Page 1 of 1
Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 11:21 am
by Kubus
Sopas aangesluit. Dreig al ses maande lank om dit te doen. Werk vir die staat. Bly in Kirkwwod Oos Kaap. Jag al sedert laerskool. Hoofsaaklik koedoes, maar het van jonks af klein begin op ouerplaas. Is 53 jr oud, begin al lank in die tand word, maar sal jag tot ek ek rolstoel nodig het en dan ook eers as sy wiele pap is.
Het onlangs roep en skiet kursus by Taffie gedoen. By n vriend tydens n jaguitstappie op Somerset Oos Heinrich se CD onder oe gekry en die ouens kon my nie by die drinkvuur kry nie. Het sy inligting absoluut verslind.
Is n rookie wat jakkalsjag aanbetref, maar n man moet iewers begin. Het alle moontlike leesstof opgeslaan en hierdie webwerf verslind. Was al n paar aande saam met Taffie uit, en ander groot manne. Wou eers genoeg leer voor my eerste probeerslag. Het toe n week gelede op my eie gegaan, maar die uitslag is n storie vir n ander geleentheid. Wou my net eers net voorstel. Dis mos net uit ordentlikheid, boeremanier van doen.
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 11:28 am
by Gawie(13mm)
Baie welkom hier op die forum met die slimste manne onder die son!
Party van hulle kan selfs jakkalse uitoorlê. Klink vir my as as ek na jou CV kyk, dat jy party van ons iets kan leer.
Groetnis.
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 11:43 am
by Flip Nel
Baie welkom hier, geniet dit
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 1:35 pm
by Kubus
Help!!! Ek sien die manne het sulke onderskriffies op hul "posts" met byvoorbeeld hul vuurwapens en aan die linkerkant is hul "location" aangedui met byvoorbeeld n foto. Hoe doen n siel dit?
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 1:58 pm
by 243Songdaug
Welkom Kubus
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 2:10 pm
by Philip J
Welkom oom Kubus.
Kyk heel regs bo op die bladsy is die User Control Panel. Daar kan oom al die persoonlike "touches" bysit.
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 2:15 pm
by Cobus(Cobb)
Welkom Kubus....wil nou jou storie hoor!!
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 3:11 pm
by Riaan Beeslaar
Baie welkom Kubus, geniet dit
Re: Nuut aangesluit
Posted: Sat Jul 05, 2014 6:16 pm
by Pvdw
Welkom hier. Nie almal het jou voorreg om so langs Taffie te leer in die veld nie. Hoop jy het met jou ore mooi oop gesit

Re: Nuut aangesluit
Posted: Sun Jul 06, 2014 11:50 am
by Kubus
Phillip Jordaan,
Net omdat jy my oom genoem het, is jou straf die volgende:
Jy moet my stap vir stap verduidelik (soos Robbie Wessels) om my "location"op te kry"en n foto by "ävata" op te kry.
Ek het die avata ding prober, maar die foto se megabites of pixels is seker te hoog.
Onthou hierdie "oom" is BBC. "Born before computers"
Re: Nuut aangesluit
Posted: Mon Jul 07, 2014 10:04 am
by jamalley
Welkom
Re: Nuut aangesluit
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:36 pm
by Kubus
Moet net eenvoudig my storie vertel en Cobus(cobb) het daarvoor gevra. My vrou verstaan ook nie my opgewondenheid nie, so met wie anders moet ek dit deel as mense wat kan verstaan,
Soos hierbo gese gaan ek ses maande na Taffie se kurses vir die eerste aand uit, n week gelede. So by half 8 uur die aand sien ek oe in die bosse so 120m van my af. Bosveld, die grootste oop area in die veld is hoogstens 100m. Kon sweer dis n rooikat, maar kan hom net nie eien nie, Vyf minute later draai hy weg deur n operige area van so 3 meter en so wragtig dis n rooikat, maar ek is te laat. Dit begin toe reen en ek pak maar op. Volgende oggend 3 uur staan ek op, veld toe. Bakkie (wit) toegemaak roeper uitgesit, koffie geskink en beginner roep. Half vyf, ek lig weer, dit begin weer liggies reen. toe die lig op naby die roeper kom, kom rooikat se kind reguit na die roeper aangestap. seker 3m van die roeper af. Skrik my amper van die bakkie af. Skoot klap en daar le kat se kind. Hardloop soontoe, gryp hom aan die agterpoot en sleep hom tot agter die cruiser, Klim op die bakkie, nou gaan ek hulle roep.
Net gesit, val dit my by ek het nie foto geneem nie. Klim af, sit my selfoon se lig aan om foto te neem, on daar grou die kat vir my, jy sien net tande, geweer op stoel vas en ek het net een keuse, trap sy kop vas, haal mes uit en steek hom sommer agter blaaie deur. daar waar mens sou skiet. Sien toe skoot was effe hoog waar nek en skof bymekaarkom. Nou moet hy darem dood wees. Klim maar weer op stoel, vergeet om foto te neem. Net gesit, begin ek aant niese gaan, en jou wragtig daar spring kat se kind met n gegrom op, hardloop so 10 tree en slat weer neer. Toe sit ek mos darem agter my geweer, en dit was sy einde.
My eerste rooikat met die roep en skiet metode, en n ondervinding wat my altyd sal bybly,
Beginners luck?????
Re: Nuut aangesluit
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:43 pm
by Cobus(Cobb)
Kubus....yo, as daaie kieter jou gekou het was dit 'n ander storie..
My 1e kietsie was op my 3e aand uit....moes langer as 'n jaar werk vir my 2e een.
Geniet dit mater, lyk my die gogga byt jou kekker.
Re: Nuut aangesluit
Posted: Tue Jul 08, 2014 7:54 am
by Gawie(13mm)
Nee kyk, ek het nou lekker gelag. Ek weet dit is nie snaaks nie, maar ek sien die storie voor my afspeel en ek voel jou opgewondenheid. Baie geluk. Ek glo jy gaan nog baie omdop.
Re: Nuut aangesluit
Posted: Tue Jul 08, 2014 8:05 am
by matewis
Welkom Kubus, lekker gelees aan jou eerste aand se manewales! Moenie skaam raak vir stories deel nie, lyk of jy sommer lekker kan vertel!
Geniet dit hier (verder)...
