Page 1 of 2
Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 5:23 pm
by kierriie
Middag Manne.
Ek wil visvang trips op vanderkloof dam reel. Wil pakette uitsit wat insluit, verblyf, boot, petrol, Visvang Toeristing ens. Wil weet of daar belangstelling is vir so iets. Wil Van September, Oktober, November, Jan, Feb, Mar,Apr, een naweek per maand reel. Pm my as daar belangstelling is. Was laas week by n kunsaas kursus op Vanderkloof en die manne beweer die grootste grootbek geelvis in SA swem in Vanderkloof.
Groete Nico
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 5:31 pm
by kierriie
Dis die vis wat ek laas naweek al gekry het en my boot wat ek wil gebruik. Kan 4 persone per naweek vat.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 5:38 pm
by Pvdw
Kierrie jy sal mos huismoles vir my maak
Ek ken nie die dam nie maar al baie van hom gelees.
Wat is die algemene manier van geelvis vang daar? sal dit aas of vlieg wees.
Ek weet onder die wal vang die manne ook met vlieg.
Hoe skoon is die water daar?
O ja, dis baie mooi vis wat jy daar het

Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 5:51 pm
by kierriie
Pvdw ek gebruik kunsvissie op die dam. Vang in die rivier met vliegies. Het seker die beste geelvis vang plek in die rivier by n maat van my. Vang so 15 tot 30 vis in 2 ure op die vliee. Baie nice. Kan vir babers in die dam ook klop hulle is huge. Water is maar nog vuil maar lyk al beter as n maand terug. Temperatuur tel ook mooi op is al so tussen 12 en 16 grade.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 6:07 pm
by Pvdw
Ek hou die spasie dop. Ek moet net kyk wat maak Sterkies die jaar.
Dankie vir die terugvoer.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 6:41 pm
by Gernie
Dit klink heel lekker, waarna kyk jy min of meer per person/naweek?
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 6:45 pm
by Pvdw
Ons kamp altyd by Sterkies. Dis sommer spotgoedkoop daar. Ek en 3 vriend3 gaan gereeld.
Ons kan maklik vir onder 2k selfs onder 1.5k wegkom vir 'n 3 nag trippie.
Dit sluit egter 'n boot uit. Ons loop km's langs die dam opsoek na geelvis.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 6:52 pm
by junglejulian
Kierriie ek vang gereeld onder die staal/treinbrug onder die damwal en daar is baie mooi vis.ek gebruik gewoonlik die kayak en drift af tot in Orania.Met die laaste trip het ons tot in Douglas geroei van die damwal af.Dink ons het oor die 100 vis vir 4 dae gevang.
Ek was nog net so 2 keer saam Deon Joubert hul uit op die dam en dit is ongelooflik mooi,veral hoog op naby die inloop
As jy pryse en planne in plek het laat weet asb.Ek is seker ons sal n paar manne hier van Bloem af kan saambring
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Wed Oct 01, 2014 8:03 pm
by kierriie
Hi ouens. Sal bietjie my somme maak en kyk wat dit per persoon sal uitwerk. Ja ons dam is seker die mooiste in SA. Almal het vir my vertel jozini is mooi maar hulle het nog nie vanderkloof gesien nie.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Thu Oct 02, 2014 8:17 am
by kierriie
Ouens dit sal min of meer so werk. Boek Vrydag middag in na 2. Saterdag oggend 6 uur op water tot so 10 uur of 11 uur hang af hoe vis byt. Gaan weer half4 uit tot sononder. Sondag weer die selfde. Praat van so 7 na 8 ure per dag op water. Hang alles ook af van die weer. Verblyf in n 3 ster woonstel of huis. Hang af wat beskikbaar is op daai oomblik. Boek maandag oggend voor 10 uit. Kan vlieg hengelaars ook uitvat. Die beste sal wees as iemand belangstel om my te pm of te mail dan kan ek pryse gee. Ek werk in week so net naweke kan ek ouens vat. Kan ook net 4 ouens per naweek uitvat. Ek gee boot;verblyf;hengel toeristing op boot (Vliehengelaars eie stokke en vliee) Petrol. Klient eie kos en drinkgoed Vervoer. Mail my of pm my vir pryse.
nicoelektries@gmail.com
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Thu Oct 02, 2014 9:32 am
by kierriie
Hiers nog so paar fotos van die dam en visse wat ons al gevang het.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Thu Oct 02, 2014 9:33 am
by kierriie
.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Mon Oct 06, 2014 9:23 am
by kierriie
Ouens hier is die naweke. 22, 23 Nov, 17,18 Jan, 21,22 Feb, 14,15 Mrt, 25,26 Apr. Hoop maar die weer werk saam. Net 4 ouens op n slag. Email my by
nicoelektries@gmail.com. Die naweek in rivier gevang. 8.3kg.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Thu Oct 16, 2014 8:53 pm
by tripodmvr
Hierdie mooi vis in die winter van 2005 op springbok hart en derms gevang naby Witput in die Oranje. Ons spesie mikunt was baber en het toe die' verrassing gekry.
chrisfish1_1.jpg
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Thu Oct 16, 2014 9:03 pm
by Pvdw
Ag nee man kierrie!!! Weg met jou en jou vis porn!! Ek is op die forum vir my plesier en dan maak jy so??
Kierrie, ek moet nou ernstig na my 1 of 2 trippies kyk die seisoen. As jy so aanhou is ek een van die dae op jou voorstoep.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 6:52 am
by kierriie
Ek sal julle laat weet hoe gaan dit more. Vat more my eerste ouens uit. Weer nie so lekker maar is positief. Sal fotos laai
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 8:53 am
by George22250
Kierie wat se jy? Hoe gaan dit daar? Jul kap die vis mooi nou. Sal weer bietjie n plan moet maak as ek terug is.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:10 am
by kierriie
Hi George.
Hoe lyk dinge daar. Ja hier kom mooi vis uit die laaste tyd.
As jy terug is kom maak n draai.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:17 am
by George22250
Ek sien so. Sal verseker n plan maak. Wats die groottes se gewig min of meer die laaste ruk en was dit net op spinner?
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:21 am
by kierriie
Was 8 kg op rapalas. Waneer kom jy af SA toe?.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:22 am
by George22250
black-sam mooi man!!! sal seker Desember daar uitslaan. Eerste oop naweek vd kloof dan
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:24 am
by kierriie
Dis reg. Wag vir jou.
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:26 am
by George22250
Hoe lyk dit met die boerdery?
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:26 am
by George22250
sien daars wille stof storms gewees
Re: Vanderkloof Visvang
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:30 am
by kierriie
Dit lyk goed verjaar. Het redelik ertjies geplant wat baie mooi is. Sal maar sien wat se die stroper oor die koring. Bietjie droog hier. Het darem gister so10mm gehad. Hoe lyk vis daar by jou