Page 1 of 1
Reënweer
Posted: Fri Sep 26, 2014 12:08 pm
by BosHond
Middag almal
Ek wil net graag hoor...reënweer...baie se reënweer is 'n goeie tyd om te probeer maar ander se weer nie?
Ek het nog nooit regtig gevind dat dit enigsins positiewe weer is nie...
Ligte sagte reën is glo 'n wenner...
Wat se julle?
Re: Reënweer
Posted: Fri Sep 26, 2014 12:11 pm
by Rot
Al wat ek al gesien het as dit so mot reënjie is kry ek jakkalse vroeg ogend rondloop as ek ry.
Re: Reënweer
Posted: Thu Oct 09, 2014 2:34 pm
by Riaan Kriel
As dit reën slaap ek liewers lekker en luister na die seëning van Bo op die sinkdak. Ek is jammer maar ek gaan nie uit met my gewere as dit nie NOOD is nie...... Daar is genoeg ander tye wat dit nie reën nie om lekker te speel. (Ek kry myself ook jammer om natgereën agterop die bakkie te sit is ook nie lekker nie

)
Re: Reënweer
Posted: Thu Oct 09, 2014 3:48 pm
by BLOK
Het al self meer as een keer in die reen n jakkals geskiet. Die ideaal is natuurlik net na dit gereen het, jakkie is ook nat gereen en wil nou droogkom en die reen het hom verhoed om uit ge gaan en sy normale roetine te doen en vreet so gewoonlik is hy dan ook meer honger. Ander ding is net na reen is daar gewoonlik heelwat ander diere wat ook eers uitkom oor hulle terug gehou was in hul gate, muise, paddas, motte ens.
Weet nie is maar my gevoel, dalk verskil die geleerdes se ondervinding.
Re: Reënweer
Posted: Thu Oct 09, 2014 4:08 pm
by Abrie Smit
Stem saam Blok. Maar het ook ervaar as dit regtig baie gereën het en die water staan, is hulle nie so geredelik om in te kom nie. Weet egter van manne wat waar jakkals deur vlakkerige rivier gekom het agter roeper aan.
Mooi dag
Re: Reënweer
Posted: Thu Oct 09, 2014 4:12 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het altyd die beste voorneme om deur die reen te roep, maar na 30min se not en roes ens, klim ek maar in bakkie.....ry my later dan huistoe.....
Slapgattig ja....ek weet.