Page 1 of 1
Skaap afal
Posted: Fri Jun 27, 2014 6:33 pm
by hermaans
Ek wil graag weet of daar nie iemand is wat my kan help met die proses om afal te skraap, maar nie die gewone manier wat ons ken van warm water en lemmetjies nie.Daar is n ander manier wat deur die groot plekke gebruik word,hulle sit iets by die water sal graag wil weet wat.Ek het so n 30 afalle wat moet geskraap word en die hande is nie daar nie.
Re: Skaap afal
Posted: Fri Jun 27, 2014 9:05 pm
by Kalahari
Hermaans
Ek het vanaand 'n lekker afval geeet

. Woensdag bees en skaap afval gewerk. Dinsdagaand die afvalle (pense pote) van die bees en skaap so skoon as moontlik net met koue water skoongemaak en toe 'n redelike groot plastiek vleisbak gepak, gooi dan 1-2 koppies bouers kalk by en roer die spul lekker deurmekaar en laat staan oornag.
Volgende dag se werk was maar nog baie, die pense is nog op die gewone manier met stomp mes en lemmetjies bygekom. Dit gaan egter vinniger as met die kookwater manier. Die kalk maak net dat die pense makliker en vinniger gewerk word die volgende dag en die afvalle is sommer mooi wit.
Hoop dit help, want dit is al manier wat ek van weet.
Re: Skaap afal
Posted: Sun Jun 29, 2014 8:36 am
by Jacquesb
Ekt al gehoor daar word koeksoda in di e water gegooi om die skoonmaak te vergemaklik. Eks egter nie seker nie.
Re: Skaap afal
Posted: Sun Jun 29, 2014 9:47 am
by Kalahari
Jacquesb wrote:Ekt al gehoor daar word koeksoda in di e water gegooi om die skoonmaak te vergemaklik. Eks egter nie seker nie.
Jy is heeltemal reg, as jy die eerste gedeelte begin skraap het en die afval gaan in die volgende skottel skoon water in kan jy maar 'n skoot koeksoda bygooi, niks verkeerd daarmee nie.
As ek derms skraap kom daar ook koeksoda en sout vir die nag by voor die tweede skraap die volgende oggend.
Re: Skaap afal
Posted: Sun Jun 29, 2014 11:15 am
by Naas1
Ek gebruik ook die kalk resep maar gooi 125g gebluste kalk (Wat baie suiwer is) wat jy by 'n apteek koop op 9L koue water roer goed en laat oornag staan (roer nog 'n keer na paar uur) sny die volgende oggend net die rante af.
Wanner jy dit dadelik krap en of die kop en pootjie ook krap:
Week die kop en pootjies 1 uur lank in koue water, maak die gebluste kalk met kokende water aan, doop die kop of pootjies in die kalk mengsel, krap en spoel af met koue water herhaal die proses soos wat jy krap.
Re: Skaap afal
Posted: Mon Jul 07, 2014 8:44 pm
by Gert Odendaal
Hermaans, met afval is daar dood eenvoudig nie `n maklike manier nie...krap sal jy moet krap, gebluste kalk help tot `n mate maar jy gaan nie verby die skoonmaak proses kom nie...

Re: Skaap afal
Posted: Mon Jul 07, 2014 10:40 pm
by henning
Wat presies is die doel van die kalk, of dan wat doen die kalk?
Groete
Henning
Re: Skaap afal
Posted: Mon Jul 07, 2014 11:14 pm
by Kalahari
henning wrote:Wat presies is die doel van die kalk, of dan wat doen die kalk?
Henning, ek weet nie regtig wat die reaksie van die kalk (of doel) is nie, maar dit werk verseker om die skraapwerk minder/makliker te maak. Die vliese op die pense gaan net vinniger af as dit by die skraapwerk kom.
Die afval smaak nog egter dieselfde soos met die gewone manier van skraap met die warm wateer alleen.
Ek het ook maar net by ander mense van die kalk resep gehoor, dit probeer en gesien dit werk.
Re: Skaap afal
Posted: Mon Jul 07, 2014 11:22 pm
by henning
Dankie Johan, ek het nou ge-Google en dit lyk my dat die kalk neutraliseer die maag suure.
Groete
Henning