Page 1 of 1
Besproeing uitleg
Posted: Wed Aug 27, 2014 2:23 pm
by Suidwes
Dagse Manne,
Ek is opsoek na n "fundi" op die besproeing. Ek wil nog so 2 ha lusern vestig en wil graag n besproeings uitleg laat doen. Tans het ek 2 ha onder sprinkel besproeing, dit het egter ruimte vir verbetering, so met die vestiging van die nuwe land wil ek dit beter doen van die begin af.
As enige van julle iemand ken wat spesialiseer op die gebied en eerste handse kennis het van sy werk, sal ek graag die kontak besonderhede wil bekom.
Dankie
Suidwes
Re: Besproeing uitleg
Posted: Wed Aug 27, 2014 2:45 pm
by DawieKotze
Suidwes - ek hoop dat die manne jou sal kan help.
Ek verstaan dat water maar skaars is in jou geweste - so hoe is jy so gelukkig om sprinkelbesproeing te kan opsit? Jare gelede het Oom Piet de Wet op sy plaas, Bremen (ook daar in jou geweste) artesiese water raakgeboor en lemoen boorde geplant. Is jy ook so gelukkig?
Groetnis
Dawie
Re: Besproeing uitleg
Posted: Wed Aug 27, 2014 6:52 pm
by Suidwes
Madako,
Ons is bevooreg om baie en sterk water te he. Ons het ook n gronddam op die plaas wat my oupa gebou het, wat so +/- 2 km opstoot as hy vol is. As hy in die reen seisoen vol reen dan stoot ons een boorgat water bo uit. Die put vir die karre moet ook leeg gepomp word voor jy kan werk.
My oupa was ook n groente en vrugte boer op sy jare.
Groete
Suidwes
Re: Besproeing uitleg
Posted: Wed Aug 27, 2014 8:16 pm
by Christo
PM inbound
Re: Besproeing uitleg
Posted: Thu Aug 28, 2014 9:10 am
by Williel
Kontak vir Martin, hy kan jou help of op die regte pad sit.
Martin van der Merwe
Project Manager
Cell: +264 (0)81-2965374
Office: +264 (0)81-3462170
E-Mail:
martin@yesodec.com
Re: Besproeing uitleg
Posted: Thu Aug 28, 2014 2:12 pm
by BennieO
Wat van Floppy, oorhoofse besproeing. Soos ek verstaan doen hulle die ontwerp vir jou, teen 'n koste maar die koste word afgetrek as jy die produk by hulle koop. Baie lae onderhoud.
Re: Besproeing uitleg
Posted: Thu Aug 28, 2014 6:37 pm
by Alwin
Die beste stelsel is maar ondergrondse druppers. Dit het vele voordele, veral dat dit water spaar. Dit beskadig ook nie maklik nie. Die grootste nadeel is die moontlikheid van verstopping. Veral waar daar baie opgeloste soute ens in die grondwater is, moet die stelsel fyn dopgehou en onderhou word. Maar die verstoppings kan beheer word.
Soek iemand in jou omgewing, wat ondervinding het van hierdie tipe stelsels. Hier by my rond is heelwat kenners, maar dis 'n bietjie vêr...
Re: Besproeing uitleg
Posted: Fri Aug 29, 2014 7:25 am
by smitjs
Ondergronds kan werk, veral omdat dit sny vergemaklik, maar het ook maar probleme.
Lusern het besondere eienskappe, omdat die wortels so diep is.
Daardie diep wortels bring vog uit die dieper grond op tot die vlak wortels snags, dan gebruik al die wortels die vog bedags.
Ek stel voor jy installeer op tenminste twee en liewer drie dieptes grondvog sensors. Dis nou vlak, sowat 100 - 150mm, dan waar die worteldigtheid maksimum is, sowat 1m, afhangende van die tipe grond, en dan diep, sowat 2m.
Met gereelde meting, soos outomaties elke uur, kan jy dan jou besproeiing perfek beheer.
Ek stel ook voor jy besproei net in die nag vir minder verdamping, en ook nie in sterk wind nie.
Water is kosbaar, en as jy oor besproei mors jy nie net water nie, maar was ook die voedingstowwe weg. As jy te min besproei ly jou produksie daar onder.
Groete
Re: Besproeing uitleg
Posted: Sat Aug 30, 2014 8:11 am
by Suidwes
Dankie almal
Al die terugvoere en informasie wat julle gee is 100%. Ondergrondse besproeing is natuurlik baie waardevol, maar my water het effense kalk inhoud en ook die ontkiemings fase van die lusern is nie maklik met ondergrondse besproeing nie. Jy moet maar bogronds ook natmaak.
Die floppystelsel sit al lank in my kop en die feit dat die oorhoofs is en nie jou pla met snytyd nie, is natuurlik baie voordelig.
Ek beplan ook definitief om in die nag te besproei soos johans teregtelik se. En vogmeters is n moet vir my om te bepaal die water lewering is genoeg.
Ek is besig om die huidige uitleg saam te stel en dan sal ek dit stuur vir van die kundiges wat my gekontak het. As ek die huidige pype en meskien sproeiers kan gebruik, sal dit hopenlik n paar sent darem spaar.
Groete
Suidwes
Re: Besproeing uitleg
Posted: Sat Aug 30, 2014 8:28 am
by smitjs
Ek glo daar is baie meer "draglines" in gebruik as ondergrondse besproeing. Die nadeel is natuurlik die arbeid wat dit neem om te skuif. Met kalk is ondergronds natuurlik heeltemal uit.
Groete
Johan Smit