Page 1 of 3
Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 11:23 am
by Cobus(Cobb)
Ons braai seker meer as die gemiddelde familie, 2 x per naweek van so September af...siende ek 'n Vaalie is, is dinge maar meestal brikette of iets soortgelyks.
Die probleem is die alomewige tekort aan firelighters.....
Ons drink ook nogal kwaai baie tee hier by my,.......
Teesakkies word so tussen 15-20/dag uitgesit in die son, en vandaar weer in 'n geseelde blik parrafien...
Pragtige firelighters......maar daai parrafien reuk raak bietjie baie te veel.
Watse ander langbrand sous kan 'n man gebruik net om bietjie reuk af te los
Cheers
Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 11:48 am
by Pvdw
Los so 2 heel brikette in brandspirutus vir so 10 min. Brand sonder reuk. Doen dit net voor jy braai. As jy dit lank daarin los breek die brikette op.
Lekker braai.
Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 1:05 pm
by henning
Cobus(Cobb) wrote:Ons braai seker meer as die gemiddelde familie, 2 x per naweek van so September af...siende ek 'n Vaalie is, is dinge maar meestal brikette of iets soortgelyks.
Die probleem is die alomewige tekort aan firelighters.....
Ons drink ook nogal kwaai baie tee hier by my,.......
Teesakkies word so tussen 15-20/dag uitgesit in die son, en vandaar weer in 'n geseelde blik parrafien...
Pragtige firelighters......maar daai parrafien reuk raak bietjie baie te veel.
Watse ander langbrand sous kan 'n man gebruik net om bietjie reuk af te los
Cheers
So n stukkie skaap of bees vet in n vlammetjie laat hom ook lekker lank brand.
Groete
Henning
Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 1:22 pm
by Arnold
gas aansteker is seker die maklikste en goedkoop teenoor gewone blits. Ons werk met hout hier en dit is die makliste om nat hout te laat brand.
Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 3:32 pm
by alecjohnson
Arnold wrote:gas aansteker is seker die maklikste en goedkoop teenoor gewone blits. Ons werk met hout hier en dit is die makliste om nat hout te laat brand.
+1
Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 3:54 pm
by PWV
Vir my is dit 'n uitdaging om alle artefisiële vuuraanstekers te vermy. Al mens-gemaakte ding wat ek gebruik, is een vuurhoutjie. Vir my is dit 'n ritueel.
Dit is wat ek by 'n ou man geleer het wat by ons op die plaas gewerk het. Dit is ook hy wat my geleer het om wippe te stel wat self val, om 'n duif of 'n patrys in klei toe te pak, in 'n gat te sit en bo-op vuur te maak. Dit is hy wat my ingelui het in die kuns van spoorsny en my bewus gemaak het van dieremaniere.
"Them were the days"
Groetnis
P.W.V.
Ns. Maar, ek het niks teen ouens wat hul vure op ander maniere maak nie. Los my net uit as ek deesdae van 'n bakkie af jag!!!

Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 4:27 pm
by Smitstertjies
Pieter Willem Vorster wrote:Vir my is dit 'n uitdaging om alle artifisiële vuuraanstekers te vermy. Al mens-gemaakte ding wat ek gebruik, is een vuurhoutjie. Vir my is dit 'n ritueel.
Dit is wat ek by 'n ou man geleer het wat by ons op die plaas gewerk het. Dit is ook hy wat my geleer het om wippe te stel wat self val, om 'n duif of 'n patrys in klei toe te pak, in 'n gat te sit en bo-op vuur te maak. Dit is hy wat my ingelui het in die kuns van spoorsny en my bewus gemaak het van dieremaniere.
"Them were the days"
Groetnis
P.W.V.
Ns. Maar, ek het niks teen ouens wat hul vure op ander maniere maak nie. Los my net uit as ek deesdae van 'n bakkie af jag!!!

Solank Oom net van n Ford af jag!!
Re: Blits Firelighters
Posted: Sun Jul 06, 2014 4:39 pm
by PWV
Smitstertjies wrote:Pieter Willem Vorster wrote:Vir my is dit 'n uitdaging om alle artifisiële vuuraanstekers te vermy. Al mens-gemaakte ding wat ek gebruik, is een vuurhoutjie. Vir my is dit 'n ritueel.
Dit is wat ek by 'n ou man geleer het wat by ons op die plaas gewerk het. Dit is ook hy wat my geleer het om wippe te stel wat self val, om 'n duif of 'n patrys in klei toe te pak, in 'n gat te sit en bo-op vuur te maak. Dit is hy wat my ingelui het in die kuns van spoorsny en my bewus gemaak het van dieremaniere.
"Them were the days"
Groetnis
P.W.V.
Ns. Maar, ek het niks teen ouens wat hul vure op ander maniere maak nie. Los my net uit as ek deesdae van 'n bakkie af jag!!!

Solank Oom net van n Ford af jag!!
Ja, Smitstertjies, so af en toe kry ek die geleentheid vir voorsit-jag! Normaalweg ry ons egter met 'n bakkie!
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:10 am
by gillie
Kameelpeule in jou brandstof van keuse gesit, daai sponserigheid aan die binnekant van die peule trek al die brandstof op soos 'n spons.
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:12 am
by VdWalt
Pvdw wrote:Los so 2 heel brikette in brandspirutus vir so 10 min. Brand sonder reuk. Doen dit net voor jy braai. As jy dit lank daarin los breek die brikette op.
Lekker braai.
Klink na die maklikste plan.
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:18 am
by Ockert1992
N ding wat self ook lekker werk is presswood offcuts in 'n blik parrafien. brand baie lekker.
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 11:18 am
by MJK
Halwe kers wat laat brandend laat lê in eier verpakking (of gewonde sonneblom olie is die eierbakkie) en dan koerantpapier soos benodig. Dit is my noodstop as die gas silinder leeg is...
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 12:22 pm
by FCLoretz
EK koop gewoonlik daai wit bathstones wat hulle by die robote verkoop. Ek sny hulle dan kleiner en sit dit saam parafien in 'n ou koffie hout( die jacobs koffie) en steek so vuur aan. As die parafien uitgebrand is haal ek die steen uit, laat hom afkoel en sit hom terug in die koffie blik
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 3:39 pm
by Jean Marais
Cobus, stuur my 'n PM met jou besonderhede, dan pos ek vir jou 'n gas aansteker. Moet hom net by my boet gaan optel. Hy bou die goed.
Groete
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 3:43 pm
by Cobus(Cobb)
Jean Marais wrote:Cobus, stuur my 'n PM met jou besonderhede, dan pos ek vir jou 'n gas aansteker. Moet hom net by my boet gaan optel. Hy bou die goed.
Groete
My donkerkop maat....ek het een, maar gebruik hom by rivier...dankie vir die aanbod.
Cheers
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 3:44 pm
by Jean Marais
Plesier. Dog ek help...
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 6:34 pm
by HennieC
Ek gebruik ou lap wat ek in stukkies sny van so 2" x 4" en laat lê in die parrefien.
Brand bietjie langer as die tee sakkies en werk lekker om enige iets te maak brand.
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 7:21 pm
by koos
Ek gebruik 'n tuna blikkie, maar 'n halwe koeldrank of bier blikkie werk net so goed. Dan gooi ek droe sand in die blikkie tot so driekwart vol. Gooi dan brand spiritus of petrol in die blikkie totdat die sand deurweek is daarmee. Sit dit dan onder in die vuurmaakplek steek aan die brand en pak jou hout of charkcoal op dit. Jy kan die blikkie met sand uithaal met 'n braaitang sodra die spiritus uitgebrand is en jou vuur brand. Dit brand lank genoeg om jou vuur aan die gang te kry.
Re: Blits Firelighters
Posted: Mon Jul 07, 2014 7:50 pm
by Pvdw
Vriend van my sit handoekpapier velletjies in die ou sonneblom olie wasrmee hulle slapchips maak
Daai dun papier brand maklik en kry so die olie aan die brand. Dit brand verbasend lank en ook sonder reuk.
Manne as ek vit Koos reg verstaan wil hy juis by die parafien wegkom.
Re: Blits Firelighters
Posted: Tue Jul 08, 2014 11:31 pm
by Christo
Geen reuk. Ek gebruik die gel van die gelstofies. Gooi in blikkie of sommer oor hout of brikette en steek aan. So 100ml nodig vir droë hout.
Grbruik dit ook nou in die roker wat die watte onder in gehad het. Dit lek nie uit soos die spirits nie.
Re: Blits Firelighters
Posted: Wed Jul 09, 2014 12:50 am
by Louis Kriel
Drie dennebolle
Re: Blits Firelighters
Posted: Wed Jul 09, 2014 10:05 pm
by Christo
Louis Kriel wrote:Drie dennebolle
Beste kaggelhout wat daar is.
Re: Blits Firelighters
Posted: Thu Jul 10, 2014 10:55 am
by GERT vd M
koos wrote:Ek gebruik 'n tuna blikkie, maar 'n halwe koeldrank of bier blikkie werk net so goed. Dan gooi ek droe sand in die blikkie tot so driekwart vol. Gooi dan brand spiritus of petrol in die blikkie totdat die sand deurweek is daarmee. Sit dit dan onder in die vuurmaakplek steek aan die brand en pak jou hout of charkcoal op dit. Jy kan die blikkie met sand uithaal met 'n braaitang sodra die spiritus uitgebrand is en jou vuur brand. Dit brand lank genoeg om jou vuur aan die gang te kry.
Ek maak ook so. Maak net seker die vuur brand nie al n bietjie nie, maw doen dit van n dooie vuur af. mense vir wie ek dit vertel se vir my dat die petrol sal ontplof. Dit is nie so nie want hy is nie onder druk nie. vir my werk dit heel goed, selfs sonder die sand
Groetnis
Gert
Re: Blits Firelighters
Posted: Wed Nov 26, 2014 8:57 pm
by Karoo Klong
Hi Cobus,
Probeer die een: reukloos wanneer uitgebrand.
Maak polystyrene bymekaar (baie). Verkrygbaar bv. by Meubelwinkels - yskas verpakking.
Ek gebruik 'n glasfles (790gr Mayonaise)
Gooi ongeveer halfvol met brandstof (rooi werk beter, groen werk ook)
Breek polystyrene in klein stukkies om in die fles se nek in te pas. Kyk hoe verdwyn dit in die brandstof. Hou aan ingooi. Onthou jy benodig baie polystyrene.
Die reaksie: die polystyrene word deur die brandstof verteer tot 'n taai jellie-agtige vloeistof (ek noem dit vuurkonfyt) wat baie lank geberg kan word en aangevul kan word met nog polystyrene indien dit min raak of verdun indien nodig met ekstra brandstof indien dit te dik raak.
Wanneer jy wil vuur maak, pak jou hout, gebruik 'n langerige stokkie (vir veiligheid) om die vuurkonfyt uit die fles te skep, net een skep is genoeg, laat van die stokkie af afloop in 'n sirkelvorm op die brandhout en steek dit dan brand. Wees versigtig, dit is baie vlambaar. Kyk hoe min het jy nodig om 'n vuur brand te steek en hoe lank hou so fles.
Kinders (onder toesig natuurlik) lief die "wetenskap projekkie". Jy sal vind dat jy ongeveer die ekwiwalent van tien groot "coolerboxe" in daardie 790gr fles kan indruk.
Karoo groete
Re: Blits Firelighters
Posted: Wed Nov 26, 2014 9:05 pm
by VdWalt
Haha jy maak vuur met Napalm