Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post Reply
User avatar
Karooklong
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm

Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post by Karooklong »

Kêrels gee asb raad.

Was gisteraand by buurman - sy ooie lam en jakke kom vreet daar. Hulle kom deur jakkalsproef en bly , volgens jagter, nie daar nie. Die man is desperaat en ek gaan toe maar - wou hulle maar met prooi probeer lok. Net na 18:30 op plek, roeper uit en bakkie toe met camo - freezer suit aan oppad om op te klim en daar trek die manne los. Die een agter jakkalsproef so 800m weg en ander seker 800m teenoorgestelde kant en hulle gesels toe lekker.

Ek het 20min gewag en met kos geroep vir 30min - net bakore kom inloer. Vraag is: Het hulle my gesien en mekaar gewaarsku en toe klaar vertrek en ek my tyd gemors.

Hoe hanteer ek hulle ?

Groete

PJ
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post by tafjak »

Gebruik dan jakkalsroep(Jakkalsantwoord as dit enkeljakkals of meer is, Tafjak 6 as dit meer as een jakkals is). As jakkals nie inkom nie soek ander staanplek. Daardie jakkalse heel moontlik al staanplek sku.

Voorspoed
User avatar
Karooklong
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm

Re: Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post by Karooklong »

Dankie Taffie - ek sal dit volgende keer probeer, daar was nog nie voorheen jagters daar nie, tensy hulle op ander plase skoolgegaan het.

Het jy al 'n Jakkalsdistress probeer in so situasie - ons het daaroor bespiegel, maar hier kan ons nie die goed onnodig slim maak nie.

Nogmaals dankie
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post by tafjak »

Karooklong

Ek antwoord sulke jakkalse en as hulle weer reageer direk na my reaksie sal ek bakleie en distresse gebruik. Tog sal ek paar minute stilbly voordat ek oorgaan na sulke klanke, veral ad die jakkalse wat reageer uitmekaar is
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post by Abrie Smit »

Taffie, ek sien op 'n ander post het jy ook al hieroor gereageer. Toe het jy gesê dat jy sal saggies antwoord met Jakkals Antwoord. Is dit al klank of is daar ander wat ook met sukses gebruik kan word?
Kan reaksie klanke ook gebruik en hoe hoog die volume?

Mooi loop
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Raad asb - Jakke begin roep voor my . . .

Post by tafjak »

Abrie

Ja, Jakkalsantwoord werk baie goed. Nie te hard nie. Klanke wat ook werk is Vlekkie 2 en 3

Mooiloop
Post Reply