Nuwe lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Nuwe lid

Post by Karoo Klong »

Goeie dag aan alma Mater,

Komplimente aan die Stigter van hierdie puik forum.

Hier is ek dalk nuut maar ek weet dat ek gou tuis sal voel want klink my ek is nou tussen my mense. Hierdie tikkassie van my bly als in Brits uitgooi, skoon verbaas om op 'n Afrikaanse forum af te kom.

Johan van Wyk het my ma my in Afrikaans genoem 53 jare terug. My wêreld begin waar die teerpad ophou.....ek is woonagtig te Aberdeen in die Oos Kaap.

Ek weier om te noem watse roere ek besit want ek sien dan moet jy foto's oplaai en ek kan nie......want ek weet nie hoe nie.

Karoo groete
Johan van Wyk
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nuwe lid

Post by KalahariKlong »

Baie welkom oom Johan.
Nou is oom op die regte plek.
Die manne gaan sommer gou gou help om daai fotos op te kry, ek sukkel maar nog self.
Skop uit die skoene en kom sit om ons vuurtjie en gesels lekker saam.

Groete
KK
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Nuwe lid

Post by 243Songdaug »

Welkom Johan. Ek like jou groet styl
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Nuwe lid

Post by Karoo Klong »

Dankie KalahariKlong.
Ek het iewers op die forum reëls gelees jy mag nie rassistiese uitsprake maak nie so moenie met daai "oom" storie kom nie. Ek het nie 'n oulike dogter nie.
Ek kan dalk nie hout op die vuurtjie gooi nie maar dalk sal 'n paar Karoo bossies hom aan die brand hou.
Karoo groete
Johan van Wyk
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Nuwe lid

Post by Karoo Klong »

Dankie 243Songdaug.
Pure Karoo, reguit en opreg. Soos die pad na Beaufort Wes toe, net so nou en dan 'n heuweltjie.
Karoo groete.
Johan van Wyk
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Nuwe lid

Post by Silent Hunting »

Naand Johan,

Voel ek moet dankie se dat jy aangesluit het in plaas van welkom....

Glo jy sal dit baie geniet.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nuwe lid

Post by KalahariKlong »

Haha, skuus Johan.
So gemaak en maar so laat staan.

Mooi loop.
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Nuwe lid

Post by Karoo Klong »

Dankie Henk,
Sodra die "stagefright" verby is glo ek dit gaan baie van my tyd in beslag neem. Ek het heelwat verrykende inligting asook gesprekke gesien waarin ek belangstelling toon.
Karoo groete
Johan van Wyk
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe lid

Post by jamalley »

Welkom Johan
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Nuwe lid

Post by Karoo Klong »

Dankie Jamalley.
Johan van Wyk
Post Reply