Page 1 of 1

Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:18 pm
by DWB
Hallo Manne!!!

My naam is Deon. Van die manne op sealine.co.za ken my darem en het my aan die forum bekend gestel.

Ek het tans geen wapens nie en my aansoek vir 'n Parker-Hale .243 is in die prosesse.

Het ongelukkig nie in 'n familie van jag groot geword nie en het nou onlanks my eerste bok namend 'n 26.5" blouwildebees geskiet.

Dit lyk sommer na 'n lekker plek!!!

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:23 pm
by Michiel(MCR)
Welkom maat,ek glo jy gaan dit baie hier by ons geniet,die manne deel graag hulle kennis ;)

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:26 pm
by Geno
Hey Deon,
Welkom op die forum!
Skies ek en Armand het jou gepoach by SLĀ  :angel:

Geniet dit hier!

Groete,
Eugene

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:27 pm
by DWB
Hehe,

Ek sal seker nog my takies daar ook moet verrig

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:27 pm
by Stefan764
Welkom Deon!

Hoop jy LIKE! (Hehe, sorry FM, ek wou ook voel hoe voel dit om dit te se... hehe)

Deon jy sal als en nog meer wat jy oor die jagbedryf benodig op hierdie forum kry. Hy heti gelyke nie...

Stef

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:30 pm
by DWB
Dankie manne,

Ja ek hoop om baie te leer.

Ek het onlangs ook by die laeveld jagtersvereniging aangesluit.
So ons doen die dinge maar in stappe.

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:31 pm
by BLOK
Welkom hier.

Dis n lekker forum en, ja hier gaan jy alles kan leer wat jy oor jag wil weet, ek hoop net jy gee n klompie insette onder die visvan afdeling. Moet nie skaam wees om daar ook raad te gee nie .

Geniet hom

Blok

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 08, 2011 12:39 pm
by DWB
Ja, ek is maar 'n kunsaas man, en marno wat ook vandag aangesluit het is bietjie meer van 'n fundi as ek. Maar saam saam sal ons seker kan raad gee.

Re: Nuweling

Posted: Mon Mar 14, 2011 12:35 pm
by Wouter Roets
Hallo Deon

Nogmaals baie welkom hier en hoop jy gaan dit terdee geniet! Geluk ook met jou aankoop van die roer en hoop jy kry vinnig jou lesensie!

Groetnis
Wouter