Page 1 of 1

Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Oct 30, 2014 1:40 pm
by Tarzan
Dagsê, wat stel julle voor doen ek met 'n nuwe Rooikat Hok voor ek hom kan gebruik? Dis een van Allen Truter se hokke.
Groete Danie

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Oct 30, 2014 3:44 pm
by Mac
Kry 'n bruikbare stel plek, plaas jou lokaas, stel die trap plaat en check hom gereeld.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Oct 30, 2014 6:24 pm
by Tarzan
Moet ek hom nie eers in 'n dam gooi vir 'n paar dae nie

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Oct 30, 2014 7:00 pm
by Martin Marais
Danie,Mac gee goeie raad. Ek werk gereeld met vanghokke,en ek het baie sukses daarmee. Ekself het nog nooit 'n hok in 'n dam gegooi nie,omrede ek dink daai resep is 'n mite.Kry goeie stelplek en stel die hok behoorlik en jou sukses is amper gewaarborg.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:12 pm
by Tarzan
Moet ek die trapplaat op 'n sekere manier stel om seker te maak ek vang nie onnodig ander diere nie?

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Fri Oct 31, 2014 7:45 am
by Mac
Die moertjie op die plaat skanier stel jy net styf genoeg om nie af te gaan met 'n 2L coke bottel vol water op. die dier moet dan ten minste 2Kg weeg om die plaat af te druk.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Fri Oct 31, 2014 8:28 am
by tau
Al wat die dam doen is dit laat die hok beter roes :)

Intersesant genoeg is ons meeste suksesse aande wanneer dit reen so dit help seker vir reuke aan die hoek.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Fri Oct 31, 2014 9:44 am
by Jakkie 321
Tarzan

Stel die hok permanet moenie wag dat iets eers begin vang nie.
Katnip plant werk baie goed vir katte as lokaas. Jy kan tot derms gebreuk en miskien vang jy jak ook wat daarin wil rol. Moennie CD of tin foil vergeet nie

Groette

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Fri Oct 31, 2014 9:56 am
by tau
Tinfoil en tarentaal vere wat draai werk goed, maar my beste is 'n lewendige hoender in 'n vals hokkie agter die regte vanghok.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Sat Nov 01, 2014 10:45 am
by Nico de Jager
Ek stem saam met tau,ek gebruik net n tarentaal ipv hoender. Die geheim is om die hok goed toe te slaan met take rondom. Waneer jy n kat in die hok het laat hom maar bietjie sit daar. Dan is jou hok gesout.
Groete

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Sat Nov 01, 2014 8:54 pm
by Tarzan
Dankie Manne ek waardeer julle hulp sal laat weet as ek hom het.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Jan 22, 2015 9:33 am
by Hugo
More manne

Sien as die hok wat ek gestel het gister, swak fotos, jammer,

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_0604_1.jpg

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/IMG_0605.jpg


Ek wil more nog twee hokke stel, enige tips en bait en en en, moets en moenies, die hok was nou nie laas nag suksesvol nie, maar kom ons hoop hy vang die skuldige binnekort.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Jan 22, 2015 9:33 am
by Hugo
EKt die takke bo op laat sit dat die son nie my hoender mors dood brand nie, hy moet darem kan kekkel in die aand.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Jan 22, 2015 9:51 am
by Hugo
Jis kan die mods die topic skuif asb na probleem dier beheer hofie toe.

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Thu Jan 22, 2015 11:35 am
by Hugo
Jis thanks, met al die raad gaan ek hulle sommer gou gou vang!

Re: Nuwe Rooikat Hok

Posted: Wed Jan 28, 2015 6:26 pm
by Rommel
My pa is baie suksesvol op katte met sy hokke. 1 ding wat ons nou al meer as een keer bewys het is as jy eenkeer n kat op n spesifieke plek gevang het, los daai hok net daar! Jy gaan weer n kat daar vang, een of ander tyd! Ons hokke kry permanente staanplek as hul eers n kat gevang het. ons bou liewer nog n hok voor ons n hok wat reeds gevang het te skuif, die werk vir ons baie goed! Ons ook n hou hok gebou, dis n hok met rubber sye (dat kat nie sy wange moertoe skuur nie) en sy vloer is fyn staal expanded metal met 10cm gaping dan n soliede vloer. In die hok hou ons n kat aan (verkieslik n volwasse wyfie) en sal n kat so aanhou tot ons weer n ander geskikte kat gevang het, dan maak ons daai ene van kant. ons druk stukke goiing sak en matte onder die "oop" vloer, so al die pis en mis word opgevang in daai sakke/matte. stel weer vanghokke met daai sakke/matte, dit werk soos n bom! hoekom ek se n wyfie, wel ons al mannetjies en jonger katte gebruik om pissakke te kry, volwasse wyfie kat se pis werk die beste, vang mannetjies, wyfies en jong katte! nog n ding wat ons opgelet het is dat met die pissakke vang jy baie ystervarke ook, hoekom weet ek nie, maar dit is nie noodwendig n slegte ding nie, partymaal staan n hok n ruk lank stil, dan vang ons ystervark, dan weer een, dan weer een en dan kom jy by hok en kietsie sit! as ons vars sakke uitsit krap ons sommer van die aapvelle en koppe en gans vlerke wat in hok le van wat ons gevoer het en sit die ook sommer saam sak uit. en moenie n sak agter bakkie se sitplek vergeet in n toe bakkie oor n naweek in die son nie, daai reuk kom nooit weer uit jou van uit nie!!