Page 1 of 2
The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FERLACH
Posted: Thu Jul 24, 2014 8:40 am
by Ralph Badenhorst
Dagse Manne
So rukkie terug het n vriend uit Ferlach vir my fotos van hierdie geweer gestuur. Die geweer was deur JOHANN FANZOJ van FERLACH gebou. Dit het ongeveer 3 jaar geneem om die wapen te voltooi. Ek heg n link onder aan as julle manne die detail wil gaan lees. Persoonlik is dit een van die mooiste kunswerk in die pasmaak wapen bedryf vir my!
MAAAR - toe ek dit fotos sien toe wonder ek nogal wat die Suid Afrikaanse jagters gaan se van dit - hiers my gedagtes oor wat hulle moontlik gaan se (tong-in-die-kies) want ek sien dit elke dag: Asseblief moet niks van hierdie persoonlik opneem nie - dit is op geen individuele mense gerig nie
- 98% gaan se dat die geweer te SWAAR is en die loop te lank is
- dieselfde 98% gaan se dat hulle nie langer as n week sal wag vir hulle gewere nie
- dieselfde 98% gaan se hy blink teveel
- dieselfde 98% gaan al sy vingers in die loop voor probeer indruk ( dieselfde mense wat by n kar handelaar n nuwe kar sal staan en beloer en dan die nuwe tire van die kar skop om te sien of dit styf gepomp is)
Reg, nou gaan kyk ons na die minderheid van die wat oor bly
-1.999999% sluit jagters soos ek en die Jaracal forum lede in wat n mooi wapen wardeur en oopmond na dit sal staar en drool op die sleutelbord
Die oorblywende - 0.000001% sal jou probeer oortuig dat n Britse geweer beter kwaliteit is en n beter belegging vir die toekoms is
Alle krediet (CREDIT) aan JOHANN FANZOJ - FERLACH (asook fotos)
http://www.fanzoj.com/en/home/index.html
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/29_zps19905276.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/210_zps5ce1bb50.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/26_zps9f60f9db.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/3_zps7569567b.jpg[/image]
Groete
Ralph jr.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 8:41 am
by Ralph Badenhorst
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 8:42 am
by Ralph Badenhorst
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 8:43 am
by DWB
Mooi.... Maar nie vir my
Ek gaan nie met daai ding kan jag nie!!!!!!!!
Maar kuns is dit definitief!!!
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 8:45 am
by Chevvy SS
Dis stunning! n Mooi ryding, mooi vrou en mooi geweer is darem maar MOOI!
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 8:52 am
by Hugo
Die effek op die loop en slot dat hy soos olifant lyk is ongelooflik.
Al wat ek nie van hou nie is die goue inlet tussen die ivoor en hout, die res is bitter mooi.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:10 am
by Ralph Badenhorst
Hugo wrote:Die effek op die loop en slot dat hy soos olifant lyk is ongelooflik.
Al wat ek nie van hou nie is die goue inlet tussen die ivoor en hout, die res is bitter mooi.
Die goue inlet is daar gesit om toekomstige trek of buig in die ivoor te verhoed sodat die kolf nie kraak nie.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:11 am
by Hugo
Thanks Ralph,
Wys jou, wat weet ek...
Hy moes dit blou gemaak het.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:15 am
by Varmint King
OMW,
Dit is stunning... Dankie Ralph
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:16 am
by Wouter Roets
Ralph
Ek weet nie waar ek gaan inpas in jou persentasie syfers nie. Al wat ek kan se is dat die persoon n baie sinlike teleskoop gekies het wat die kaliber mooi komplimeteer. Soos hulle se "Beauty is in the eye of the beholder".
Groetnis
Wouter
PS Ek skop nie tires nie want dit maak my vellies vuil.

Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:17 am
by gillie
Ek sou nou nie 'n swarovksi op sit nie....
Terg net, kunswerk is dit beslis soos DWB gese het ...
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:23 am
by Peruvs72
Ek wonder hoeveel keer en hoeveel parte moes hy gebruik het as hy erens n fout gemaak het en oor moes begin.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:44 am
by andre007
Wat is sy waarde of het ek dit misgelees?
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 9:58 am
by Pappabeer
Ek jou distrubisie persentasie is noggal reg Ralph. Dit is kommerwekkend.
Jackson Pollock was ook 'n befaamde kunstenaar.
Waardering van skoonheid is subjektief soos jy noem Wouter. Ek sou graag nuwe bande wou gaan skop, maar ek het vrede gemaak dat ek dit nooit sal kan bekostig nie.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:01 am
by rudib
Dis baie mooi!!!!
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:03 am
by Ralph Badenhorst
Wouter Roets wrote:Ralph
Ek weet nie waar ek gaan inpas in jou persentasie syfers nie. Al wat ek kan se is dat die persoon n baie sinlike teleskoop gekies het wat die kaliber mooi komplimeteer. Soos hulle se "Beauty is in the eye of the beholder".
Groetnis
Wouter
PS Ek skop nie tires nie want dit maak my vellies vuil.

lag ek nou lekker !!
Wouter, ek en Jerome van Verney Carron het al baie op skoue gestaan en gesels en dit is hoe ons soms voel as ons na mense se kommentaar luister. Hoe sal hy altyd se - "people with their oily fried chip fingers"
Groete
Ralph
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:04 am
by Ralph Badenhorst
andre007 wrote:Wat is sy waarde of het ek dit misgelees?
Sal my vriend vra en jou laatweet
Groete
R jr.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:09 am
by Ralph Badenhorst
Peruvs72 wrote:Ek wonder hoeveel keer en hoeveel parte moes hy gebruik het as hy erens n fout gemaak het en oor moes begin.
Peruvs72
Jong dit laat myself ook nogal wonder - ons moes al self n part of 2 oormaak waarmee ons nie gelukkig is nie. Vir my is die mooiste die sneller beul en mag kas - die half olifant se detail is fantasties!
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:11 am
by NEGE3
Sjoe baie mooi. Wonder wat sal so geweer kos. Seker net olie magnate sal dit kan bekostig.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:14 am
by Wouter Roets
Manne
Moet my vorige skrywe asb nie misvertaan nie. Ek soos baie ander het verseker baie waardering en respek vir kunswerke soos hierdie. Die vakmanskap, toewyding en absolute talent wat ingaan met werke soos die verg verseker enige iemand se respek en agting. Verseker word hierdie net nog meer waardeer deur iemand wat in die lyn van besigheid is soos Ralph.
Persoonlik is daar vir my n skeidslyn tussen n kunswerk soos die en n bruikbare wapen. Laasgenoemde kan verseker ook n kunswerk wees op eie gebied en dit is hierdie wapens wat vir my naby die hart le. n Mooi stuk hout gekoppel aan n praktiese funksionele stelsel is wat my hart laat warm en vining klop. Vir my is n wapen presies dit, n wapen. n Bietjie optof werk is verseker nie te versmaai nie, maar dit moet prakties en understated wees vir my persoonlik. Ek se weereens "Beauty is in the eye of the beholder". As ek dan geklasifiseer word as "olie vinger" dan sal ek daai brandmerk dra met trots want in my oe verteenwoordig dit die ware jagter. In die jagveld maak ons in elk geval n lekker olierige chip en nie daai bleek opgekookte groente nie. Pretentiousness is een van die menslike aanvoegsels wat ek met n passie haat!
Groetnis
Wouter
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:27 am
by Ralph Badenhorst
Wouter Roets wrote:Manne

Wouter ek stem 100% saam met jou!! Persoonlik sal ek hierdie geweer in een van daai Glas Wapen Kluise in my huis wil he!! Sal maar die Da Vinci skildery in die buitekamer gaan bere
Groete
Ralph jr.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:29 am
by Varmint King
Wouter ek stem 100% saam met jou!! Persoonlik sal ek hierdie geweer in een van daai Glas Wapen Kluise in my huis wil he!! Sal maar die Da Vinci skildery in die buitekamer gaan bere
Groete
Ralph jr.[/quote]
LOL +1
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 10:36 am
by Frederik
Baie interesant en regtig pragwerk maar dit sal my 2de 416 wees wat nie jagveld toe sal gaan nie.
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 11:19 am
by DawieKotze
Absolute kunswerk!! Ek is seker daardie geweer is nie gebou om mee te gaan jag nie, maar eerder as 'n belegging.
Wonder of hy groepeer
Groetnis
Dawie
Re: The Ivory Hunter Rifle .416 Rigby - by JOHANN FANZOJ FER
Posted: Thu Jul 24, 2014 11:20 am
by Ralph Badenhorst
madako wrote:Absolute kunswerk!! Ek is seker daardie geweer is nie gebou om mee te gaan jag nie, maar eerder as 'n belegging.
Wonder of hy groepeer
Groetnis
Dawie