Page 1 of 1

hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Fri Jul 11, 2014 2:10 am
by stan man
en so is ons nou al n wyle besig om teen 5,4km/ph voort te stroop met n 6 en 8 ry tafel op die stroper. die vroee sonneblomme het ons maar n redelike pak gegee met die dat dit nie in januarie regtig by ons gereen het nie. n half ton per ha was maar aan die orde van die dag. die later sonneblom was egter heelwat beter met n gemiddelde opbrengs van so 2,2 ton per ha. die mielies vertel egter n ander storie. ons het nou al die geel mielies in gery en die gemiddeld is 6,8 ton per ha. met die wit het ek nou al so 3000 ton in gery en lyk die gemiddeld op hierdie stadium goed met 7,2 ton per ha. die grondbone het 2,1 ton per ha opgelewer.
ons is geseend hierdie jaar. die vorige twee jaar se mis oeste het maar swaar op die gemoed gele.

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Fri Jul 11, 2014 8:50 am
by PWV
stan man
Ek kan nou nie met jou saampraat nie omdat ek nie 'n oes/plaas het nie. Wat ek wel wil sê is dat ek saam met jou dankbaar is vir die goeie oeste!

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Fri Jul 11, 2014 9:26 am
by Armand9
Ja dit gaan baie goed. Hier langs die oranje rivier is dit n bo gemiddelde jaar. Geelmielies sien jy nou gereeld 15ton per ha. Daar is boere wat heelwat minder stroop en dan enkeles wat meer stroop. Ryp het laat gekom die en die laat aanplantings doen ook goed. Die prys neuk net nou. Maar dis boerdery!

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Mon Jul 14, 2014 9:18 am
by Platjan
Hier op die Springbokvlakte het ons 'n ondergemiddelde seisoen beleef. Eers was dit te droog, en toe te veel reën op ons swaar gronde (turf). Die droëbone het vreeslik versuip en die sonneblom het uiters swak bestuif, sorghum opbrengste was ook swak. Daar lê 'n swart strook agter stropers soos hy dowwer sonneblom pitte uitblaas. Ons besproeiings mielies was egter uitstekend met heelwat boere wat 17 ton + gestroop het.

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Mon Jul 14, 2014 9:27 am
by Herrie260
Sojas by my was so 2 ton (sonder kunsmis). Sonneblom was so 2.5 ton en mielies tussen 6 en 8 ton. Ons is ook baie dankbaar vir goeie oeste en besef dit is net genade van Bo.

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Fri Jul 18, 2014 4:04 pm
by tau
Ons het vanjaar ons eerste koring in die grond so ons hoop maar vir die beste. Nuwe planter trekker en spuit gekoop so ons is nou die regte egte nuwe linge. Ons het al die jare net Hawer gesaai en gestrooi vir ons vee, maar my Pa staan na aftrede en hy wil boer as hy aftree!!!!!!!

Liewe ouer 15ton ha!!!!!!! Hier in die Kaap lieg ons nie so erg nie. Grappie

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Fri Jul 18, 2014 4:55 pm
by Piet Pille
Hier in die kontrei klink dit of die manne darem gemiddeld 4-5ton mielies/ha sal kry. Dis bitter goed vir droëland oeste in Namibie. Almal smile breed!! :)

Re: hoe lyk die oes opbrengste in jou streek ?

Posted: Tue Jul 22, 2014 7:12 am
by Wayne
In our area, anything from 7.5 to 10 ton / ha, but some of the maize was blown over by the strong winds. Just means a little extra work, but the maize will come off the lands. At the present price I am not sure if the farmers make much, but if you can get 15 tons, then you make good money.