.

So ja, so 300g vooraan die loop doen die ding.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Tue Jan 20, 2015 3:17 pm
by JTM
Ek balanseer gewoonlik my gewere reg voor die sneller beul. Ek het nog altyd gevind met sintetiese kolwe dat dit gewig agter kort om reg te balanseer.

In die Howa se kolf het net mooi 2 pakkies venster putty gegaan en balans mooi terug gebring. Teen R5 'n pakkie hoort dit nie die bank te breek nie.

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Tue Jan 20, 2015 3:46 pm
by Gernie
Hoe gemaak met n gelamineerde kolf?

Re: Kan ek 'n sintetiese kolf swaarder maak?

Posted: Tue Jan 20, 2015 3:50 pm
by musgrave270
JTM wrote:Ek balanseer gewoonlik my gewere reg voor die sneller beul. Ek het nog altyd gevind met sintetiese kolwe dat dit gewig agter kort om reg te balanseer.

In die Howa se kolf het net mooi 2 pakkies venster putty gegaan en balans mooi terug gebring. Teen R5 'n pakkie hoort dit nie die bank te breek nie.
JTM

Het jy op 'n manier uitgewerk hoeveel putty jy nodig het of het dit toevallig so uitgewerk?

Groete
Ruan