Page 1 of 1

Bosvark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 11:04 am
by sako 30-06
Is dit beter om bosvarke by voer te jag op volmaan of donkermaan?
Daar sal nie lig met n dimmer wees nie so ek dink die volmaan kan help om natuurlike lig te gee.

Maar sal die varke nogsteeds voer as dit volmaan is?

Re: Bovark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 12:26 pm
by Jakkie 321
Sako 30-06 daar is party ouens wat net in volmaan jag maak op hulle. Ek self jag ook met volmaan en donker maan op hulle. Wanneer dit volmaan is het jy amper nie eers n lig nodig nie. Hulle sal enige tyd vreet behalwe as die wind baie erg waai.

Groette

Re: Bovark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 12:54 pm
by sako 30-06
Jakkie 321 wrote:Sako 30-06 daar is party ouens wat net in volmaan jag maak op hulle. Ek self jag ook met volmaan en donker maan op hulle. Wanneer dit volmaan is het jy amper nie eers n lig nodig nie. Hulle sal enige tyd vreet behalwe as die wind baie erg waai.

Groette
Ok so dit klink vir my volgende naweek is die beste tyd.
Ek dink n mense se kanse is net party sonder onnatuurlike lig as hulle nie gewoont is aan dit nie.

Re: Bosvark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 1:05 pm
by Frederik
Bosvark is 'n black-sam as die wind nie reg is daardie aand nie kan jy so stil wees soos 'n muis maar hy sal nie inkom nie.

Re: Bosvark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:15 pm
by sako 30-06
Frederik wrote:Bosvark is 'n black-sam as die wind nie reg is daardie aand nie kan jy so stil wees soos 'n muis maar hy sal nie inkom nie.
Frederik sal dit help as n mens hoer as grondvlak sit?

Re: Bosvark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:48 pm
by Roger
Ek het al bosvark gejag met n rooi lig en dimmer, volmaan en half maan. Hulle het steeds in gekom.

Aangesien jy nie n lig gaan gebruik nie, sal ek aanraai volmaan.

Re: Bosvark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:57 pm
by Frederik
Maak seker van die wind as die son sak gewoonlik draai die wind in ander rigting as wanneer die son op is. En dan ook speel geluk 'n baie groot rol hou die weer dop en as daar front inkom kan jy maar vergeet.

Re: Bosvark jag!

Posted: Thu Jul 03, 2014 6:13 pm
by Jakkie 321
sako 30-06 wrote:
Frederik wrote:Bosvark is 'n black-sam as die wind nie reg is daardie aand nie kan jy so stil wees soos 'n muis maar hy sal nie inkom nie.
Frederik sal dit help as n mens hoer as grondvlak sit?

Ja sal baie help as jy hoer is. Sit n deur in n boom dan kan jy lekker sit en kyk. Gewoonlik sal jy hulle hoor inkom as hulle niks vermoed nie, sodra hulle onraat merk sal jy hulle nie eers hoor weg loop nie.

Groette