Page 1 of 1
Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 12:24 pm
by vriell
Indien 'n persoon wat aansoek doen en bv. lid is van SAjag of ander geaffileerde instansies is die lidmaatskap kaartjie of kwitansie nie meer voldoende nie by indiening saam met motivering en moet 'n dokument bekom word wat deur Hoofkantoor bevestig word dat jy'n opbetaalde lid is en kwalfiseer om meer wapens te besit ( indiening van aktiwiteite verslag ) van hierdie instansie volgens die wet anders word die motivering teruggestuur. Vriend van my het nou aansoek gedoen en moes so 'n dokument gekry het alvorens die dfo sy aansoek aanvaar het...
Noem dit maar net want nerens was ons dit meegedeel nie...of was ons ?
Dit gaan nou blykbaar oor lede wat aansoek doen vir wapens en wat nie meer kwalifiseer vir meer wapens as normaal nie omdat hulle nie hulle aktiwiteite( jag en sportskiet) ingedien het soos wetlik verplig word nie om so jou status te behou nie..
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 12:56 pm
by Eugene
vriell wrote:
Dit gaan nou blykbaar oor lede wat aansoek doen vir wapens en wat nie meer kwalifiseer vir meer wapens as normaal nie omdat hulle nie hulle aktiwiteite( jag en sportskiet) ingedien het soos wetlik verplig word nie om so jou status te behou nie..
Ongelukkig weer 'n paar fluitkop kansvatters, wat dit vir die res van ons moeilik maak....
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 1:19 pm
by alecjohnson
Wat?! Wanneer het jou vriend aansoek ingedien? Ek het 1 Julie ingedien en het slegs afskrifte van lidmaatskap kaartjies en papiere het eers die 13de aug in PTA geland, dink julle hulle gaan dit terugstuur? Dan gaan ek bom be €&# Wees! Kan nie so lank wag nie!
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 1:31 pm
by JAGTERSREG-JRM
Indien jy lidmaatskap het is die volgende uiters belangrik:
1. Bewys van geldige lidmaatskap
2. "Letter of good standing at Asociation" veral wanner die wapen vir toegewyde status aansoek gedoen word
3. Bewys van toegewyde sertifikaat
4. Lidmaatskap sertifikaat (dien ook as bewys van lidmaatskap)
Gelukkig het hulle my gekontak rondom my 458 se aansoek aangesien my sertifikaat binne periode van aansoek verval het
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 1:31 pm
by Eugene
alecjohnson wrote:Wat?! Wanneer het jou vriend aansoek ingedien? Ek het 1 Julie ingedien en het slegs afskrifte van lidmaatskap kaartjies en papiere het eers die 13de aug in PTA geland, dink julle hulle gaan dit terugstuur? Dan gaan ek bom be €&# Wees! Kan nie so lank wag nie!
Op die twee laaste aansoeke wat ek gedoen het, het die CFR my laat weet dat ek bewys moet stuur dat ek nog aktiewe volopbetaalde lid is, voordat hulle kon afhandel.
Op alle nuwe aansoeke namens kliente, heg ek nou maar die nuutste bewys aan. By SAJWV, kan jy gelukkig 'n bewys van lidmaatskap met vervaldatum, net van hulle website kry!
By CHASA, bel mens net en kry dit binne 'n uur of twee....
Ek sal voorstel dat mens dit maar aanheg, eerder te veel inligting, as te min!
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 3:14 pm
by NEGE3
Hier by ons moet jy ook 'n Endossement dat die wapen geskik is vir jag doeleindes van jou vereniging saam met jou aansoek indien.
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 5:29 pm
by JAGTERSREG-JRM
NEGE3 wrote:Hier by ons moet jy ook 'n Endossement dat die wapen geskik is vir jag doeleindes van jou vereniging saam met jou aansoek indien.
Die kant versoek hulle dit glad nie, slegs endorsement op semi auto wapens vir die doel van sportskiet
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 5:55 pm
by alecjohnson
OK wel ek het 'n Endossement van kaapjag gekry en my Suidkaapjagters lidmaatskap bewys en al my lidmaatskap kaartjies van 2010 af bygesit.
het julle dalk 'n posadres vir die CFR dat ek 'n Bewys dat ek nie kroek vir hulle kan stuur? se ek ook net my naam en ID nommer daarop? hoe maak ek dat hulle dit nie wegsmyt nie?
Re: Motivering verandering by aansoek van nuwe vuurwapen
Posted: Thu Aug 28, 2014 5:58 pm
by vriell
Jagtersreg Motiverng wrote:NEGE3 wrote:Hier by ons moet jy ook 'n Endossement dat die wapen geskik is vir jag doeleindes van jou vereniging saam met jou aansoek indien.
Die kant versoek hulle dit glad nie, slegs endorsement op semi auto wapens vir die doel van sportskiet
"n Groot pluspunt as jy motiveer vir jaggeweer !! Volgens DFO maak dit hoofkantoor se besluit 100% makliker om aansoek in jou guns te beslis...