Page 1 of 1
Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 1:03 pm
by Musgrave
Goeiedag almal,
My neef Rasmus het my bekendgestel aan die forum. Ek dog ek kan maar net sowel maar `n naam by `n gesig sit, want my gesig was darem alreeds hier op die forum geplaas...:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 9#msg33629
My naam is Bert en ek hou van jag.
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 1:21 pm
by Stefan764
Welkom Bert!
Glo jy gan die Forum baie leersaam vind en die samesyn hier is ook nogals iets besonders.
Groete
Stefan
(Blikslaters mar die Forumledetal tel nou vinnag op!)
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 1:24 pm
by Francois Marais
Bert
Welkom maat, hoop jy LIKE......
Mooi loop
Francois
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 2:59 pm
by Monrique (SJ)
30-0kwes sorry 6(Bert)
Lekker saamgesels maat. Geniet dit, dis n fees.
Groetnis
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 9:17 pm
by theedge
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 10:24 pm
by Kalahari
30-06
Welkom en geniet dit.
Kalahari
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 10:55 pm
by Jagtersdok
Lekka Bert
Welkom hier
Re: Dags
Posted: Tue Mar 01, 2011 11:04 pm
by Penkop
Naand Bert,
Lyk soos 'n Ruger falling block waarmee jy varke klits?
Geniet!
Re: Dags
Posted: Wed Mar 02, 2011 7:45 am
by Geno
Nul-kwes
Baie welkom!
Geniet dit.
Groete,
Eugene
Re: Dags
Posted: Mon Mar 14, 2011 10:28 am
by Musgrave
Dankie vir die warm verwelkoming!
Penkop wrote:
Naand Bert,
Lyk soos 'n Ruger falling block waarmee jy varke klits?
Geniet!
Net so! Die kaliber is .45-70 Government. Ek het hom nou so vir bietjie meer as `n jaar. Die geweer is besig om my getroue ou .30-06 se plek oor te neem...

Re: Dags
Posted: Mon Mar 14, 2011 11:36 am
by James Wilson
daar is n klein groepring amerikaners wat vas glo die 45 - 70 is n groot vyf kaliber. die debatte op amerikaanse site's ruk gereeld hand uit. miskien moet jy vir ons jou mening gee.
Re: Dags
Posted: Mon Mar 14, 2011 12:25 pm
by Wouter Roets
30-06
Baie welkom hier en geniet die familie!
Laai jy vir jou kalibers? Jy kan mos daai 45-70 so bietjie warmer laai op die Ruger. Wat is jou huidige lading daarop?
Groetnis
Wouter
Re: Dags
Posted: Tue Mar 15, 2011 9:56 am
by Musgrave
Ek laai vir my .30-06, .45-70, 9mmP en een van die dae my .25-06...
Ek gaan sommer `n bespreking van my ervarings met die 45-70 onder Rifles/Gewere begin - hopelik kan ek almal se vrae beantwoord.
Re: Dags
Posted: Tue Mar 15, 2011 10:29 am
by Rasmus
Nou maar welkom hoor
Geniet dit! Ek laaik dit kwaai want niemand vra dat jy om hemels naam tog in die taal van die onderdrukker moet tik agv van wie weet wat ook al nie.
Dis lekker om gewere in jou eie taal te praat!
Re: Dags
Posted: Tue Mar 15, 2011 11:00 am
by Musgrave
Juis - ek moes vanoggend mooi dink oor wat ek wou neerpen. Ek skryf so baie in Engels dat ek amper vergeet het om in my pa se Afrikaans te skrywe!
Re: Dags
Posted: Tue Mar 15, 2011 11:48 am
by Stefan764
Rasmus wrote:
Ek laaik dit kwaai want niemand vra dat jy om hemels naam tog in die taal van die onderdrukker moet tik agv van wie weet wat ook al nie.
Dis lekker om gewere in jou eie taal te praat!
AMEN

Re: Dags
Posted: Tue Mar 15, 2011 9:21 pm
by Penkop
Is dit nou Zulu??