Page 1 of 1
260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 4:13 pm
by vossie1
Dag Manne,ek vra asb julle hulp! ek het al goeie raad by oom Piet Breedt gekry,wil net graag my ladings double check. Ek het my savage LRP se loop gister klaar ingebreek en nou kom die lekker deel van lading ontwikkeling.
Savage LRP
1-8twist
26" loop
Norma dop met H2O vol van 54.8gr virgin doppe nog niks voorbery nie.
Cci 200 primer
123gr Nosler custom comp
S365 lott 72
OAl tot by Ogive 58.71mm
Tpl. 70,78mm total maar ek gaan so .3mm van lands af skiet 70,48mm
40.5 gr 2543ft/s stdev 14.7ft/s 5skoot groep 18.93mm
41gr 2595ft/s stdev 13.9ft/s 3skote 9.62mm 4skote 19.39mm
41.5gr 2658ft/s stdev 15ft/s 4skoot groep 15.71mm
42gr 2685ft/s stdev 6.3ft/s 4skoot groep 26.63mm
42.5gr 2740ft/s stdev 11.8ft/s 3skote 9.17mm 4skote 15.8mm
43gr 2786ft/s stdev 15.7ft/s 4 skoot groep 25.19mm
43.5gr 2830ft/s stdev 29.8ft/s 4skoot groep 17.2mm
Baie dankie by voorbaat.
Vossie

Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 4:20 pm
by tripodmvr
Jy sal die TPL van basis van dop tot punt van koeël moet gee - QL het dit nodig om te kan bereken. Verder sal enige data tydens die inskiet proses welkom wees, of het jy fabrieks ammo gebruik?
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 4:30 pm
by vossie1
Dag Oom Driepootek het gou die tpl bygesit,ek het sommer ou 140gr speers met 40gr s365 lott72 gelaai vir loop inbreek. Dankie vir Oom se moeite.
Groete
Vossie
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 4:33 pm
by tripodmvr
Jy nie spoed gemeet nie? Is 70,78mm soos jy die 123CC's gaan skiet?
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 4:39 pm
by vossie1
Nee Oom ek het nie want ek gaan nie die 140gr punte skiet nie maar wel die 123gr. Jammer vir die halwe info ek gaan so .3mm van die lands af skiet so die mate sal dan 70.48mm wees.
Dankie Oom
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 6:12 pm
by tripodmvr
As jy wel spoed gemeet het sou dit 'n idee gegee het van hoe die' Lot se brandvermoë is in jou geweer.
Met inligting wat jy gee sou ek op 40gr begin laai. Lot 72 is gewoonlik mak en daarom dink ek jy sal op so 41gr naby aan die topnode met 'n spoed van 2830vps wees. Dit gaan dus nie baat om vêr oor 2830vps te gaan nie. Om die volgende node te kry kan moontlik oor die maks druk wees en die resultate wat jy kry sal verdere berekeninge moontlik maak. Gee asb groepgrootte saam met die ladings deur. Lekker skiet.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 23, 2014 6:56 pm
by vossie1
Dankie Oom ek maak so
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sun Aug 24, 2014 6:03 pm
by Johannes Schoeman
Hallo vossie
Bel my ek het die 123 gr in my.260 LRP baie lekker geskiet. 082 vyf ses 49433
Groete
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Wed Aug 27, 2014 7:43 pm
by vossie1
Naand manne,ek het vandag gaan spoed toets en dit aangebring op my oorspronklikke post. As iemand miskien vir my kan kyk of ek op die regte pad is sal ek dit baie waardeur.
Groete
Vossie
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Wed Aug 27, 2014 10:30 pm
by tripodmvr
vossie1 wrote:
40.5 gr 2543ft/s stdev 14.7ft/s 5skoot groep 18.93mm
41gr 2595ft/s stdev 13.9ft/s 3skote 9.62mm 4skote 19.39mm
41.5gr 2658ft/s stdev 15ft/s 4skoot groep 15.71mm
42gr 2685ft/s stdev 6.3ft/s 4skoot groep 26.63mm
42.5gr 2740ft/s stdev 11.8ft/s 3skote 9.17mm 4skote 15.8mm
43gr 2786ft/s stdev 15.7ft/s 4 skoot groep 25.19mm
43.5gr 2830ft/s stdev 29.8ft/s 4skoot groep 17.2mm
Baie dankie by voorbaat.
Vossie

Nodes
42,7gr = 2767vps
44,4gr = 2888vps
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 2:30 pm
by vossie1
Baie dankie Oom,hoe lyk die drukvlake by 44.4gr is dit nog veilig of is ek naby maks.
Groete
vossie
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 6:12 pm
by tripodmvr
vossie1 wrote:Baie dankie Oom,hoe lyk die drukvlake by 44.4gr is dit nog veilig of is ek naby maks.
Groete
vossie
Jou lang loop ten spyt is die volgende node met S365 so dat jou dop te vol is. Selfs om S355 te gebruik help nie en dan is jy oor maks druk.
Met die 44,4gr S365 is jy op 47K druk - myle onder maks van 60k.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 6:16 pm
by vossie1
Dis baie goeie nuus, baie dankie Oom nou sal ek my doppe ook bietjie spaar.
Nogmaals baie dankie
Groete
Vossie
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 6:29 pm
by tgg
Ek het ook n Savage 260 rem maar die hunter met n 22" loop.
123gr CC gee n super groepering, met 140 gr sukkel ek gou met te veel druk en blaas hy gou primers uit as ek oor 41 gr 365 gaan.
Ek het met 43,2 gr 365 mooi groups gekry, maar in die somer is die druk bietjie hoog.
Ek laai nou 41.8 gr 365 en skiet baie klein groups en alles is binne perke.
Ek gebruik Lapua doppe , weet nie of dit n verskil maak nie, Jkotze het vir my die dinge gedoen met QL
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 6:35 pm
by tripodmvr
tgg wrote:Ek het ook n Savage 260 rem maar die hunter met n 22" loop.
123gr CC gee n super groepering, met 140 gr sukkel ek gou met te veel druk en blaas hy gou primers uit as ek oor 41 gr 365 gaan.
Ek het met 43,2 gr 365 mooi groups gekry, maar in die somer is die druk bietjie hoog.
Ek laai nou 41.8 gr 365 en skiet baie klein groups en alles is binne perke.
Ek gebruik Lapua doppe , weet nie of dit n verskil maak nie, Jkotze het vir my die dinge gedoen met QL
Praat jy S365 dan moet jy liefs jou Lotnommer bysit. Dink jy het 'n warm lot soos 71 of 74.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 8:02 pm
by tgg
Ek bly bietjie wyd uit die kaap, so ek koop maar kruit as ek daar uitkom en soveel as wat ek mag, ek meng dan die volgende lot met die voriges en doen spoed metings om te kyk of ek nog op spec is
Somchem wissel te veel van een lot na die volgende. Maar die huidige mengsel is lot 69, 71 en 74.
Dit bly mos belangrik om by die spoed te bly vir jou geweer se node.
Ek sal dan seker bietjie moet aanpas met my nuwe lot 76.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 8:06 pm
by tripodmvr
tgg wrote:Ek bly bietjie wyd uit die kaap, so ek koop maar kruit as ek daar uitkom en soveel as wat ek mag, ek meng dan die volgende lot met die voriges en doen spoed metings om te kyk of ek nog op spec is
Somchem wissel te veel van een lot na die volgende. Maar die huidige mengsel is lot 69, 71 en 74.
Dit bly mos belangrik om by die spoed te bly vir jou geweer se node.
Ek sal dan seker bietjie moet aanpas met my nuwe lot 76.
Lot 76 het weer pajamas aangetrek en is rustig. Effens onder standaard wat op QL is, maar ek dink dit sal baie goed doen. Geen nare skokke van oormatige spoed en druk nie.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 8:41 pm
by vossie1
Ek dink ek moet so paar blikke lott76 kry en meng met lott72 sal dan lekker lank kan skiet somder om te worry oor ladings nie.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Thu Aug 28, 2014 10:19 pm
by tripodmvr
Die 2 lotte sal goed meng want 72 is ook mak.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Fri Aug 29, 2014 4:11 am
by vossie1
Het so gedink dankie Oom.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 30, 2014 5:47 pm
by vossie1
Ek het gou gister die lading van 44,4gr gaan toets.
Spoed was 2883ft/s en die groep net so rapsie oor 15mm,ek gaan sommer nou fireform met die lading en later die doppe voorbery en finetuning doen. Nogmaals dankie Oom Maruis.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sat Aug 30, 2014 8:06 pm
by tripodmvr
Bly dinge het so uitgewerk. Nie gedink dit gaan so maklik wees nie.
Re: 260rem met 123gr nosler CC
Posted: Sun Aug 31, 2014 7:50 am
by vossie1
Ja nee dankie Oom,ek glo ek gaan dai 15mm laat krimp na 5mm as ek my doppe mooi voorbery.