Page 1 of 1

Lyttleton Rsa Aksie

Posted: Thu Jul 10, 2014 7:04 pm
by CobusMeyer
Hi Manne
As daai RSA aksie so goed is, kan iemand nie maar net vir ons weer van hulle maak nie?
Groete
C

Re: Lyttleton Rsa Aksie

Posted: Thu Jul 10, 2014 9:48 pm
by Pvdw
Ek het ook al die vraag gevra. Die mees algemene antwoord wat ek gekry het is dat dit net eenfoudig te duur is om aksies te bou. Die toerusting is baie duur en dan moet daar baie kunduge persioneel wees wat elkeen salaris moet kry. Om so iets te regverdig sal daar groot volumes vervaardig moet word. Ond mark is heeltemal te klein om so'n volskaalse produksie lyn aan die gang te hou.

Dis die mees algemene antwoord wat ek gekry het by etlikke geleenthede,

Re: Lyttleton Rsa Aksie

Posted: Fri Jul 11, 2014 12:57 am
by Hein M.
CobusMeyer wrote:Hi Manne
As daai RSA aksie so goed is, kan iemand nie maar net vir ons weer van hulle maak nie?
Groete
C
Kom ek stel dit so

Indien jy graag so 'n aksie wil besit, is dit doodeenvoudig. Bel rond en doen wyd navraag.

Ek het 5 sulke aksies opgetel binne soveel jare. Daar is wel beter aksies. Schultz & Larsen se aksies is veel beter in sekere opsigte. Ongelukkig sal daar nie weer soortgelyke aksies as die RSA hier vervaardig word nie.

Hein M

Re: Lyttleton Rsa Aksie

Posted: Mon Jul 21, 2014 1:21 am
by Finfan
Wens hul kon weer van hul maak!