Page 1 of 1
Remington 700 Bottom metal
Posted: Tue Jul 01, 2014 1:39 pm
by geelslang
Goeie dag
Almal,
Ek is nuut op die forum en soek graag bitjie raad.
Ek is tans besig om my .22-250 te verbeter, dit is een van die ALD modelle wat die "Hinged" maggesyn het, m.a.w. daar is nie 'n maggesyn plaat aan die onderkant van die kolf nie.
Nou, ek wil graag 'n verwyderbare maggesyn aanbring wat darm vyf patrone kan hou. Dis nie lekker as jou drie patrone in die maggesyn opraak wanneer jy varke op die lusern lande kry nie.
Watter Bottom Metal sal julle voorstel en waar sal ek dit in die hande kry?
Ek luister na jul bekwame opinies.
Groete
Geelslang
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Tue Jul 01, 2014 4:47 pm
by PWV
Kontak vir Riaan (RV hier op die forum).
Hy ken 'n ou wat hulle maak.
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 8:38 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ek dink M&H Arms maak ook bottom metal vir die Rem 700 "footprint" aksies. Ek weet nie hoe is hulle nie, my geweer was gebou met Williams bottom metal.
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 2:01 pm
by geelslang
Dankie Ludwig, dit is 'n "blind magazine" soos jy tereg verwys.
Ek is eintlik opsoek na 'n Detachable box maggesyn om juis die hoefeelheid patrone wat die geweer kan vat te verhoog, maar as julle intussen iemand kan aanbeveel by wie ek 'n "hinged floorplate" kan kry sal dit ook werk.
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 2:22 pm
by Geno
Is jy opsoek na so iets?
Ek het moontlik een wat kan werk vir jou binne die volgende week of 3. Ge-Cerakote in Sniper Grey.
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 3:00 pm
by Arnold
Julle ouens moet mooi lees, die man soek iets wat bv. 'n AICS magesyn kan vat wat 5 rondtes hou.
Iets soos dit:
http://swfa.com/images/bad30682.jpg
Probeer
Pacific Tool & Gauge
of
CDI Precision Gunworks
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 3:05 pm
by Geno
Arnold wrote:Julle ouens moet mooi lees
Ek het nogal vir 'n slag mooi gelees.
Ludwig wrote:geelslang wrote:maar as julle intussen iemand kan aanbeveel by wie ek 'n "hinged floorplate" kan kry sal dit ook werk.
Arnold, ek dink Geno reageer op hierdie stelling.
Korrek.
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 3:06 pm
by Arnold
vreeslik jammer
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Wed Jul 02, 2014 5:47 pm
by THOMAST
Die Remington DM (Detachable Magazine) hou net 4 patrone. Ek het so 'n stelsel gehad en later vervang met Surgeon bottom metal wat 5 of 10 skoot AICS magasyne gebruik.
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Thu Jul 03, 2014 4:29 pm
by geelslang
Kêrels die belangrikste nou is om kalm te bly, almal is reg.
Arnold, daardie foto van jou is PRESIES wat ek soek, maar sukkel om in die hande te kry.
Geno, wat wil jy hê vir daai Bottom Metal van jou?
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Thu Jul 03, 2014 6:42 pm
by Johannes Schoeman
Het CDI bottom metal en n AI 5 skoot mag. Bel my. 082 Vyf ses49433
Re: Remington 700 Bottom metal
Posted: Mon Jul 07, 2014 5:01 pm
by Riebeeker
Johannes dankie vir jou moeite. Geelslang sorry oor die hijack.