Page 1 of 1

Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 5:39 pm
by Frikjordaan
Ons het 'n Robler-Austric geweer in 25-06 caliber.
die geweer het 'n swart plastiek(ek dink)kolf wat baie maklik buig veral as dit bietjie warm kry.

weet iemand dalk van 'n plan om veral die voorlaai stywer te maak.
Dink aan 6 mm vlekkeloos staal staaf en om dit binne in die loop kanaal met Epidermix 372 vas te gom.
Weet nie of dit regtig 'n verskil gaan maak nie

Of is daar beter plan?

baie dankie
Frik

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 6:03 pm
by junglejulian
oom Frik ek het dit met n Howa Hogue plastiek kolf gedoen en dit het verseker gehelp.Ek het n 4mm aliminium flatbar in gesit met epidermix 372.Maak net die plastiek oppervlak grof met skuurpapier of iets soortgelyk en dan skoon met thinners of acetone.Die epidermix klou beter op die olievrye growwe oppervlak.Ek skiet nou gemaklik met die bipod.

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 6:35 pm
by PWV
Frikjordaan wrote:Ons het 'n Robler-Austric geweer in 25-06 caliber.
die geweer het 'n swart plastiek(ek dink)kolf wat baie maklik buig veral as dit bietjie warm kry.

baie dankie
Frik
Frik, ek glo dit word nie net 'n bietjie warm by julle nie. Dit word f...ken warm!! :):

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 7:22 pm
by vlakvark1
Het die probleem ondervind met my Howa se Hogue kolf. Nou n Boyds kolf opgesit
Probleem opgelos

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 7:30 pm
by henning
Frik my kolf het ook aluminium in en glasvesel resin met n kleursel gemeng, in gegiet, werk goed en lyk netjies.

Groete
Henning

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 8:47 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.

Gaan loer bietjie op die NZ webtuiste. http://www.ballisticstudies.com/Knowled ... pound.html

Hier is baie handige instruksies. Ek sou net die epidermix gebruik en liewers die kolf grof maak en gate in die kruis-stutte maak vir 'n sterk meganiese hegting. Die staal staaf kan die kolf swaarder maak en nie noodwendig die verwringing uitskakel nie.

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Sun Oct 26, 2014 10:55 pm
by wlm
Steenvas (st 101) werk baie goed op sintetiese kolwe.

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Mon Oct 27, 2014 8:17 am
by andre007
Môre. Ekt dit met my howa se kolf gedoen. Die Kolf het sulke blokkies binne die voorlaai, het dit met n router weggesny en n stuk 10mm alluminium pyp daarin ge epidermix, pyp buig nie so maklik soos staaf nie so dit is beter. Ek het 2 lae karton om die loop gesit en met so 2 lae maskeerband geplak, daarna die loopkanaal vol epidermix gegooi, die aksie/loop in plek gesit, skroewe effe vasgedraai in laat set en voila!

http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/223bedding_zpsd1f3ec05.jpg

n Wenk is om die pypie hier en daar n paar druppels met die glue gun te gooi om seker te maak hy skuif nie rond terwyl jy met die epoksie woel nie, ekt seker gemaak dat die loop nog ''freefloat'' en toe dit swart gespuitverf.
Glo my daai voorlaai is ''rock solid''. Hoop dit help!

Re: Plastiek kolf buig te maklik

Posted: Tue Nov 04, 2014 10:00 am
by Geno
Ek het tans 'n Hogue kolf op my 6mm Dasher terwyl ek wag vir my McMillan kolf.
Dis die grootste drek wat ek nog gebruik het. Waar my geweer 0.1MOA geskiet het met die GRS kolf, lyk my groepe nou so:

Afstand is 230y.

Links is 2 groepe met 65gr VMax teen 3755fps en regs is 2 groepe met 55gr Noslers teen 4004fps.

Ja, die jakkals is dood, maar die akkuraatheid is baie baie baie slegter.

Beste deel van 'n Hogue kolf, is hoe lekker hy "vat". Maar sy buigsaamheid beindruk my gladnie.
HogueStockDasher.jpg