Page 1 of 1
Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Oct 27, 2014 3:38 pm
by Johansec1
Goeie Dag almal,
Ek is opsoek na 'n Brno .22LR mod 2 wat nog in 'n goeie kondisie is teen 'n billike prys. As iemand dalk so 'n geweertjie het wat hy van ontslae wil raak, of weet van iemand, sal ek dit waardeer as julle my kan laat weet.
DEGJ@TELKOMSA.NET
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Oct 27, 2014 6:02 pm
by Armand Steenkamp
Baie skaars. Hou maar guntree dop en gaan kyk ook by classic arms
Groetnis
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Tue Oct 28, 2014 3:08 pm
by hunter@1
Gaan kyk op Junkmail.....daars ene vir R4000 in die Vrystaat.
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Tue Oct 28, 2014 3:17 pm
by Johansec1
hunter@1 wrote:Gaan kyk op Junkmail.....daars ene vir R4000 in die Vrystaat.
Baie dankie Hunter, ek gaan bietjie opvolg
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Tue Oct 28, 2014 3:28 pm
by blaser
het n spotles een maar nie vir n billeke prys nie
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Tue Oct 28, 2014 4:33 pm
by JPS
Oom Frans,
Wou ook se ek het 2 maar ook nie teen billike pryse nie.
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:35 pm
by Pvdw
Wat is deesdae 'n bilike prys vir 'n mooi Mod 2??? Ek het 'n spotless een wat een van die dae gaan nuwe baas soek.
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Nov 17, 2014 6:40 am
by blaser
R5000
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Nov 17, 2014 7:33 am
by vriell
Kerels wat is so spesiaal aan die outjie ? Ek het een sopas persent gekry.Weet nie hoe oud hierdie model is nie maar die een van my kom uit die 70's dink ek...
Het nog nie met hom geskiet nie en moet nog aansoek doen vir lisensie..
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Nov 17, 2014 8:19 am
by Pvdw
Dankie Remington. Ek sien in die handel gaan hulle ook vir so 4.5-5k. Dit strook met jou prys.
Vriell die gewere is nie regtig spesiaal nie maar hulle het hulself al as werksesels bewys. Hulle het net geen einde aan hulle nie.
As jy 1x wil koop en nooit weer nie is die Brno een van die beste om te oorweeg.
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Nov 17, 2014 8:55 am
by vriell
Pvdw wrote:Dankie Remington. Ek sien in die handel gaan hulle ook vir so 4.5-5k. Dit strook met jou prys.
Vriell die gewere is nie regtig spesiaal nie maar hulle het hulself al as werksesels bewys. Hulle het net geen einde aan hulle nie.
As jy 1x wil koop en nooit weer nie is die Brno een van die beste om te oorweeg.
Pvdw , Dankie vir die terugvoering.Sal hom geniet ! Skiet op die oomblik met .22 Remington.Was Oupa sin en kom hier uit die 40's uit en baie akkuraat.Slytasie op slot en magasyn bietjie van probleem nou so sal hom maar bietjie laat rus as ek my lisensie vir die Bruno kry.Ek praat nou onder korreksie maar dink my broer het ongeveer R270 vir die Brno (demo model ) betaal in die 70's... en het maar min met hom geskiet..
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Nov 17, 2014 11:23 am
by PaulM
Johansec1 wrote:Goeie Dag almal,
Ek is opsoek na 'n Brno .22LR mod 2 wat nog in 'n goeie kondisie is teen 'n billike prys. As iemand dalk so 'n geweertjie het wat hy van ontslae wil raak, of weet van iemand, sal ek dit waardeer as julle my kan laat weet.
DEGJ@TELKOMSA.NET
Ek het so 'n paar maande terug 'n paar model 2's gesien by oom Bonnie York se Safari Den in Ladysmith. As ek
reg onthou, was hulle almal in 'n goeie toestand teen R4500 stuk. Ek het toe 'n model 5 daar gekoop, ook teen
R4500.
Ter inligting - Hier is 'n interessante artikel oor die verskillende Brno .22's:
http://www.rimfirecentral.com/forums/sh ... p?t=212830
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Mon Nov 17, 2014 10:43 pm
by vossie1
Vriel kyk op die Brno is daar n stempel op die loop en aksie wat vir joy sal aandui waneer die geweer gemaak is bv 75 ens
Re: Brno .22Lr Mod 2
Posted: Tue Nov 18, 2014 7:49 am
by vriell
vossie1 wrote:Vriel kyk op die Brno is daar n stempel op die loop en aksie wat vir joy sal aandui waneer die geweer gemaak is bv 75 ens
Vossie,ek het net vlugtig gekyk en ongelukkig is die geweer tans nie by my nie maar sal sodra ek weer na hom toe gaan kyk wat alles op die loop gedruk is.