Page 1 of 1

Quick load vir 300 WSM asseblief

Posted: Sun Aug 24, 2014 1:00 pm
by henning
Ek wil n nuwe lading in my geweer probeer en sal herlaai data vanaf Quick load waardeer asseblief.

Savage 300 WSM
Loop lengte - 612 mm
Doppe - Sako H2O 80.8 grn
Koeel - Impala 130 grn
Poeier - S365 Lot 74
Primer - Sellier & Bellot LRM
TPL - 71.45 , Pas in magasyn
Ladings getoets:
64 grn gemiddelde spoed - 3240
65 grn gemiddeide spoed - 3296

Groete
Henning

Re: Quick load vir 300 WSM asseblief

Posted: Sun Aug 24, 2014 1:54 pm
by tripodmvr
Hang nou af van hoe vinnig jy wil skiet want daar is 2 nodes in die hoër syfers beskikbaar :-

1. 64,3 met spoed van 3265vps
2. 67,7gr = 3424vps. Druk is op 60K van maks 64K psi. Die' is 'n saamgeperste lading.

Re: Quick load vir 300 WSM asseblief

Posted: Sun Aug 24, 2014 5:12 pm
by henning
tripodmvr wrote:Hang nou af van hoe vinnig jy wil skiet want daar is 2 nodes in die hoër syfers beskikbaar :-

1. 64,3 met spoed van 3265vps
2. 67,7gr = 3424vps. Druk is op 60K van maks 64K psi. Die' is 'n saamgeperste lading.
Baie dankie, ek gaan altwee probeer en sien wat spruit daar uit.
Ek gaan more vir n week op vakansie en sodra ek terug kom sal ek laai en terug voering gee.

Groete
henning

Re: Quick load vir 300 WSM asseblief

Posted: Tue Sep 09, 2014 9:41 pm
by henning
Huidiglik sukkel ek met albei ladings maar dit gaan nie oor die informasie wat jy my gegee het nie.
Ek glo ek sukkel met "nek tension" op my doppe, want die spoed varieer te veel. Back to basics om my herlaai prosedure op te knap.

Ek kan darem se dat ek het n lekker swaar recoil breaker in my kolf gesit (geweer voel baie meer gebalanseerd) en met n KD van silent hunter skop die 300 nou minder as n 308, nou skiet hy lekker. Wie het gese n 300 skop te veel.

Groete
Henning

Re: Quick load vir 300 WSM asseblief

Posted: Wed Sep 10, 2014 7:37 am
by Armand Steenkamp
henning wrote:Huidiglik sukkel ek met albei ladings maar dit gaan nie oor die informasie wat jy my gegee het nie.
Ek glo ek sukkel met "nek tension" op my doppe, want die spoed varieer te veel. Back to basics om my herlaai prosedure op te knap.

Ek kan darem se dat ek het n lekker swaar recoil breaker in my kolf gesit (geweer voel baie meer gebalanseerd) en met n KD van silent hunter skop die 300 nou minder as n 308, nou skiet hy lekker. Wie het gese n 300 skop te veel.

Groete
Henning
Henning, ek dink noggal jy kan reg wees oor die neck tension. Die impalas se deursnee is bietjie kleiner as ander koels. Ek moes na n kleiner bussing toe gaan om genoeg neck tension te kry.

Groetnis

Re: Quick load vir 300 WSM asseblief

Posted: Wed Sep 10, 2014 7:57 am
by Boesman10
Ek gebruik ook die 130 grein Impala punte in my .300 WM en ek gebruik 70 grein S365 en my spoed is 3250 fps. Wys nou net hoe die WSM met minder kruit omtrent dieselfde spoed kry.