Karoo Koedoe Jag tips

Post Reply
User avatar
Leroi
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am

Karoo Koedoe Jag tips

Post by Leroi »

Hi amal,

Na 'n onsuksesvolle jagnaweek agter die rug, besef ek walk and stalk is nie net vir in die veld gaan loop en vir jou n koedoe uitsoek by die eerste bos nie.

Ons het in die Karoo tussen Murraysburg en Aberdeen gaan jag en ek wou baie graag 'n koedoe saam vat huis toe, ek het besluit om te voet te jag en het rivierlope en koppies baie versigtig deurgewerk en het baie spore en vars drolle gekry maar net een jong koedoe koei gesien.

Het julle 'n bietjie raad hoe om 'n man se kanse te verbeter op 'n suksesvolle koedoe jag in die wereld?

Ek weet daar is mense wat te nag met 'n lig koedoe skiet, maar dit is nie jag nie (nie eers te praat van onwettig nie :): ).
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Capt. Yoda »

Wees in die veld lank voor die son op kom en sit lank op n hoe plek as jy kan en kyk met jou binos
As jy eers hier teen 7uur in oop plase rond beweeg is jy klaar agter die game as jy my vra
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Jakkie07 »

stap, stop kyk, heeltyd.
gaan sit onder n bos, kyk die veld voor jou deur met jou verkyker, daai bulle staan in n bos en jy sien hom nie.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Flip Nel »

Capt. Oblivious wrote:Wees in die veld lank voor die son op kom en sit lank op n hoe plek as jy kan en kyk met jou binos
As jy eers hier teen 7uur in oop plase rond beweeg is jy klaar agter die game as jy my vra

Ek het altyd in die klein karoo by my swear dit so gedoen oggend en laat middag, daar verskyn net skielik 'n kudu waar daar netnou niks was nie.
User avatar
Leroi
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Leroi »

Dankie vir die tips ouens, ek het op die tweede dag besluit om op die koppie gaan sit wat oor die river loop en vlaktes uit kyk. Ek het so half uur voor sons opkoms (dit was ongelukking na 7 kaptein) en so uur voor son sak my tuis gemaak op die randjie. Ek dink ek moes 'n bietjie meer tyd daar spandeer het.
wrm
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by wrm »

In my ondervinding walk and stalk jy nie 'n koedoe nie, jy walk and surprise hom. As hy jou eers een keer gewaar het is dit te laat. Behalwe die jongetjies, hulle is stupid.

Beweeg min en staan lank stil. Luister. Ek het paar weke terug onder 'n bos gesit en het die gemsies gehoor voor ek hulle gesien het (agter my). Hulle het so vyftig meter van my af verbygeloop. Seker geweet hulle was nie op die menu nie.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by RUPERT »

Ek het gehoor dat n man nie net sommer besluit vandag jag jy n Kudoe nie. Jy loop hom perongeluk raak dan moet jy al reg gewees het om hom te skiet dws as hy jou nie al reeds gesien het nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by PWV »

Iemand (ek kan nie onthou wie nie) het hier op die forum geskryf:
"Jy kry nie sommer daai groot bul nie, op 'n dag kry hy jou."
En dit is waar.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Cobus(Cobb) »

Ek, Dewie en gids het baie stadig padlangs geloop, so 15-20 tree, dan ronkyk, dan weer stadig aanbeweeg, wind het maar bietjie gedraai, maar was hoofsaaklik in ons gesigte, ons het varkie gesoek en het 243 gedra met 75gr. Beweging van links het my die ander laat platsit en hier kom die bul aangestap, salig onbewus van ons, seker so 60m. Ek was baie gou op die stokke, die koedoe het loop staan, oop bladskoot maar gesig agter 'n bos, kon net horings sien, en moes kopskoot met 75gr waag, blad was 'n no-go met die 75gr....so 10sek, toe draai die wind en daar trek die koedoe...
Soms vind hulle jou, jy nie vir hulle nie, en as jy nie reg is nie, soek jy volgende jaar weer verder.... :): :):
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Swys14 »

toemaar Leroi, ek het self in daai wereld gaan loop en bekruip jag doen die jaar en het ook met niks huistoe gekom nie, dit was vir my 'n goeie leerskool gewees, maar dit gaan my nie volgende jaar keer nie :) die ervaring was steeds lekker.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Karoo Koedoe Jag tips

Post by Johan Nel »

James Wilson hier van onse forum het geskryf dat sy pa geglo het as jy die dag 'n koedoe raakloop, is dit net genade... :)
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply