Page 1 of 1
Blou, kampeerders matras
Posted: Wed Oct 29, 2014 10:08 pm
by Cobus(Cobb)
Hys so duim dik, skuim rubber, blou kleur en rol soos 'n swissroll op, hikers gebruik hom as matras..
Het iemand so een? Slaap hy gemaklik? sal jy hom aanbeveel?Waar koop ek hom en wat kos dit??
Cheers
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Wed Oct 29, 2014 10:19 pm
by Giepie
Dit slaap nie so gemaklik nie, maar baie beter as sement of klip.
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Wed Oct 29, 2014 10:28 pm
by Kallie404
Cobb,
Gaan kyk op
www.carmaquip.co.za , daar is nie beter en gemakliker nie.
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Wed Oct 29, 2014 10:42 pm
by Cobus(Cobb)
Dankie manne
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 12:38 am
by uitenwaj
Cobuss ek het al van daai matrasse by Mica en Shoprite se kamp afdeling gesien. Dit lyk amper soos n Yoga mat. Kry dit in blou en swart.
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 8:47 am
by Boesman10
Wat is jou redenasie agter die matras? Van ondervinding stem ek saam dan hy nie lekker slaap nie maar tog beter is as die grond. Sy enigste werklike doel vir my is om nattigheid van onder af te keer. Ek gebruik nou veel eerder 'n opblaas matras. As ek net nattigheid beheer soek dan blaas ek hom nie op maar as ek wil slaap en iets sag soek vir daardie heup bene dan blaas ek hom op. Hy vou kleiner op as die blou matras ook. Sal graag wil weet waarvoor jy die bloue wil gebruik?
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:05 am
by Jakkie07
EK sommer soms n lilo gekoop en saam gedra, hulle was altyd lekker goed koop by crazy store en kan lekker klein opvou.
daai is nou beter dinge op die mat, maar hulle pryse is natuurlik ook mal
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:14 am
by Cobus(Cobb)
Boesman10 wrote:Wat is jou redenasie agter die matras? Van ondervinding stem ek saam dan hy nie lekker slaap nie maar tog beter is as die grond. Sy enigste werklike doel vir my is om nattigheid van onder af te keer. Ek gebruik nou veel eerder 'n opblaas matras. As ek net nattigheid beheer soek dan blaas ek hom nie op maar as ek wil slaap en iets sag soek vir daardie heup bene dan blaas ek hom op. Hy vou kleiner op as die blou matras ook. Sal graag wil weet waarvoor jy die bloue wil gebruik?
Die graveyard shift op die jakkalstrok werk nie vir my so regop in die seat nie, self al recline hy is dit baie crap.
My stoel en raam is van die bakkie se vloer af en het conveyer belt op die bak, as ek daai matras daar onder my stoel, bo op conveyer beld gooi en daar doedoes kan my partner nog verder jag ook..
Maar ek willie iets loop koop wat skaars beter as die conveyer belt is nie, ook nie 'n opblaas ding wat lawaai as jy hom opblaas ens nie, kan ook nie spons matras wees nie ingeval reen en te groot om gou op te rol om te b^ere
Cheers
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:24 am
by Geno
Cabous,
Maak soos ek en Gé. Ry 'n stretcher saam.
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:36 am
by Cobus(Cobb)
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:45 am
by PJS
Geno wrote:Cabous,
Maak soos ek en Gé. Ry 'n stretcher saam.
Dis n goeie idee en sagter as die bakkie se bank, maar slaap julle dan langs die bakkie? Ek sal hoop die skut sien daai kol kat in die Bosveld as hy die bakkie bekruip!

Sal darem nie lekker wees as kietsie jou of Ge wakker maak met n gesnork nie!

Jy mag dan mos nou nie ou Bool se kietsies skiet nie!
Ek het al gesien die slapery is maar n gelol. Die man voor in snork partykeer so hard die jakke hoor dit ook!
Dink wel dat n double cab dalk bietjie gemakliker is as jy wil skuins lê op die agterbank.
Cobus ek het al daai matrasse gebruik wat jy van praat. Hulle is maar ook dem ongemaklik. Jyt n plan met onder die stoel slaap. Ek sal dit net nie kan doen nie. Ek was seker nog nooit so moeg nie.
Ek het n opvou matras van Tentco waarop die kinders, bo-op die stretcher slaap. Hulle is baie gemaklik. Is maar duur. R400.00 dink ek. Hy is omtrent 80 mm dik
Mooiloop en versigtig slaap op daai stretcher
PJ
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 9:47 am
by junglejulian
die Groen skietmatte van Bushhills is beter as die blou oprol spons en kan weer gebruik word vir n skietdag.vou ook klein genoeg op.ek het permanent 1 agter my bakkie se sitplek
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... mat__green
Re: Blou, kampeerders matras
Posted: Thu Oct 30, 2014 10:12 am
by Johnnie De Wet
Prys R50 tot R80. Hyper/Hypermark/Hyperama... Die groen winkel, weet nie wat sy naam nou eintlik is nie.