Page 1 of 1
308 hoenady A-Max of SSt 150gr
Posted: Thu Jul 10, 2014 11:15 pm
by william007
Goeie naand manne ek wil by julle hoor wat sal julle kies
Ek ry more Kalahari toe om Blouwildebees Rooihartbees en Gemsbokke te gaan skiet ,ek wil weet watter punt sal julle gebruik vir die jag op die wild as julle tussen die 2 moes kies.
Hornady A-Max 150gr of SST 150gr vir 308 win.
Sal graag wil hoor wat julle aanbeveel
Dankie
Re: 308 hoenady A-Max of SSt 150gr
Posted: Thu Jul 10, 2014 11:17 pm
by william007
Hahahaha jammer vir daai Hoenady spelling plaas van Hornady sukkel so biekie met die knopies
Re: 308 hoenady A-Max of SSt 150gr
Posted: Fri Jul 11, 2014 8:49 am
by Cor Jacobs
Hallo William,
Huidiglik skiet ek met my .308 die Hornady SST 150gr. Dit het vir my baie mooi gewerk hierdie jaar op Springbokke, en ek het n Hartebees ook daarmee geskiet. Verlede jaar het ek ook n Gemsbok en n BWB met dieslfde punte geskiet.
So, om jou vraag te antwoord, dit het vir my gewerk. Wat ek wel sal byvoeg dat skootplasing baie belangrik is. Al bg bokke was kopskoot skote gewees. Ek het n vermoede dat daar taamlike vleis skade sal wees met bladskote.
Voorspoed met die jag.
Groete,
Cor
Re: 308 hoenady A-Max of SSt 150gr
Posted: Fri Jul 11, 2014 9:00 am
by FCLoretz
William kan jy nie Hornady Interbonds kry nie?
Die sst het ek gevind maak nogal vleis skade as jy groot bene slaan op die diere.
Re: 308 hoenady A-Max of SSt 150gr
Posted: Mon Jul 14, 2014 2:01 pm
by william007
baie dankie manne vir julle raad
Ek wardeer dit.