Page 1 of 1
Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 3:17 pm
by Wielie Waps
Forum vriende
My pa het vir hom 'n 14.4 p/k trekkertjie gekoop en soek nou implemente.
Wie van julle ken die trekkertjies en waar kan ek gaan soek vir implemente.
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 3:42 pm
by musgrave270
Wielie
Ek het die ouens laasjaar by Nampo gesien. Hulle het 'n wye verskeidenheid implemente. Ek ken egter nie Stud Trekkers nie, so ek weet nie of hulle op mekaar sal pas nie.
http://www.hinomoto.co.za/index.php?opt ... &Itemid=26
groete
Ruan
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 3:58 pm
by BLOK
Probeer Staalmeester in Hartbeesfontein. Weet hulle voer implemente is en het al van die gesien wat op die kleiner model trekkers gebruik word wat by hulle staan
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 4:06 pm
by Wielie Waps
Thanks - julle is vining op die draw. Ek gaan hulle probeer.
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 4:33 pm
by BLOK
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 4:50 pm
by Wielie Waps
My pa het het reeds by Hinomoto reggekom met 'n ploegie en hy is besig met Staalmeester oor 'n rotovator.
Thanks Ruan en BLOK
Net so bietjie agtergrond. My pa is 83 en bly op 'n kleinhoewe buite Bloemfontein. Hy het tot nou toe sy groente lande met sy Massey Ferguson 35x bewerk. Die trekker eet nou so bietjie die heupe en rug - so nou het hy afgeskaal na die klein trekkertjie toe en soek al die implemente wat te doen het met groente bewerking. Hy het geklink soos 'n klein seuntjie toe hy bel om te se hy het 'n ploegie gekry.
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 4:54 pm
by win270
Dis die geheim . . . moet nooit ophou om aktief te wees en nuwe dinge aan te pak nie. Ek het groot respek vir jou pa, Wielie Waps. Plaas gerus paar foto's van sy trekker en implemente.
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 5:05 pm
by PWV
Kom ons lig ons hoede vir Wielie se pa!!
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 5:28 pm
by BLOK
Bly ek kon help
Re: Stud Trekkers
Posted: Tue Oct 07, 2014 8:40 pm
by musgrave270
Plesier Wielie
Re: Stud Trekkers
Posted: Sun Oct 12, 2014 7:44 am
by Jacquesb
PWV + 1