Watter press ?

Post Reply
300Winmag

Watter press ?

Post by 300Winmag »

Goeie Dag

Ek wil 'n nuwe press koop, maar ek wil nie 'n fortuin spandeer nie, maar
ek wil darem iets h? wat redelik goed is. Ek laai vir my 300 met Hornady dies
en RCBS neck size die. (Bietjie vir die .38 ook)

Wat is 'n goeie middeweg tussen prys en kwaliteit?

Groete
VdWalt
300Winmag

Re: Watter press ?

Post by 300Winmag »

:-[ So klein cast Lee press. Ek wil ook nie meer as 'n mooi rooibok se geld op
'n nuwe een spandeer nie. Ek het eintlik geen idee wat die pryse is nie.

Ek sal hoor wat die manne se oor watter press en dan gaan shopping doen om
te kyk of ek dit gaan kan bybring. (Dit gaan inbreek maak op my jag, en dit maak
dit sommer baie moeilik.) 
jmb

Re: Watter press ?

Post by jmb »

Lee se classic cast press is baie goeie waarde vir geld. Ek gebruik een al 'n paar jaar en is baie gelukkig met hom. Ek het 'n RCBS ook en kon geen verskil in konsentrisiteit tussen die 2 presse optel nie.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Watter press ?

Post by Stefan764 »

300Winmag wrote: Ek wil 'n nuwe press koop.......

Wat is 'n goeie middeweg tussen prys en kwaliteit?
VdW

Eerstens, hoekom wil jy n nuwe een koop? Is daar fout met die oue of is dit net Gat-Jeuk??  ;D

Tweedens, waarde vir geld is daai LEE wat jy het niks mee fout mie. Hoor wat se Johan ook. Ek het vir 6jaar met een gelaai. My pa laai nou met hom. Koop toe vir my ook een, teen R450 tweedehands by n gunshop en ekt tot nou nog nie n dag se moeilikheid met hom gehad nie.

YES YES, ek weet as n man wil groups gooi en kompetisie skiet en al dai lekke dinge moet jy seker n R3500'e press koop mar ek weti, myne laai baie booi sonder enige foute...

My 2c...
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
300Winmag

Re: Watter press ?

Post by 300Winmag »

Stefan764 wrote: Eerstens, hoekom wil jy n nuwe een koop? Is daar fout met die oue of is dit net Gat-Jeuk??  ;D
Nee ek wil 'n nuwe een koop want, mmm ... man sommer net! Ok ?

Praat jy skelm met my vrou ...? Hoeveel bokke het jy al met Interbonds wat so
akkuraat is en sterk is verloor? Hoekom wil jy dan nou ander koeels probeer?    ;D ;D

Sien, dis moelike vrae om te antwoord.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Watter press ?

Post by Stefan764 »

Nee ek hoor jou mater....

Onthou net, da issi n ding soos n kwaai vrou nie. Net n bang man.... Nog 2c  ;D

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Watter press ?

Post by jmb »

Ekstra presse is baie lekker om te gebruik. jy kan byvoorbeeld jou seating die vir die geweer wat jy die meeste gebruik op los en 'n ander press gebruik om te resize en te decap dan weet jy jou tpl is altyd dieselfde vir daai kaliber.. Ek sit ook my hornady puller in een press dan as jy 'n fout gemaak het ens dan is dit maklik om die punt te trek. Ek beoog om vir my soos tyd aanstap nog 'n hele paar presse te kry vir presies hierdie rede. Wil egter maar eers spaar vir 'n Dillon 650 vir my handwapens want ek is nou al lekker gatvol vir 300 9mm op 'n slag met 'n single stage press te laai.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Watter press ?

Post by Pvdw »

Was vandag by VLT in Pretoria. Hulle het 'n baie nice en sterk Lyman press daar wat my oog gevang het. Hy is so grys kleur en nie die normale oranje van Lyman nie.

Wat ek van die press hou is dat die "lever" skuins sit na of links of regs. My LEE press slaan my die heel tyd raak en dit pla my baie. Die ander ding van hom is dat die voorste regop gegote stuk yster ook :off centre" na links is. Dit maak dat daar geen metaal tussen jou oog en die "ram" is nie. Dit vertoon mooi en ek glo dit gaan maklik werk ook.

Die prys was ' heel skaflikke R1550 kontant. Ek glo daai press sal mens hou tot jy omval en stink.

Peet
Work to live, don"t live to work
HVZ
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm

Re: Watter press ?

Post by HVZ »

Peet

Jy kan gerus redding se press ook probeer. Hulle intro model is so R1000 en werk baie goed. Ek laai vir die 8mm 223 270 222 met myne en het nog geen klagtes gehad nie.
Bel vir frontier guns in kleksdorp.

Lekker aand
HVZ
260rem 8x57js brno 12br mossberg
300Winmag

Re: Watter press ?

Post by 300Winmag »

Baie dankie vir al die raad - ek sal gaan rond shop vir pryse.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Watter press ?

Post by DWB »

So hoe het die shoppery gegaan? Dit is darem nou al 'n paar maande.....

Ek wil ook begin kyk vir een.

Watse Lee Press is die moeite werd?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
300Winmag

Re: Watter press ?

Post by 300Winmag »

Ek het die "Lee Classic Cast Press" en is nie spyt nie - daai groot bek maak dit regtig maklik
om te gebruik met my klein fyn handjies...  ;D
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Watter press ?

Post by Dewie »

Halo Oom Winmag

Ons het ook 1 of ander LEE en ons is heeltemal tevrede met hom

Groete

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Post Reply