Nuut en soek hulp
-
ChrisRoets
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Tue Jul 15, 2014 7:51 pm
Nuut en soek hulp
Hello aan almal hier. My naam is Chris en ek is van Pretoria. (hel...ek klink soos iemand by 'n AA meeting)
Dit was my em my 3 seuns so jag die naweek wat verby is, maar so draai dit toe 'n groot teleurstelling uit. Ons het nie die normale ding gedoen nie. 'n vriend se tannie, het 'n neef, en die neef se klein niggie ken moes iemand wie vriende is met iemand anders wat 'n plaas het...en so word ons genooi na die plaas saam met mense wat ons nie ken nie. Daar gekom en almal is toe reeds dronk, en so le almal en suip vir 3 dae en 3 nagte. Daar word nie eens geeet nie...ek nog nooit so iets beleef nie. Ons is toe daar weg sonder om eers een keer die geweer in die hand te vat.
My seuns se lippe hang op die skoene. Is daar nie dalk iemand wat julle van weet wat ons kan help met jag die week nie? Enige 2 dae van more af (tussen 16 en 19 Julie). So 2 tot 2 1/2 ure radius van PTA af sal help.
Dankie, en ek hoop volgende jaar reel ek iets baie beter sommer net hier op hierdie JARACAL wat ek nou ontdek het.
Groete

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Nuut en soek hulp
Beste Chris, die goue reël is maar om betyds jou jagplanne te reël en met jagplase wat 'n goeie reputasie het. Gebruik bronne soos hierdie forum om van hulle te verneem asook webwerwe soos www.ibookdirect.com en andere. Dis maar beter om liewer nie aan 'n geweer te vat as daar oral om jou gedrink word nie. Die onoordeelkundige gebruik van drank en jag sit eintlik nie om dieselfde kampvuur nie . . . as jy verstaan wat ek bedoel.
Groetnis
Groetnis
- Omnia
- Sr. Member

- Posts: 303
- Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am
Re: Nuut en soek hulp
Hallo!!! CHRIS , kry vir jou 'n oros!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Nuut en soek hulp
Hartlik welkom, hoop ju kom reg
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Nuut en soek hulp
Welkom hier.
Ek glo darem jou verblyf hier sal beter wees as jou afgelope "jag" naweek.

jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuut en soek hulp
Welkom Chris, hoop jy kom reg en geniet dit op die forum
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Nuut en soek hulp
Hi Chris,
Ek het die advertensie gesien vir 'n plaas op Thabazimbi as jy hulle wil probeer.
Blouwildebees. Jag - Thabazimbi: Trofee- en Biltongjag.
Beskikbaar: Koedoe, Rooibok, Zebra, Ribbok en Vlakvark. Trofee- en Biltongwild word apart geprys vir die beste waarde vir geld. Wild is redelik maklik beskikbaar op ons 1145 hektaar plaas. Daggelde is R350 per Jagter per dag. Versoek meer inligting per epos berlinja@vodamail.co.za, of kyk op www.mygrootfontein.com, of skakel Bertus 081 271 3117
Hoop jy kom reg.

375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
-
Die Biltongjagter
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Thu Jul 17, 2014 8:41 am
Re: Nuut en soek hulp
More more
wil hoor waar en by wie kan ek bietjie meer inligting kry oor herlaai van my 300 wsm
Ek het S 365 en 180gr accubonds gekoop wil net weet wat sal n goeie begin en maksimum ladings wees

stan man
Re: Nuut en soek hulp
middag biltong
probeer onder diie herlaai onderwerp. gaan search die onderwerp,ek glo jy sal regkom.
welkom chris. ek hoop jy kom reg.

henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Nuut en soek hulp
Op Somchem se web blad is n kontak funksie waar jy vir hulle kan e-mail en vra vir ladings, hulle het vir my mooi gehelp.Die Biltongjagter wrote:More more
wil hoor waar en by wie kan ek bietjie meer inligting kry oor herlaai van my 300 wsm
Ek het S 365 en 180gr accubonds gekoop wil net weet wat sal n goeie begin en maksimum ladings wees
Groete
Ek weet hulle is besig om n 300 wsm loop aan te koop vir toetse sodat die ladings gepubliseer kan raak.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim