Page 1 of 1
vlakvarkie op die spit
Posted: Wed Aug 13, 2014 7:20 pm
by Frederick
Goeienaand
Ons het n kleinerige varkie wat ons op die spit wil draai die naweek. Het iemand dalk vir ons n resep asb?
By voorbaat, baie dankie
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Wed Aug 13, 2014 8:31 pm
by douw
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Wed Aug 13, 2014 8:32 pm
by douw
http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/DSC00378.jpg
Vir varkie kan jy net 'n klompie gemmer bysit.
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Wed Aug 13, 2014 11:40 pm
by Frederick
Baie dankie Douw.
Was daai n varkie wat jul gespit het op die foto?
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Thu Aug 14, 2014 12:47 am
by Beer (Christo)
Ek het nie die hele resep nie, maar het een keer saam met manne gejag wat gese het hulle het die varkie gemarineer in lemon twist koeldrank. Dit maak blykbaar die vleis lekker sag
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Thu Aug 14, 2014 8:23 am
by Hein22
Beer (Christo) wrote:Ek het nie die hele resep nie, maar het een keer saam met manne gejag wat gese het hulle het die varkie gemarineer in lemon twist koeldrank. Dit maak blykbaar die vleis lekker sag
Ek was ook al by waar die manne hom slegs met Coke ingespuit het en so nou en dan gemarineer het. Dat was ook baie lekker.
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Thu Aug 14, 2014 11:11 am
by douw
Frederick wrote:Baie dankie Douw.
Was daai n varkie wat jul gespit het op die foto?
Nee, dit was 'n lammetjie. Ons het laasjaar 'n varkie gespit met die resep soos ek voorgestel het, met die bietjie gemmer by. Ek het toe 'n soet/suur sousie gemaak met chutney, tamatiesous, suurlemoen sap en suiker en oorgesmeer.
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Thu Aug 14, 2014 11:42 am
by ROBBIE1
Frederick ek gebruik Knorr se french salid dressing, op n 20kg vark 2 bottels, sif dit net eers deur n doek om die stukkies uit te kry anders gaan jou spuit blok, en 1 x 500ml suurlemoensap, 2 eetlepel sout, en 1 teelepel fyn swart peper. Meng dit saam en spyt so 2 dae voor jy wil braai. Jy kan altyd sout bygooi as jy eet, maar dit kan nie uitgehaal word as dit te veel is nie. Bedien saam n honey en must sous. As jy sny kan jy ook nog van daai sous aanmaak en soos jy sny met n kwas die vleis smeer. Belowe die mense eet altyd hulle vingers af!!
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Thu Aug 14, 2014 3:21 pm
by vriell
ROBBIE1 wrote:Frederick ek gebruik Knorr se french salid dressing, op n 20kg vark 2 bottels, sif dit net eers deur n doek om die stukkies uit te kry anders gaan jou spuit blok, en 1 x 500ml suurlemoensap, 2 eetlepel sout, en 1 teelepel fyn swart peper. Meng dit saam en spyt so 2 dae voor jy wil braai. Jy kan altyd sout bygooi as jy eet, maar dit kan nie uitgehaal word as dit te veel is nie. Bedien saam n honey en must sous. As jy sny kan jy ook nog van daai sous aanmaak en soos jy sny met n kwas die vleis smeer. Belowe die mense eet altyd hulle vingers af!!
OG! maar dit klink lekker.Dankie vir daai resep Robbie.Daai Knorr salad dressing is darem maar wenner op alle vleis.Net jammer mens kry nie meer die pakkies wat mens self kon meng nie.Dit het darem baie goedkoper uitgewerk as om die bottel te koop op die rak maar...bly nog steeds 'n bargain !
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Mon Aug 25, 2014 9:06 am
by Frederick
Resultaat:
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Mon Aug 25, 2014 9:11 am
by Beer (Christo)
Jo Jo.
Hoop dit het so lekker geproe soos wat dit lyk
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Mon Aug 25, 2014 9:40 am
by FrancoisW
Dit lyk regtig lekker. Ruik hom deur my skerm....
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Mon Aug 25, 2014 7:52 pm
by Frederick
Jimmys,appelsap,vars suurlemoensap en six gun spice..
Eers gespuit en toe deurentyd benat.
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Mon Aug 25, 2014 10:57 pm
by stan man
ek het nou die ander aand n varkie op die spit gegooi en almal het van my manier gehou.
ek vat 2liter appeltizer en los dan 3 teelepels braaisout in dit op.dit is nou daardie groot oranje bottels. 2 dae voor die tyd spuit ek die vark karkas dat hy so bokbek staan.as jy hom dan braai smeer jy hom met n lekker basting sous. die maak ek van sixgun spice bruin suiker en tiemie wat ek meng met olyf olie. glo vir my jy gaan terugkom vir nog. maak net seker jy oorspeel nie jou hand met vader tyd nie. n pjorkie kan nogal gou uitdroog as jy nie versigtig is nie.
julle kan ook jakkalsgat se resep afbedel. op n aand na n jag het ons tussen n paar man n ou bonzai pjorkie witbeen getand.
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Tue Aug 26, 2014 8:46 am
by 375fanatic
ROBBIE1 wrote:Frederick ek gebruik Knorr se french salid dressing, op n 20kg vark 2 bottels, sif dit net eers deur n doek om die stukkies uit te kry anders gaan jou spuit blok, en 1 x 500ml suurlemoensap, 2 eetlepel sout, en 1 teelepel fyn swart peper. Meng dit saam en spyt so 2 dae voor jy wil braai. Jy kan altyd sout bygooi as jy eet, maar dit kan nie uitgehaal word as dit te veel is nie. Bedien saam n honey en must sous. As jy sny kan jy ook nog van daai sous aanmaak en soos jy sny met n kwas die vleis smeer. Belowe die mense eet altyd hulle vingers af!!
nou haal jy die woorde so uit my mond uit French salad dressing en wild is soos battery en torch ek sal net nog aromat bysit .
op n mak vark gebruik ek growwe sout op die vel om daai lekker crakling te maak
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Tue Aug 26, 2014 9:31 am
by Boesman10
Is daar 'n sekere gewig Vlakvark wat beter werk as ander bv. is kleiner (onder 30 kg karkas) beter as bv. grooter (bo 30 kg) of miskien 'n ander gewig?
Re: vlakvarkie op die spit
Posted: Wed Aug 27, 2014 1:18 pm
by Stefan Fourie
Julle maak mens honger...