Page 1 of 1

QL en COL/TPL

Posted: Sat Aug 16, 2014 6:38 pm
by acssa
Dag julle,

Ek het to gebuig en QL 3.8 aangeskaf.
As ek die jump grooter maak dan verhoog die druk. Ek was altyd onder die indruk dat die drukke hoer raak as jy nader aan die "lands" is(kleiner jump)

dankie

Jacques

Re: QL en COL/TPL

Posted: Sat Aug 16, 2014 6:46 pm
by Pvdw
Dit werk beide kante toe.

Hang net af waar jy op daai stadium van die resep sit.

Indien TPL soveel korter raak dat interne volume 'n rol gaan speel sal die druk klim. Indien jy reeds naby die lande is en nog nader beweeg sal die drukke ook klim.

As jy op die regte plek is en die TPL verkort en die jump vergroot sal die druk val omdat die grootter sprong meer kaans gee vir die koeƫl om aan die gang te kom maar die interne volume speel nog nie 'n rol nie.

Dus is daar 'n redelikke klompie faktore wat die druk so kan beinvloed.

Re: QL en COL/TPL

Posted: Sat Aug 16, 2014 8:11 pm
by tripodmvr
Ek dink die konsensus is dat QL nie hier reg bereken nie. Druk verlaag met groter sprong. QL gebruik die kleiner dopvolume en verhoog daarom die druk. Met lading ontwikkeling sal ek TPL konstant hou om die' anomalie uit te skakel, al verstel ek fisies die TPL.

Re: QL en COL/TPL

Posted: Sat Aug 16, 2014 8:28 pm
by acssa
Dankie julle.