Biker se stelling is gedeeltelik reg, maar ook verkeerd. Kom ek verduidelik. Vogtige lug is minder dig as dro? lug, anders as wat mens sou dink. Vog in sy vaste vorm nl: water is digter as dro? lug, maar in sy waterdamp vorm, is hy ligter. Koue lug is weer meer dig as warm lug, daarom dat ek s? dat Biker gedeeltelik reg is.
Daar is 3 goed wat die vlug van die koe?l beinvloed. Hulle is:
1.Temperatuur
2. Barometriese druk
3. Humiditeit
Die som van die 3 is "Air Density". Air density gaan bepaal watse weerstand die koe?l teen vlug gaan ondervind.
Air density as n geheel word bepaal deur die 3 faktore hier bo, maar nie in gelyke waardes. Dit veroorsaak dat die air density faktor nie na gekyk kan word om te bepaal wat jou koe?l in vlug op n bepaalde tydstip gaan maak nie. Die rede hiervoor is dat nie een van die 3 hierbo die air density faktor eweveel beinvloed, en n kombinasie van enige 2 uit die 3 dit totaal verander, alhoewel n meter dit sal aandui as presies dieselfde hoeveelhuid as bv: n kombinasie van n volgende 2.
Kom ek verduidelik:
As ons afsonderlik na elkeen kyk, sal dit so werk. (maar in praktyk kan mens nie geisoleerd daarna kyk, aangesien die ander 2 faktore altyd teenwoordig is)
1. Temperatuur: Warm lug is minder dig as koue lug. As ons net na die twee kyk, kan ons die aanname maak dat die koe?l minder weerstand teen vlug sal h? op n gegewe dag, en dan hoog behoort te skiet. Koue dag, la?r.
2. Barometriese druk: Ho?druk bied meer weerstand teen vlug as la? druk, dit is hoekom n rugby bal baie v?rder trek hier op die ho?veld waar die lugdruk minder is, as by die kus.
3. Humiditeit: Ho? humiditeit bied minder weerstand teen vlug as dro? lug (lug minder dig), dus behoort jy hoog te skiet in vogtige toestande, as daar geen inmenging van die ander 2 faktore sou wees.
Ons het nou klaar ges? dat die som van drie faktore "Lugdigtheid" of "Air Density" bepaal.
Neem nou enige van die 3 faktore en gebruik hulle in verskillende senarios en kyk wat gebeur.
Bv: Koue dag (lae temp) vroeg oggend (Ho? humiditeit) met dou op gras gepaard gaande met ho? barometriese druk. Dit gee vir ons die volgende:
Koue lug- meer weerstand
Ho? humiditeit - minder weerstand
Ho? druk - meer weerstand
Volgende senario: Warm dag (middag) Dro? toestande met n druk wat val (gewoonlik soos met n tipiese Ho?veld donderstorm toestand aan die broei)
Warm lug - minder weerstand
Dro? lug - minder weerstand
Laedruk - minder weerstand
Dit is slegs 2 senarios uit n hele klomp wat kan gebeur met die kombinasie van die 3 faktore hierbo.
Lees gerus hier
http://www.usatoday.com/weather/wdensity.htm
Uit meer as 3 jaar se aantekeninge en navorsing in verband hiermee het ek tot die slotsom gekom dat daar geen vaste partoon is wat vir jou enige noemenswaardige aanduiding van wat gaan gebeur met die vlug van jou koe?l (koe?lbaan) is deur te kyk na die som van die 3 faktore,nl: Air Density is nie.
Dit het my byna gek gedryf, aangesien ek net as ek dink ek agter die kap van die byl gekom het, ek verkeerd bewys was op die baan. Toe lees ek dat die 3 faktore, en in kombinasie van mekaar verskillende vlakke van insette die somtotaal nl: "Air density " vorm, en dus daar nie n definitiewe waarneembare waarde toegevoeg kan word aan die uitslag daarvan.
Ek het n Kestrel 4500 meter wat vir my baie akurate lesings gee, en op die meter is daar ook n ding genoem "Density Altitude" Ek het nie geweet wat dit beteken, en het dit toe gaan "Google", en die lig het vir my aangegaan. Density altitude is die som waarna ek gesoek het, en dit is ook die faktor wat die vlugingeneurs gebruik om te bepaal watse vrag hulle kan laai in n vliegtuig om nog veilig op te kan styg in bepaalde weersomstandighede op n gegewe aanloopbaan. Ek het ook op verskeie "sniper" websites gesien hulle gebruik dit, en vandaar kon ek toe n duidelikke patroon sien onstaan as ek slegs na daardie syfer "Density Altitude" kyk.
http://www.riflebarrels.com/articles/50 ... ensity.htm
http://www.youtube.com/watch?v=Oc3PP4EK ... r_embedded
http://demigodllc.com/articles/windmete ... -shooting/
Jacques, die afstand na die Springbok teiken waarna jy verwys was blykbaar 255m soos deur Antoon bevestig na die tyd, en nie 230m soos ons geskat het nie. As jy mooi kan onthou, was dit baie warm, en daar het heelwat re?n geval in die omgewing, en dit was nog redelik bewolk met tye wat op ho? humiditeit dui, gepaardgaande met n lae druk. Dit re?n nooit tydens n ho?druk nie. Ons mag nie meer wind meters gebruik op die baan, so ek kon nie bevestig wat die werklikke Density Altitude lesing was, maar aangesien ek n redelikke kennis het van wat gebeur in soortgelyke toestande, was my skatting van wat gaan gebeur reg, en het ek op al die papier bane my hoogtes reg gehad.
Dit is n kennis veld wat ek nog deeglik wil na vors aangesien ek nou al baie gesien het hoe baie dit ons kan beinvloed, veral as jy op vreemde plekke weg van die huis af skiet. By die see het dit die minste invloed, en hier op die ho?veld, die meeste.
Dus as jy na bo genoemde kyk, sal jy sien dat dit nie noodwendig dieselfde gaan wees, elke keer as jy oor water skiet. Ek hoop nie ek het julle nou v?rder aan die raai nie.