Page 1 of 1
270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 7:50 pm
by molopohunter
Naand manne,
Ek het so rukkie met my 270 se akuraatheid gesukkel, toe die probleem gekry.
Hy moet gepak word (volgens n man wat al dieselfde probleem gehad het) en die kroon het n klein stampie gekry.
Ek wil nou sommer met die pak dalk kyk na n nuwe kolf wat breer onder is, op die voor kant.
Weet iemand dalk van iemand wat kolwe maak, buiten armtec, wat nie my n arm en been gaan kos nie.
Hoop iemand kan my help, dankie manne.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 8:37 pm
by 243Songdaug
Naand Molopo.
Search bietjie onder Gelamineerde kolwe of ook Boyds kolwe - Janjak het vir my 'n kolf vir so net oor die R2k ingevoer - gevit, gepak en hy skiet bakgat.
Oom Hennie in Bloem se klewe is ook nie sleg nie - Prys: R3.5k
Groete.
Jaco
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 8:44 pm
by molopohunter
Dankie Jaco,
Sal verseker gaan loer.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 8:47 pm
by Arnold
Jaco, was daai Boyds kolf vir 'n Brno?
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 8:52 pm
by 243Songdaug
Nope, dit was vir 'n P14. Weet ook nie of dit 'n Boyds was nie, maar hy lyk baie soos die boyds. Kontak gerus vir jannie(Janjak) die mater doen baie moeite vir 'n man - het tans 'n ROOI gelamineerde kolf vir 'n 300 WM (Bruno) op bestelling by Jannie.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 9:30 pm
by molopohunter
Ek sien nie boyds kolwe vir brno/cz nie, net daai taktiese kolf vir n .22.
Ek en jannie is besig om te gesels. Hy kan brno kolwe in die hande kry, en die prys klink goed.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 9:38 pm
by Arnold
Sien ek het self 'n cz550 met 'n meneer kolf maar kon nog nie sien dat boyds een maak nie.
Laat weet meskien wat jy kry vir daai Brno, ek dink self aan 'n effe ligter kolf vir cz om mee te gaan stap en jag.
So lyk my huidige kolf
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Mar 21, 2011 9:58 pm
by molopohunter
Arnold,
Hehe, ja, daai is swaar. Ek het dieselfde in in 22-250, maar gebruik hom vir probleemdier beheer en uitdunning.
Nie n lekker stap kolf nie.
Ek is nie seker van die model nie, weet dis n brno cz delux, kry net nr 77 op loop en raam.
Hier is n foto van hom.
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... 6_2196.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... 6_2197.jpg[/img]
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Apr 04, 2011 4:52 pm
by fanie17
Molopohunter
Die kolf wat jou geweer op het is perfek vir jag.Kom jy oeit in pretoria .Ek sal jou gou help met beding en die kroon sny,terwyl jy vir ons n sckotse hoogland wyn gooi .Als op die huis want dit is geen moeite nie.Laat weet maar.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:04 pm
by 243Songdaug
So 'n tyd terug vra 'n Oom my om vir hom te help met die herlaai van 'n klompie 308 patrone vir sy Brno. Dieselfde kolf as hierdie 270 op.
Wel om 'n lang storie kort te maak - daai 308 skop soos 'n beneukte donkie met daardie kolf wat so afloop agtertoe. Moet egter dit s?: die Brno se aksie is vrek sterk - ons het ver oor Max gegaan met die lading en al het die geweer ons mal geskop get die aksie sonder probleme gefunksioneer.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:17 pm
by fanie17
Kom ons maak jou geweer akuraat,dan kan jy weer dink aan geld spandeer op n kolf,die geweer en aksie wat jy het is van die beste wat bestaan.Die loop is n gehamerde loop en sal jou nie in die steek laat nie.Daar is miskien net iets klein fout.
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:39 pm
by Flip Fouche
Fanie
Werk jy aan enige hout kolf ?
Flip
Re: 270 brno kolf
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:45 pm
by fanie17
flip
Ja dit is vir my net n stokpertjie en ek doen dit gewoonlik gratis,Behalwe as dit n groot werk is wat my geld kos.Ek doen al geweer werk vir 30 jaar uit die liefde daarvan.
Re: 270 brno kolf
Posted: Sat May 14, 2011 8:40 am
by molopohunter
Dagse Fanie,
Ek het hom toe gebed en die kroon gedoen. Die loop "float" ook nou.
Ek gaan later die maand eers kins kry om met hom te skiet.
Die plek waar ek werk reik ons met gewere uit en hulle wil nie laat ons persoonlike wapens gebruik nie.
Sal jou wel dalk nog opvat op daai doppie dan gesels ons ,maar gewere.
Ek is deesdae in die laeveld.
Groete
Peet
fanie17 wrote:
Molopohunter
Die kolf wat jou geweer op het is perfek vir jag.Kom jy oeit in pretoria .Ek sal jou gou help met beding en die kroon sny,terwyl jy vir ons n sckotse hoogland wyn gooi .Als op die huis want dit is geen moeite nie.Laat weet maar.
Re: 270 brno kolf
Posted: Sat May 14, 2011 4:52 pm
by fanie17
Maak so