Page 1 of 2

.425 Westley Richards - 1937

Posted: Thu Oct 09, 2014 10:04 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie naand manne

Deel sommer n mooi Britse geweer wat ons vandag in gekry het vir so bietjie aandag. Ek is seker hier is n paar manne wat dadelik gaan sien dat hier groot probleme is. Klient se oorspronklike teleskoop monteerings het gebreek en die geweer toe vir n "geweersmid" gestuur om nuwe te maak - klient het sy geweer so terug gekry :'( :'( :'( :'(

Ons gaan die metaalwerk opknap (Rust blue), die kolf mooi oordoen en natuurlik nuwe en korrekte mounts vir die klient maak.

Ek hou julle op hoogte

Groete

Ralph jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425WR/IMG_1947_zps66204cef.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425WR/IMG_1940_zps56507a6b.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425WR/IMG_1966_zpsf5a4048a.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425WR/IMG_1965_zps978a67bb.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425WR/IMG_1964_zpsfbb86db8.jpg[/image]

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Thu Oct 09, 2014 10:06 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Thu Oct 09, 2014 10:07 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 6:54 am
by DWB
Sekere mense verdien om gemo3r te word.

Nonetheless is dit goed om te sien die outjie word nog gebruik om mee te jag.

Eish maar daai roere se magasynkaste is nie mooi nie :D

Hier is ook een by 'n vriend van my.

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 9:13 am
by Ralph Badenhorst
DWB wrote:Sekere mense verdien om gemo3r te word.

Nonetheless is dit goed om te sien die outjie word nog gebruik om mee te jag.

Eish maar daai roere se magasynkaste is nie mooi nie :D

Hier is ook een by 'n vriend van my.
Moet nogal saamstem oor die Mag-kas - hou meer van die Rigby kaste en trigger guard.

Bly maar darm nogsteeds n mooi geweer

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 9:17 am
by 470rigby
Die magasyn hou 5 parone plus een in die loop, en jy kan die magasyn met 'n militere "stripper clip" vyf nuwe patrone in 'n japtrap insit. Elf skote sonder ophou, dink net hoe warm word die loop!

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 9:21 am
by DWB
Baie indrukwekkend!

Wat is so outjie werd deesdae?

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 9:44 am
by Ralph Badenhorst
Dankie oom Andrew

Oom Andrew ek neem aan dat daai 2 ore in die aksie vir die rebated rim van die .425WR is. Sodra jy die slot terug trek, druk die 2 ore terug om die rondte te vang om sodoende korrekte voer te verseker?

Groete

R jr.

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 9:51 am
by DWB
Ralph, ek het toevallig gisteraand so iets raak gelees, 2 spring loaded ore wat hom dan in lyn hou.

Re: .425 Wesley Richards - 1937

Posted: Fri Oct 10, 2014 10:21 am
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Wed Oct 15, 2014 7:03 am
by 470rigby
Ja, die twee 'clips' was net op die beter grade WR's gesit. Dit was omdat die patroon bietjie verder uit die kas moet kom om te verhoed dat die grendel vashaak teen die 'rebate' en die geweer dan stoor. Sonder die clips spring die patrone dan heeltemal uit, omdat die voerreelings met hierdie opset verder oopgemaak moet word. Terloops, hierdie kaliber kom van 1911 af, en was sodoende die eerste 'short magnum' Pas in gewone 30-06 tipe magasyn, gebasseer op 404 dop wat verkort is. Dakota het dus niks nuuts begin met hulle 404 gebasseerde short magnums nie

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Fri Jan 30, 2015 8:17 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie naand manne

Wil net begin om verskoning te vra as ek die laaste 2 weke min/geen e-poste of watsApp's geantwoord nie - ek was besig met opleiding vir nuwe CNC masjiene wat ons binnekort kry. Ek't hierdie fotos n rukkie terug geneem voor ons met die Rust bluing begin het. Na 2 weke is die Rust bluing more klaar en sal ons als aanmekaar begin sit - ek't vandag n klomp fotos op sosiale media opgelaai toe ons die "side mount"vervaardig het.

n Mede forum-lid en wapenversamelaar het laas jaar vir my n side mount gegee wat ek vir hierdie wapen kon gebruik het maar op nadere inspeksie het ons gesien dat die teleskoop ringe 32mm in deursnee is - Westley Richards het die aksie profiel geskuur dat die profiel 0.5mm kleiner is op elke dimensie - dus gaan die side mount/ teleskoop nie in lyn wees nie. Ons moes n nuwe side mount vervaardig wat die 0.5mm kompenseer sowel as die horibale skewe gate in die aksie gebruik - ons was bang om nuwe gate te boor weens dat dit die aksie kon verswak. Ek sal n paar fotos oplaai van die vervaarigings proses - dit het ons ongeveeer 12ure geneem om so side mount te vervaardig.

Geniet dit

Groete

Ralph jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20wr%20fin%202015/IMG_6443_zpss34xsl3v.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20wr%20fin%202015/IMG_6435_zpsaefs9uof.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20wr%20fin%202015/IMG_6434_zpsuhxsfxdd.jpg[/image]

Ons het die wapen se kroon reg gemaak - WR het die oorspronklike kroon ge-"grind" amper soos Sabati en hul dubbels.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20wr%20fin%202015/IMG_6432_zpsjtt8xfek.jpg[/image]

Die mede forum-lid was die dag by my gewees toe ek al die oorspronklike metaal afwerking begin afgehaal het en voorberei vir Rust bluing - ek moet deel dat die oorspronklike metaal afwerking werklik waar swak was en lyk amper of die metaal met 50grit skuurpapier afgewerk was - sien die eerste fotos

Na 45ure se skuur werk

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20wr%20fin%202015/IMG_6425_zpsgqrutqix.jpg[/image]

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Fri Jan 30, 2015 8:20 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Fri Jan 30, 2015 8:24 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Fri Jan 30, 2015 8:26 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Fri Jan 30, 2015 9:01 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Fri Jan 30, 2015 9:20 pm
by Dwight375
Dit is vir my regtig mooi Ralph.

Great werk kani wag vir finale fotos nie.

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:23 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie naand manne

Die .425 Westley Richards & Co. is voltooi. Ekt gou laatmiddag n paat fotos geneem - jammer oor n paar swak lig fotos - maar dit kan julle n goeie idee gee. Ons het die metaal afwerking gerepliseer vanaf die oorspronklike geweer. Ek sal n paar fotos laai as sy baas hom more kom inskiet.

Geniet hulle en dankie vir die volg.

Groete

R jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20fin%20fin/IMG_6516_zpsqayf3npl.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20fin%20fin/IMG_6534_zpslh3ljcxa.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20fin%20fin/IMG_6526_zpsa1qbiyjf.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20fin%20fin/IMG_6523_zpstpmzgeiq.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/425%20fin%20fin/IMG_6530_zpsdh3csmku.jpg[/image]

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:25 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:26 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:28 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:29 pm
by Ralph Badenhorst

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:35 pm
by DWB
Welgedaan Ralph, welgedaan!

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:21 pm
by ruaanb
Sjoe dis n mooi roer!

Re: .425 Westley Richards - 1937

Posted: Tue Feb 03, 2015 5:36 am
by sako 30-06
Ralph,julle manne mag maar.Uitstekende werk,julle werk is verseker in dieselfde klas of selfs beter as die top geweermakers in die wereld.