Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Op eerste oogopslag blyk Jaracal redelik Afrikaans te wees, so ek stel myself daarin voor.
Ek skiet al my lewe lank, het vir 'n paar jaar so dekade gelede meer geld op kleiduif en voeljag as drank uitgegee, maar was nie vreeslik aktief in skietkringe die laaste ruk nie. Onlangs by SWPC aangesluit aangesien ek by IPSC wou betrokke raak - dit is 'n groot verandering om in so 'n gedissiplineerde omgewing te skiet pleks van op my ou tuisgemaakte skietbaantjie op die plaas!
My jag ondervinding is beperk, maar het sopas 'n .270 aangeskaf en hoop om hier meer te kan leer voor ek myself jagbeld toe sleep. Wees gewaarsku - ek lees meer as wat ek skryf, tensy iets regtig gese moet word
Baie welkom Mac..Wellington was my hometown vir net minder as 'n dekade in die tagtigs en negentigs jare en was my lekkerste blyplek nog !! Geniet dit hier op jaracal....
Welkom op die forum. Ek is net in die pad af in die Paarl. Gaan juis Maandag so bietjie jag naby Beaufort Wes en kom weer Donderdag terug en jy is welkom om saam te kim. As jy jagmaatjie soek laat weet - ek ken 'n klomp plekke in die omgewing en help graag.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble