Page 1 of 1

koper armbande

Posted: Sat Aug 30, 2014 8:32 am
by johans
is hier van julle wat dit gebruik en kan se dit help?ek luister by die radio

Re: koper armbande

Posted: Sat Aug 30, 2014 9:18 am
by Cobus(Cobb)
Dit was 'n groot foefie, almal het gesweer dit werk, almal het op strepe gekoop...ek sien niemand meer een dra nie

Re: koper armbande

Posted: Sat Aug 30, 2014 9:19 am
by tripodmvr
Die nuutste is vlekkelose staal - maak blykbaar alles gesond.

Re: koper armbande

Posted: Sat Aug 30, 2014 12:03 pm
by TOKELOS
Johans, noem dit verbeelding of net wat jy wil, maar haal ek myne af, dan is die gout terug.

Ek hou nie van kettings en goete aan my nie - dra nie eens n horlosie of trouring nie maar by koperbandjie dra ek al haat ek dit.

Re: koper armbande

Posted: Sat Aug 30, 2014 12:45 pm
by alecjohnson
ek dra koper bandjie, net omdat ek daarvan hou. dit werk wel om te sien of ek gekuier het of nie, my arm raak grasgroen na 'n kuier met whisky >:+

Re: koper armbande

Posted: Sat Aug 30, 2014 12:50 pm
by Piet Pille
alecjohnson wrote:ek dra koper bandjie, net omdat ek daarvan hou. dit werk wel om te sien of ek gekuier het of nie, my arm raak grasgroen na 'n kuier met whisky >:+
My arm ook en ek dra nie eers een ni, maar dis seker van in die tuin rondval.. :laugh: