Page 1 of 1

Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 8:52 am
by Reggie Gerber
So word ek uitgenooi om hierdie jaar te hulp met die jag van n paar bokke vir n boer en n paar van sy vriende se jaarlikse vleis dag. Hulle (so 4 ouens) bewerk en deel elke jaar n eland en koedoe of twee tussen mekaar.

Permitte in order en instruksies om n paar bokke te skiet (en enige vlakvark wat ons sien) is ek en my vriend Ralf en ons twee seuns uit op voet. Ralf gewapen met sy 30-06 en ek met my 308w.

Ons het die berge uit geklim en "geglass" maar kon geen bokke opspoor nie. Teen 12h00 was die klein manne noggals moeg en ons het besluit om terug bakkies toe te gaan en gou iets te eet. Daar gekom het ons saam gestem om na die boer se ander plaas te gaan en in twee rigtings in te vaar. So gemaak en ons is weer uit op die voete.

Skaars 10minute na ons uit mekaar is hoor ek die gedreun van die 30-06 en het gehoop dat Ralf iets grond toe kon bring.

Ek en Matt stap toe bo die berg en loer kort kort by die kranse af met die hoop om koedoes te sien. Ek het geweet dat die elande ook daarvan hou om bo die berg te wei.

Na seker n uur se loop sien ek drie koedoe koeie en n mooi bul omtrent 700m van ons af wat baie rustig was.

Ek bel toe vir Ralf om te hoor waar hy was want die koedoes was baie naby aan waar ons bymekaar sou uitkom. Hy laat weet my dat hy twee koedoe koeie geskiet het en ons moet maar kyk of ons die bul kan kry.

Ek en Matt beplan toe die stalk en vat rigting.

Na so 30min kon ek die bul op so 220m skiet

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/2014-08-16%2014.03.15.jpg

Ons kon ook drie Vlakvarke skiet vir die dag.

Wat n vooreg om saam my seun die bul te kon jag het op die harde manier

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 8:53 am
by FCLoretz
Baie Geluk Reggie,

Dit is mooi bul daai. Klink sommer baie lekker.

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 9:52 am
by sako 30-06
Baie mooi bul en dit sommer op n vleisjag.
Daai ivoor punte lyk darem maar mooi.

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:13 am
by DWB
Baie mooi! Baie Mooi foto ook!!!!!!

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:31 am
by Reggie Gerber
Dankie manne

Nog n foto met my seun Matthew

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/2014-08-16%2014.00.45.jpg

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:35 am
by tripodmvr
Laat weet wat die horings meet.

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:56 am
by Reggie Gerber
Nie gemeet nie maar geskat so 50"

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:58 am
by tripodmvr
Daardie klein man van jou het iets belewe wat min kinders kans voor kry. Hy kan groot stories by die skool skryf.

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 11:04 am
by Reggie Gerber
Oom Driepoot

Jy is heeltemaal reg.

Ek sou eerder so bul verloor as om nie vir Matthew saam te vat nie.

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 2:40 pm
by Alwyn
Mooi gemaak!!! Kan sien dat Matthew dit geniet in die veld saam met pa!!!

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:05 pm
by theedge
Mooi gemaak maat baie geluk

Re: Vleis dag jag

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:48 pm
by alecjohnson
Baie mooi! Goeie foto ook!

Re: Vleis dag jag

Posted: Fri Sep 12, 2014 12:56 pm
by Jacques Duckitt
dis nou n mooi bok die!!!

Re: Vleis dag jag

Posted: Fri Sep 12, 2014 1:26 pm
by Johan308
Baie geluk, dis 'n baie mooi bul