Page 1 of 1
375 H&H Winchester
Posted: Wed Jul 30, 2014 8:45 pm
by Hendrik van Zyl
Dagsê
Ek het hulp en raad nodig met `n 375 H&H winchester model 70
1. Wat is die doel van die recoil lug voor die aksie op die loop?
2. Hoe gemaak as mens die wapen wil pak (glassbed) met die recoil lug op die loop?
Hendrik
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Wed Jul 30, 2014 9:11 pm
by henning
Hendrik van Zyl wrote:Dagsê
Ek het hulp en raad nodig met `n 375 H&H winchester model 70
1. Wat is die doel van die recoil lug voor die aksie op die loop?
2. Hoe gemaak as mens die wapen wil pak (glassbed) met die recoil lug op die loop?
Hendrik
Die recoil lug is gewoonlik soos n spacer tussen die aksie en die loop.
Groete
Henning
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Thu Jul 31, 2014 6:45 am
by DWB
Help ook dat die kolf nie kraak nie
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Wed Aug 06, 2014 1:52 pm
by Hendrik van Zyl
Sorry miskien het ek dit nie mooi verduidelik nie ek praat nie van die normale recoil lug op die aksie nie. Hierdie Winchester het `n tipe van recoil lug onder die visier op die loop. Hoe nou gemaak met die glassbedding? Moet hierdie recoil lug ook raak aan sy agter kant net soos die normale een op die aksie of nie?
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Wed Aug 06, 2014 3:12 pm
by Ralph Badenhorst
Plaas fotos dan kan ons jou advies gee
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Thu Aug 07, 2014 1:30 pm
by Ralph Badenhorst
Praat jy van die voorste een op die loop?
Sien aangehegde foto
Groete
Ralph
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Thu Aug 07, 2014 7:11 pm
by Hendrik van Zyl
Ralph
Ja dit is die een op die loop. Die een op myne se loop is wel grootter as die een in die foto. Ek sal hom die naweek uit die kolf haal en `n foto neem. Ek wil net seker maak of hierdie recoil lug wel ook moet raak aan sy agterkant.
Hendrik
Re: 375 H&H Winchester
Posted: Thu Aug 07, 2014 7:37 pm
by tripodmvr
My logika sê vir my dat albei van die metaal dele die terugslag tegelyk aan die kolf moet oordra. Andersins gaan dit nie help nie synde slegs een die meeste vrag gaan dra en die kolf dalk dan gaan kraak. Die bedwerk sal egter so gedoen moet word dat kolf en loop maklik vanmekaar moet kom.