Page 1 of 1
Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 2:52 pm
by Jacques du Plooy
Die week een aand uitgegaan na waar die varke besig was om die boer se generasie 0, labratorium gekweekte R3.30 per aartappeltjie te verwoes.
Met die nagvisie 5 varke sien vreet in die land, dit was so piknag donker dat ek tot so 60m van die varke kan kom deur gehurk te loop, twee jong varke links van my het my egter gesien toe ek regopkom en begin hardloop. Geweer was gereed en ek kon een skoot inkry op die beer wat verste regs gestaan het.
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 2:56 pm
by Jacques du Plooy
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 2:57 pm
by DWB
Mooi man! Môre draf ek weer agter hulle aan saam met die honde!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 3:02 pm
by Riaan Kriel
Lekker man, goed gedoen. Maak nou net gawe cabanossi en salami's... Ai hoe water my mond al klaar

Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 3:33 pm
by Jacques du Plooy
Ek het weereens ander aand verstom gestaan met die spoed waarteen daai ander vier gehardloop het na die skoot geklap het...dis meer soos sweef oor daai lande as hardloop.
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 3:36 pm
by savage(P Coetzer)
Baie goed gedoen Leftie! Ek het so 6 weke gelede saam my swaer om die aartappel lande gery toe ons op n familie bosvarke afkom. Kon darm al sewe van hulle laat bakkie ry maar dit was vrek lekker gewees. Gelukkig hardloop hulle almal in n reguit lyn wat dinge darm effens makliker maak.
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 4:34 pm
by Jacques du Plooy
savage wrote:Baie goed gedoen Leftie! Ek het so 6 weke gelede saam my swaer om die aartappel lande gery toe ons op n familie bosvarke afkom. Kon darm al sewe van hulle laat bakkie ry maar dit was vrek lekker gewees. Gelukkig hardloop hulle almal in n reguit lyn wat dinge darm effens makliker maak.
Hel dis goed gedoen...ek dink nie eers daar was sewe patrone in my .303 se magasyn nie!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 5:02 pm
by win270
Waarmee het jy hom bygekom, Leftie? Was dit met die .303, klink dit my? Groot vark daardie en seker heelwat kg uitgeslag.
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 6:53 pm
by savage(P Coetzer)
Leftie270 wrote:savage wrote:Baie goed gedoen Leftie! Ek het so 6 weke gelede saam my swaer om die aartappel lande gery toe ons op n familie bosvarke afkom. Kon darm al sewe van hulle laat bakkie ry maar dit was vrek lekker gewees. Gelukkig hardloop hulle almal in n reguit lyn wat dinge darm effens makliker maak.
Hel dis goed gedoen...ek dink nie eers daar was sewe patrone in my .303 se magasyn nie!
Haha. Myne kan darm 10 inpas.
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Oct 31, 2014 10:33 pm
by Jacques du Plooy
win270 wrote:Waarmee het jy hom bygekom, Leftie? Was dit met die .303, klink dit my? Groot vark daardie en seker heelwat kg uitgeslag.
Jip, het my 1946 Lee Metford toegerus met die nodige silenser en led lenser vir nagskiet.
Laai self, Hornady 174gr RN. Skiet diep sub moa op 100m.
Voorheen met winkel pmp A4 groepe geskiet!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Sat Nov 01, 2014 4:42 am
by Finfan
Mooi gedoen Leftie. En mooi varkie ook!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Mon Nov 03, 2014 3:27 pm
by JAGTERSREG-JRM
Daai goete het ek langlaas geskiet, welgedaan...... so boutjie op 100grade in die oond vir 8 ure werk mooi
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:19 pm
by Jacques du Plooy
Vanoggend nog 'n oproep van die boer ontvang, daar is alweer skade gemaak oor die naweek, die groep is blykbaar oor hulle skrik van laasweek!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:59 pm
by win270
Dan maak jy sommer weer so, Leftie!!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Tue Nov 04, 2014 4:02 pm
by Jacques du Plooy
win270 wrote:Dan maak jy sommer weer so, Leftie!!

Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:54 am
by Jacques du Plooy
Twee aande uit gewees die week, nie vark gesien nie....Dis ook nie elke dag VARKskiet dag nie!
Re: Een Bosvark minder!
Posted: Fri Nov 07, 2014 11:01 am
by JAGTERSREG-JRM
Hulle is ma skelm maar maak n man hulle meer waardeur....