Page 1 of 2
Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:04 am
by Rooster1089
Hallo,
Ek gaan volgende naweek bietjie plaas toe op Naboom.
Ons vang gewoonlik lekker Bass daar, baie op Spinnerbait.
Maar nou wil ek bietjie die vliegstok uithaal en probeer.
Watse vliee kan ek gebruik vir Bass?
Dankie
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:08 am
by Geno
Dieselfde vliee as vir tiervis werk lekker, dus streamers wat redelik groot is.
So ook poppers en wooly buggers.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:09 am
by Johnnie De Wet
Poppers
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:14 am
by henried
Flipper, popper...groot vlieƫ.
Ek het hierdie Bass naby Bardale gevang op 'n flipper.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:18 am
by Geno
Ek het die een op een of ander naaldekoker nymph gevang.
Vis op die nes gesien en die nymph op die nes neergesit. Vet pret!
https://scontent-a-fra.xx.fbcdn.net/hphotos-xaf1/t1.0-9/375808_10151082941031994_2061162351_n.jpg
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:41 am
by FCLoretz
Woolly Buggers, Red eyed Damsel, ND dragons, Hoppers(springkaan).
Vis jou Hoppers op 'n floating lyn. laat jou hopper settle op die water, los hom laat hy mooi stil le, en dan twitch jy hom net so elke minuut of 2.
Dit is vet pret as jy daai bass sien rise en as hy die vilieg insuig en jy daai "POP" hoor soos die water weg val. Onthou net "God save the Queen" op die hoppers.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:48 am
by Capt. Yoda
Min dinge so lekker soos n bass met n popper op "vlieg gear" te vang.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 12:46 pm
by Pvdw
Deerhair muise so tussen die lelieblare loop soos stroop. Ek het nou al bass op amper op enige vlieg gevang. Woolys is egter nr1 vir my. Ek bind hulle op lekker groot hoekke, nr 2/3 tot 0/4.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 12:51 pm
by Rooster1089
Baie Dankie,
Lyk my amper enige vlieg so lank dit lekker groot is werk mooi!
Ek kan nie meer wag nie.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Aug 21, 2014 1:56 pm
by Pvdw
Rooster vat eerder meer kleur variasie as tipe vlieƫ. Ek het al gekry dat ek heeldag net op 1 kleur wooly byt en dan sommer lekker byt maar hulle weier enige ander kleure,
Re: Bass op Vlieg
Posted: Mon Aug 25, 2014 7:48 am
by FCLoretz
Rooster hoe het die naweek se visvang afgeloop?
Re: Bass op Vlieg
Posted: Mon Aug 25, 2014 8:33 am
by Rooster1089
@FCLoretz , nee sorry man ek gaan eers die naweek gaan,
maar ek sien die weer vat so 'n bietjie van 'n koue draaitjie hier vrydag se kant.
Dit kan dinge bietjie moeilik maak.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Oct 23, 2014 1:27 pm
by Rooster1089
Ok so my vorige trippie het nie lekker gewerk nie, die wind het gewaai en dit was koud!
Nou gaan ek darem more weer Naboom toe en hopenlik gaan "Luck" aan my kant wees!
Re: Bass op Vlieg
Posted: Wed May 06, 2015 2:56 pm
by Rooster1089
Ok so ek het toe uiteindelik gaan vlieg vang op die plaas!
Hier is een wat ek op 'n lekker groot popper gevang het.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_3202_zpsetlbdt2p.jpg
Re: Bass op Vlieg
Posted: Wed Mar 09, 2016 10:33 am
by Rooster1089
Volgende naweek ( lekker lang naweek ) is ons weer oppad na my Swaer se plaas toe.
Ek het 'n paar nuwe poppers wat ek wil gaan prober, die keer ook net onthou om die GoPro heeltyd aan te hou.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Fri Mar 11, 2016 4:56 pm
by Vlakvark Soldaat
Daai bass byt amper op enige ding!
Daai go-pro vids moet jy asb hier erens post...
Re: Bass op Vlieg
Posted: Wed Mar 16, 2016 2:11 pm
by Rooster1089
Hier is my vlieg boksie reg vir die naweek.
Lekker kleurvol.
http://i1336.photobucket.com/albums/o650/Rooster1089/IMG_4988_zps6yhaulhs.jpg
Re: Bass op Vlieg
Posted: Wed Mar 16, 2016 4:47 pm
by Doomslayer
Waar kan ek bass vliee in die hande kry?
EK het die naweek gaan vang maar het net trout vliee gehad. Jy kan voel hoe is die bass besig aan die hoek, maar hy moet amper die vlieg heeltemal insluk voor jy hom gehak kry.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Mar 17, 2016 7:05 am
by GVC86
Doomslayer wrote:Waar kan ek bass vliee in die hande kry?
EK het die naweek gaan vang maar het net trout vliee gehad. Jy kan voel hoe is die bass besig aan die hoek, maar hy moet amper die vlieg heeltemal insluk voor jy hom gehak kry.
Kry die grootste olive woolly buggers wat jy kan kry. Al wat jy nodig het vir bass, poppers maak die byte net meer opwindend.
20140906_162826.jpg
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Mar 17, 2016 7:22 am
by Rooster1089
Hi Doomslayer,
Waar bly jy?
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Mar 17, 2016 7:48 am
by Doomslayer
Ek is in Bloemfontein.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Mar 17, 2016 8:03 am
by FCLoretz
Wooly Buggers in Swart en Olyf kleur en dan kan jy ook sprinkaan imitasie vliee kry as jy topwater action wil he.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Thu Mar 17, 2016 8:43 am
by Rooster1089
My vriend bly in Bloemfontein, hy se die beste plek behoort The Fly Box te wees.
Re: Bass op Vlieg
Posted: Tue Mar 29, 2016 8:47 am
by Doomslayer
Baie dankie ek sal hulle gaan opsoek
Re: Bass op Vlieg
Posted: Tue Mar 29, 2016 8:53 am
by FCLoretz
Rooster!
Waar is die fotos?