Page 1 of 1

Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:07 am
by Rot
Hi

Kan julle dalk vir my 'n paar Foto's stuur van hoe lyk jakkals gate.
En vir wat moet ons op die uitkyk wees tussen ystervark en Jakkasl gate.

Groete

Re: Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:23 am
by musgrave270
Rot

Ek dink die maklikste sal wees om te kyk na die spore om die gat. Dit sal vir jou sĂȘ watter dier daar bly en of daar ooit nog diere bly.

Groete
Ruan

Re: Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:37 am
by Rot
Die gat wat ek gekry het is op 'n kliperige gedeelte ek kan nie die spore sien nie.
Daar is wel ystervark penne wat daar rond le, 'n klip voor die gat is nat gepee en ek kry nie mis daar nie.
Ek glo nie ystervark sal sy gat merk nie.

Re: Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:59 am
by BLOK
As ek gou so in my aantekening boek lees

- Gate het gewoonlik meer as een uitgang
- Hulle skuit gewoonlik net op een plek buite die gate
- Le gewoonlik stukkies kos of afal kos om die gate
- Ouers dra gewoonlik van die dier se voorkwart gate toe, so dis goet om voor te by bene te kyk
- Barrk kolle gewoonlik om gate
- Kleines se spore
- Plek om gate is skoon gespeel deur jonges
- As jonges nog suip sal daar leplek wees vir teef
-gate gewoonlik nie verder as 600m van water meestal nader

Hier is n paar aanduidings maar dit is nie alfa en omega, het al gesien waar jonges sommer n meerkat gat gebruik, volwassenes hoef ook nie in die gat te kan inkruip nie.

Gaan kyk maar as daar kolvert iewers onder n pad is, hulle is lief vir nes daar maak.

Re: Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 1:01 pm
by Rot
Die klip wat gemerk is voor die gat, Wat sal dit wees?

Re: Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 3:07 pm
by Henry 7
Kyk na bene-ystervarke knaag aan bene en jakkies kou-daar sal fyn tandmerkies op veral bladbeentjies wees.

Re: Hoe lyk jakkals gate?

Posted: Fri Sep 26, 2014 3:08 pm
by Henry 7
Kyk na bene-ystervarke knaag aan bene en jakkies kou/byt-daar sal fyn tandmerkies op veral bladbeentjies wees.