Page 1 of 1

308 hulp asb

Posted: Sun Sep 14, 2014 6:31 pm
by firewalker
Hello manne
Soek raad asb ek het vir my n Remington 700 vsf 308 gekoop en het baie opgelees op die forum oor verskillende ladings en koeel gewigte, het toe besluit op lapua 155 gr scenars met 42.0 gr S335 wat 100% group niks problem daarmee nie, my problem is die dope sukkel om uit die geweer kamer uit te kom nadat die ronte af gevuur is. ek fullsize of necksize maar niks help nie en my slagdoppe is heeltemaal plat. sal warder as iemand net vir my na my data kan kyk

Remington 700 vsf
kaliber 308
koeel lapua scenar
koeel gewig 155 gr
dop lapua
h2o 54 gr
slagdop sellier & bellot
max tpl 74.50
loop lente 26 duim
kruit S335 LOT 706

Lading 1 42.o gr s335 lot 706 lapua 155 gr scenar
2754 fps
2760 fps
2754 fps

Lading 2 42.5 gr s335 lot 706 lapua 155 gr scenar
2749 fps
2766 fps
2760 fps

Re: 308 hulp asb

Posted: Sun Sep 14, 2014 6:47 pm
by DawieKotze
Maks TPL is 74.5, maar is dit wat jy gelaai het? Wat is die doplengtes?

Volgens QL is jy nog vêr van maks druk af indien jy op 74.5 TPL gelaai het, so die plat slagdoppies mag dalk headspace probleem wees?

Re: 308 hulp asb

Posted: Sun Sep 14, 2014 6:56 pm
by tripodmvr
Op TPL van 74.5 is daar slegs 4mm van die skag wat aan die nek raak. Ek sou ten minste 2mm meer laat raak.

As jy die koeël in die lande het kan die druk oormatig word.

Re: 308 hulp asb

Posted: Sun Sep 14, 2014 7:12 pm
by firewalker
jammer my tpl wat ek laai is 73.0 en my doplente is 51.18 mm

Re: 308 hulp asb

Posted: Sun Sep 14, 2014 7:24 pm
by DawieKotze
Doplengte is op maksimum. Ek wonder of die doppe nie dalk bietjie toegeknyp word nie, maar die spoed wat jy kry dui nie op oormatige druk nie.

Nee wat - ek sal dit oorlos aan die slim manne!!

Re: 308 hulp asb

Posted: Sun Sep 14, 2014 8:00 pm
by tripodmvr
Met proses van eliminasie is die doplengte tog 'n moontlikheid. Sny dit terug na 51mm en kyk of die probleem nog voorkom. Andersins moet die kamer ondersoek word vir masjineer merke.