Page 1 of 1

WEERSTASIES

Posted: Thu Aug 28, 2014 8:42 am
by bullseye
More manne
Ek soek raad asseblief watter weervoorspelling app op i-phone is die mees akkuraadste ek weet kestrel is beter maar het maar gehoop daar is iets wat ook goed op i-phone kan werk . Ek het weather live wat ek dink redelik is maar die laaste tyd hakkel hy maar, ek het accuweather en weather sa hoop daar is iets meer akkuraat.
Dan n dom vraag as stasie sê temp is 9 grade maar voel soos 0 grade watter een gebruik ek.
EK HET OP sTRELOK PRO my tru drop uitgewerk op twee verskillende temperature so hy pas nou outomaties trajekte aan by temperatuur maar vanoggend was hy 4 1/8ste clicks uit op 300m . maw 30mm verskil hoekom?
Tot op 300m sien ek dat temperatuur die grootste rol speel teenoor ander faktore. Kan ammo se temperatuur n groot verskil maak, want dit is maar koud in nagte so vroeg oggend sal ammo nog baie koud wees.

Ek leer graag dankie
Bullseye

Re: WEERSTASIES

Posted: Thu Aug 28, 2014 8:53 am
by Williel
Bullseye, ek het ook gespook daarmee en het n draad begin hieroor om te laai vir winter en somer op een dag.
Wouter het n oulike stukkie geskryf hieroor. Lees gerus om meer antwoorde te kry.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=32821

Re: WEERSTASIES

Posted: Thu Aug 28, 2014 9:00 am
by Fritz
In my opinie gaan die koue ammo 'n baie groter effek hê op jou POI as wat die kouer temp jou ballistics gaan verander. Ek het baie keer "Auto Density" gebruik wat werk met die data van die naaste weerstasie (maar dan moet jy slegs stasiedruk gebruik, of "QFE", en jy maak jou hoogte bo seespieël nul). 'n App soos Shooter en Applied Ballistics behoort ook daardie funksie te hê. Ek sal verseker eerder die temperatuur self meet as wat ek die weerstasie s'n vat. En as jy 'n apparaat het wat lugdruk ook kan meet is jy well away. Humiditeit is regtig nie so krities nie en jy kan dit sommer op 50% hou of net die weerstasie s'n gebruik.

Tans gebruik ek my leica se lugdruk (stasiedruk) en temperatuur, en die humiditeit bly op 30%. So ek voer net twee waardes in elke keer voor ek begin skiet. As jy 'n weerstasie het wat vir jou Density Altitude kan gee, moet jy in elk geval DA en temperatuur invoeg. Maar ek sal nogsteeds eerder 'n Kestrel wil hê eendag.

Re: WEERSTASIES

Posted: Thu Aug 28, 2014 9:29 am
by bullseye
Ok dankie manne ek hoor, ek het n Kestrel wat al daai goete kan doen en ek gebruik hom vir langafstande, maar is julle Kestrels ook so hiper sensitief bv partykeer is daar nie koelte nie en son is direk op kestrel dan verander temp vinnig, ook het ek gesien my hand wat vashou beienvloed die temperatuur die wind glo ek is akkuraat maar hel soos gister het die wind die heeltyd tussen 12 en 25km/h gewaai watter spoed vat julle dan want daar is nie vlaggies nie , click julle vir wind of mik julle af.
Ek glo in Kestrel maar hy laat my partykeer twyfel watter dope om te gebruik. Ek het seker meer n selfvertroue probleem met omgewings faktore ek weet nie.

Bullseye.

Re: WEERSTASIES

Posted: Thu Aug 28, 2014 9:49 am
by Chevvy SS
Julle verdere opinie asb:

In die winter is ons eerste skoot met 'n yskoue loop tydens oefen en met jag en skote 3 uur uit mekaar ook altyd koud.
Met oefen is die 2de, 3rde en 4de skoot is die loop warmer met oefen.

In die somer as jy 10 uur op die skietbaan kom is die loop alreeds warm. Hoe groot is die effek van bogenoemde?

Re: WEERSTASIES

Posted: Thu Aug 28, 2014 1:30 pm
by bullseye
Ek is met jou Ludwig , by party kompetisies het jy n tydsfaktor en ja jy mag eintlik nie windmeters of n Kestrel gebruik nie jy kan wel op 100 m inskiet maar dit veroorsaak baie dat jy die vitals net mis en dit is dalk n minus. Tog is dit my begeerte om hou vir hou te kan raakskiet in omstandighede en in enige posisie .Partykeer weet ek nie of ek hierdie perd geklim gaan kry nie , die kostes raak rof , dis komponente, brandstof, verblyf .
Ek wil net graag die begeerte n werklikheid laat word.

Dankie sover sal weer later pla
Bullseye