Hallo almal
Klink of die "more than 60000 ha" wat ingesluit gaan word in die ondersoek na 'n sagte aanslag met onder andere kuddehode is in die Jansenville distrik?
Is iemand hierby betrokke of het meer info?
Laat weet asb.
Ambessa
Nuwe ondersoeke met o.a. kuddehonde
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Nuwe ondersoeke met o.a. kuddehonde
Ambessa ek boer ook in die Jansenville omgewing. Roy Heydenrych is 'n plaaslike Anatool teler en sy grond vorm die kern van die voorgestelde gebied. Ek twyfel of hulle die projek ooit werklik van die grond af gaan kry en dit sal beslis nie 60 000 ha groot wees nie. Sover ek bewus is wil geen van die bure betrokke raak nie. Roy gebruik al verskeie jare anatole en teel self vir die laaste jaar of wat. Volgens hom het hy geen skade nie en hy is bewus van verskeie jakkalse op sy grond. Die prentjie wat egter deur sy werkers geskets word verskil drasties van hierdie stellings. Persoonlik dink ek hy sal nooit erken dat hy skade ly nie, want dan skiet hy hom self in die voet aangesien hy klein hondjies wil verkoop. Baie van sy bure beweer hulle ly hul grootste skade in die gebiede wat aan hom grens en as gevolg daarvan is hulle maar skepties.
Persoonlik dink ek dit sal goed wees indien die projek van die grond af kan kom. Bool en kie beweer ons kan nie honde oplei nie, dus kan hulle dit dan in samewerking met Roy doen sodat hulle dan hulle bewerings dat Anatole effektief is kan bewys, of nie.... Ek is baie skepties, maar sal hulle glo as ek dit sien werk.
Groete

Winners never quit - Quitters never win.
-
Ambessa
Re: Nuwe ondersoeke met o.a. kuddehonde
Hallo Kruger
Dankie vir die inligting.
Ek hou die vordering met die projek met groot belangstelling dop.

Klink asof daar ook gedink word aan 'n kompensasieskema ingeval daar wel veeverliese is ten spyte van "waarborge" dat die kuddehonde verliese sal verhoed?
Hoor graag as daar verdere verwikkelinge is.
Ambessa
Die ouens, altans een van hulle, is baie vol vertroue dat die projek gaan slaag.Kruger wrote: Ambessa ek boer ook in die Jansenville omgewing. .. .. of hulle die projek ooit werklik van die grond af gaan kry en dit sal beslis nie 60 000 ha groot wees nie.
Klink asof daar ook gedink word aan 'n kompensasieskema ingeval daar wel veeverliese is ten spyte van "waarborge" dat die kuddehonde verliese sal verhoed?
Hoor graag as daar verdere verwikkelinge is.
Ambessa
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Nuwe ondersoeke met o.a. kuddehonde
Hallo Ambessa
Jammer dat ek nou eers reageer. Ons het bietjie vir Oom Angus gaan kuier daar in Greytown se wereld en het eers gister teruggekom. Net die feit dat hierdie ouens 'n kompensasie skema oorweeg vertel vir my dat hulle voorsien dat daar skade sal wees.
Waarom is daar dan net by hierdie projek van hulle projek 'n kompensasie skema. Hoekom maak hulle dit nie van toepassing op alle boere wat Anatole gebruik nie? Kompensasie is algemene praktyk in die Baviaans sover dit luiperd betref, so waarom moet hierdie projek uitgesonder word as die enigste waar jakkals kompensasie betaal word? Weet hulle dalk nie watter tipe skade om te verwag nie sodat hierdie projek as loodsprojek kan dien en hulle nou eers self gaan sien of Anatole werklik werk teen jakkalse? Indien dit die geval is waarom maak hulle alewig so keelskoon ten gunste van Anatole sonder konkrete bewyse dat dit wel werk, of nie werk nie. Wonder maar net....

Dankie vir die terugvoering.
Sou graag meer wou weet oor die beoogde projek. Die info is maar karig maar dit kling asof daar wel erns met die poging is? Aansprake is reeds dat "groot" verminderings in predasie ondervind word deur die sagter opsies soos "collars" en kuddehonde.
My bronne is tans bietjie afgesny (doelbewus?) maar sou graag weet of daar iemand is wat hierby betrokke is of dalk net meer konkrete info het? Is dit nog net gedagtes waaraan boere maar traag of glad nie byt nie?