Page 1 of 1

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:47 pm
by Hugo
Mt vrou het so E-hubly, ek like hom ook nogal.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:53 pm
by PWV
Ludwig
Kom ons sê die rookgewoonte is 'n peslike gewoonte ..... oe, maar dit is tog so lekker. Daai se
igaretjie na die koffie in die oggend!
Vir 50 jaar het ek dief gedelf om verskonings te vind vir die feit dat ek rook. Soos die jare aangestap het, het ek gevoel dat die rook (nikotien en ander gemors) 'n nadelige effek op my gesondheid het.
Ek het baie alternatiewe probeer - selfs vir 'n tydlank gepruim. Jy weet mos daai biltong-"slice" roltabak wat jy hier in jou kies bêre.
Ook daardie sintetiese sigaret, waarvan jy praat gebruik, maar dit het my nie aangestaan nie.
En toe eendag, terwyl ek so op die sluitelbord van my rekenaar tokkel, het ek besluit die beste manier om op te hou rook, is om op te hou. As ek nou na 2½ jaar die boonste laai van my lessenaar oopmaak, lê die groen pakkie Craven A daar met nog vier sigarette in. Deur die genade het ek opgehou en tot nou toe nie eers 'n trek aan 'n rookding geneem nie. MAAR EK KRY NOG ELKE DAG OP SEKERE TYE EN ONDER SEKERE OMSTANDIGHEDE, LUS VIR DIE GOED.

Ek voel deesdae baie gesonder en ek kan dit sterk aanbeveel. Daarbenewens het ek R2000.00+ wat ek maandeliks aan my gewere en skietstories kan bestee!!!
Sterkte
Die Ou Ballie

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Fri Aug 08, 2014 4:16 pm
by henning
Ek het ook rook gelos en rook nou die e-sigarette, en het gevind dat die liggaam reageer dieselfde soos jy heeltemal op hou rook en dit is, ek het 10 kilogram gewig op getel. Ek is darem stadig besig om dit af te skud.
Ek het self omtrent 40 jaar gerook en het gevoel dat die liggaam begin nou regtig swaar trek van die twak ding.

Moet se dat die e-sigarette het n groot verskil gemaak aan my gesondheid.
Ek wil binnekort die rook goed sommer heeltemal los.

Groete
Henning

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Fri Aug 08, 2014 8:14 pm
by Sarel
Ek rook nog steeds..... daai e-sigarette is nie veilig nie en ontplof

Hier is 'n onlangse geval...http://news.sky.com/story/1315474/man-d ... nto-flames

Het dit meer as een keer op die internet gesien

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Fri Aug 08, 2014 8:22 pm
by Silent Hunting
Ek het April die twakkies neer gesit. Kry nog steeds lus, maar nog skoon van toe af.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Fri Aug 08, 2014 11:18 pm
by KalahariKlong
Lus maak julle my nou vir rook.
Ek gaan sommer twee sigarette rook, en vir julle part ook.

Geluk aan die manne wat kon ophou, dis nie maklik nie.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sat Aug 09, 2014 6:07 am
by Alwyn
Aai manne!!! Ek is nou 13maande skoon en mis daai Camel Lights elke dag!!! Veral as n man se "revs" in die rooi gedruk word of so om die braai...

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sat Aug 09, 2014 7:53 am
by HennieC
Ludwig wrote:Geno en Gè het my ook op die McChrystal snuif. So lekker "snack" vir nou en dan, veral die wintermaande.
Ek doen ook die McChrystal snuif. Vir my help dit baie met sinus drup veral in die winter.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sat Aug 09, 2014 8:15 am
by Capt. Yoda
KalahariKlong wrote:Lus maak julle my nou vir rook.
Ek gaan sommer twee sigarette rook, en vir julle part ook.

Geluk aan die manne wat kon ophou, dis nie maklik nie.
+1

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sat Aug 09, 2014 8:29 am
by Smitstertjies
Manne, ek gaan my plig versuim as ek julle nie die storie vertel nie. Ek het 15 jaar lank gerook, en my vrou ook. Toe hoor ons van Allen Carr klinieke. Dis n half dag kursus wat jy bywoon, en hulle vertel jou net die waarheid oor rook, terwyl jy rook in die kursus. Hulle praat jou nie bang oor hoe sleg rook vir jou is nie, ons almal weet dit. Hulle vertel jou net wat rook regtig is, n nikotien verslawing. Om n lang storie kort te maak. Jy stap daar uit en rook nooit weer nie, raak nie eers lus nie.Gaan google dit.Die beste van als is Discovery het ons kursus betaal. Vir ouens wat self betaal het hulle n geld terug waarborg as jy weer rook binne 3 maande. Hulle claim n 90 % sukses verhaal. Ek is een van daai!Baie dankbaar!

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sat Aug 09, 2014 2:29 pm
by Stefan764
Ludwig wrote:Geno en Gè het my ook op die McChrystal snuif. So lekker "snack" vir nou en dan, veral die wintermaande.
Wonder waar het Geno daai geleer hehehe

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Mon Aug 11, 2014 9:53 am
by Chevvy SS
Ek het ook in Januarie oorgeslaan na Twisp na 38 jaar van Gunston rook, tot 50 per dag. Ek voel baie beter en hoes ook niks meer nie. Voel soggens baie beter as ek opstaan, ten spyte van 'n paar stewiges die vorige aand.

Die craving bestaan nog steeds vir 'n sigaret (s 1 per dag), maar ek dink dit is maar om die ding tussen jou vingers te kry en nie 'n knoppie te druk nie. gewone sigarette smaak nie meer lekker nie (dankie tog!), my klere ruik skoon en ek mors nie meer as nie- dit is 'n groot bonus. Hoop om op een of ander stadium oor te slaan na die homeopatiese vloeistof wat nie nikotien bevat nie.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Mon Aug 11, 2014 11:05 am
by martinf
Ek is darrem nou al ook so 13 maande skoon. Mis dit nog gereeld maar moet se mens voel 'n groot verskil.

Groot ding is mens moet wil ophou anders gaan dit nie werk nie.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Mon Aug 11, 2014 3:47 pm
by DEE
Ek is op die E-pipe. Geniet hom meer as die E-sigaret. So nou en dan gooi ek nog 'n regte enetjie. Ek toets nog n klompie flavours. Party is te soet. Die koffie geure is lekker, maar raak later ook too much.

Weet nie hoekom daar nie meer pyp geure is nie. Rum en Maple, Cherry ens.

Dis hoekom ek ook van regte pyp rook gehou het, die goed het smaak gehad.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Aug 12, 2014 8:44 am
by henning
Ludwig wrote:Is hier nog manne wat hulle "stinkies" opgegee het vir e-sigarette? Ek was 'n aan en af roker vir die laaste 10 jaar. Op meeste, het ek 'n pakkie 'n dag gerook op 'n stadium, maar so die laaste 2 jaar of wat het ek net sosiaal gerook en as ek jag of op die skietbaan is. Maar die cravings het nooit weggegaan nie en as ek in geselskap was van manne wat gerook het, was die cravings 10 keer erger. Ek het so 3 maande terug besluit om e-sigarette 'n go te gee. Aanvanklik was my eerste ervaring met hierdie toestelle, die Twisp, wat ek by 'n vriend probeer het, en ek het nogals daarvan gehou. Die Twisp was net vir my bietjie duur en ek het na ander alternatiewe gesoek. Op die ou einde het ek toe besluit om vir my die Evod stel te kry. Ek het ook intussen vir my Innokin se SVD gekry en ek geniet hom vreeslik baie, so die Evod is nou as ek uitgaan iewers heen, en my SVD is vir gebruik by die huis of kantoor. Ek het vandat ek oorgeslaan het na die e-sigarette nog nie weer 'n enkele gewone siggaret gerook nie en ook nog glad nie cravings vir een gekry nie. As ek nou in die geselskap van ander rokers kom, teug ek maar aan my Evod en dan is daar geen cravings vir 'n gewone siggaret nie. Ek voel ook baie gesonder as toe ek gerook het. Is daar nog manne wat soortgelyke ervarings gehad het? Vertel bietjie.
Ludwig, hierdie post van jou was nou net mooi n inspirasie vir my om die rook goed heeltemal te los.
Ek is seker die feit dat ek e-cigarette gerook het, het dit vir my makliker gemaak om te los.

Ek mis rook meer as n tyd verdryf maar nou is ek klaar met hom.

Groete
Henning

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:01 am
by Chevvy SS
DEE wrote:Ek is op die E-pipe. Geniet hom meer as die E-sigaret. So nou en dan gooi ek nog 'n regte enetjie. Ek toets nog n klompie flavours. Party is te soet. Die koffie geure is lekker, maar raak later ook too much.

Weet nie hoekom daar nie meer pyp geure is nie. Rum en Maple, Cherry ens.

Dis hoekom ek ook van regte pyp rook gehou het, die goed het smaak gehad.
Gaan kyk by die link wat Ludwig gegee het- daar is pypgeure Dewald.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sun Aug 17, 2014 6:04 pm
by Ratel
Ek hoor vanoggend op Jakaranda dat die regering die elektriese twakkies wil verbied oor een of ander gesondheids gevaar (ek dink kanker) wat dit kan veroorsaak. Hulle reken die vloeistok kan giftig wees. Ek weet nie so lekker nie en dog ek deel die maar met julle. Ek het self ook twaalf jaar lank gerook. Toe ek gelos het het 30 Chesterfield nog R7.50 'n pakkie gewees. ++>:

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Sat Aug 30, 2014 8:44 am
by johans
Ratel wrote:Ek hoor vanoggend op Jakaranda dat die regering die elektriese twakkies wil verbied oor een of ander gesondheids gevaar (ek dink kanker) wat dit kan veroorsaak. Hulle reken die vloeistok kan giftig wees. Ek weet nie so lekker nie en dog ek deel die maar met julle. Ek het self ook twaalf jaar lank gerook. Toe ek gelos het het 30 Chesterfield nog R7.50 'n pakkie gewees. ++>:
ek rook nou al n jaar e sigaret,ek hou baie van dit.ons sal seker sy newe effekte ook nog hoor maar wat ek van dit hou is dat ek dit orals kan rook. ratel-ekt gehoor hulle het gekla oor dit in die openbaar rook,toe het iemand gese die tabakwet verbied rook in openbare plekke,die e sigaret bevat nie tabak nie maar wel nikotien so hulle kan niks maak nie.hulle sal dit ook seker later in openbare plekke verban

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:33 pm
by ThinusD
Ek gaan eerlik wees. Hier is n paar stories wat vertel is wat mens regtig motiveer en inspireer om op te hou rook. Ek stem saam met vele van julle dat Rook sommer gemors is, maar ek moet nog so effe aan my self-beheer werk. Ek het op gehou met Champix tablette. Ek was ok vir n paar weke en toe dog ek......ag wat sal een skyf aan my maak. Nou rook ek weer. My Pa het ook na Jare net sy Winston neer gesit en is nou al skoon vir 9 jaar.

Dankie vir julle stories bo genoem. Dit het weer my twee keer laat dink oor my gesondheid en ook daai nare reuk.
Groete

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Sep 30, 2014 2:00 pm
by Daneel
Ja rook is n pot snot.
Ek is nou vir n maand en half van die goed ontslae.
Het eers van Stuyvesant rooi na e-cig vir 2 maande en toe net vasbyt en alles gestop.
Moet se ek voel baie beter, net die sooibrand wat pla vandat ek gestop het.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Sep 30, 2014 2:26 pm
by ANDRIES
Ek en my neef het std 2 die eerste keer opgehou rook.Weer begin nadat ek begin werk het.Op 'n stadium tot so 80 per dag maar die laaste 10 jaar rook ek net pyp (rum & maple).Ek het so 'n jaar terug 'n trek van 'n sigaret gevat en dit was verseker die slegste smaak wat ek nog ooit geproe het.

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Sep 30, 2014 2:39 pm
by Capt. Yoda
mmm lus ie ek nou vir daai keyser van my

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Sep 30, 2014 4:32 pm
by NicoSmit
Ek het vir baie jare gerook en was rook fiks ek het Comrades gehardloop en net na ek klaar gemaak het was die Chesterfield in my mond .Tot een aand na ek bronchitis gehad het en ek verstik het aan daai slym Ek was alleen en het niemand gehad om my te help nie hoe ek daai goed uit my keel en lugpyp gekry weet ek tot vandag toe nie maar daai volgende oggend het ek 'n halwe carton Chesterfielsds30 vir die cleaner by die werk gegee Ek het nog nooit weer daai lus gehad om te rook nie .Ek het ook gesien wat maak baie jare se rook aan my oorlede Pa se longe .Die aand toe hy dood is het ek van sy longe opgevee wat hy uitgebring het dis 'n gesig wat ek nooit sal vergeet nie As ek ooit my 2 seuns vang dat hulle rook sal ek sorg dat ek hulle baie vinnig verlos van daai K---K gewoonte . So julle manne moet maar lekker rook maar dink aan die dag as jy in jou stoel voor die venster sit met jou suurstof bottel langs jou . Sorry ek gaan so af maar dis hoe ek voel oor rook

Re: "Vaping" vs Rook

Posted: Tue Sep 30, 2014 4:34 pm
by Forester
As julle manne heeltemal wil ophou, probeer dalk Champix. Ek het dit gebruik en dit werk. Dis 'n tablet wat help met die cravings en moet voorgeskryf word deur 'n dokter.