Page 1 of 1

Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 8:13 am
by Heinz Petersen
Ek was gisteraand uit vir die eerste keer met my skietstoel en met die kennis wat ek opgedoen het met die Middelpos kursus.
Die wind het behoorlik gepomp. Ek het begin met n jak roep en toe oorgegaan na kos roepe. Van twee kante het ek antwoord gekry maar niks wil inkom nie. Seker so na drie ure en twee keer se skuif speel ek toe uit moedeloosheid sommer n Dassie roep. Na so 20min toe sien ek drie ogies van vêr inkom en dag toe dit is Bakore. By daai tyd het ek al n pakkie geduld opgebruik. Toe ek weer die lig aansit (vlou) sien ek dit is drie van die rooispan lede. Seker so 70m toe gooi ek daai rooi puntjies. Ek kry toe twee van hulle en die derde een is weg. Wag toe nog so 10min voor ek begin roer op die bakkie toe ek die ander een sien tussen die bossies. Stuur toe vir hom ook n rooi een.
Een reun en twee jong tewe.
Daar is seker nog baie wat ek moet leer. Waar koop n mens geduld ???
Moet sê daai stoel werk lekke.
(moenie vra vir fotos nie, want my foon was nie by my nie.)

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 8:20 am
by HennieC
Heinz ek is bly jou stoel het sy eerste jakke gevat. Hoop daar is nog baie vorentoe.

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 8:41 am
by wlm
Heinz
Die lengte van jou geduld is direk gekoppel aan hoeveel van jou lammers hulle opgevreet het.
Ek glo nie daar kan meer adrenalien wees in 'n olifantjag as in die tydjie vandat hy jou antwoord tot die skoot klap nie.

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 12:16 pm
by Jakkie 321
Lekker Heinz

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 1:18 pm
by .223 JAGTER
Ja man die geduld is my groot problem ook ek werk hard daaraan ma so halfpad verloor ek hom as die rooi manne nie wil inkom nie dan jaag ek somme na hulle toe .Hier by ons vlak lekke plat. Dit is so 50% sukses. Ek gebruik ma my buurman hy skiet met .243 en is meer suksesvol tot 300m

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 1:46 pm
by PWV
Mooi, Heinz! Sal by my apteker hoor wat kos geduldpille! 8)

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 4:12 pm
by cassie_calvinia
mooi!!
ek dink die dassie het nuuskierigheidgeprikkel!
het jy die tewe oopgesny? was een dragtig? of al kleintjies?

Re: Rooispan

Posted: Sun Oct 12, 2014 5:37 pm
by Heinz Petersen
cassie_calvinia wrote:mooi!!
ek dink die dassie het nuuskierigheidgeprikkel!
het jy die tewe oopgesny? was een dragtig? of al kleintjies?
Nie een van die tewe was dragtig nie of dat ek sien dat daar kleintjies is nie. Die een het al kleintjies gehad, maar geen melk nie. Ek het bietjie vergeet om te onthou van die tande se slyt om te skat hoe oud die reun was, maar dit was nie n ou skollie nie.

Re: Rooispan

Posted: Mon Oct 13, 2014 6:10 pm
by Allieman
good stuff heinz

ek sukkel self soms met die geduld,maar het my self maar al geleer om rustig teraak.

cassie ek het self ook al redelik sukses gehaat met die dassie roep.

groete
allie

Re: Rooispan

Posted: Mon Oct 13, 2014 6:41 pm
by Cobus(Cobb)
As jy die geduld ding kan toepas het jy klaar halfpad gewen.....
Geluk

Re: Rooispan

Posted: Mon Oct 13, 2014 8:36 pm
by BRNO (Pierre)
Goeies Heinz!!