Page 1 of 1

Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Wed Feb 23, 2011 11:09 pm
by Fanie Nel
Goeie naand aan al die manne op forum.

Ek is nuut op forum, maar lees al 'n rukkie alles wat gese word op forum.  Wil graag hoor by die slim manne wie huidiglik die beste wapensmid is om nuwe loop op te sit.

Groete Fanie

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Wed Feb 23, 2011 11:13 pm
by Monrique (SJ)
Fanie naandse

Ek is nie n slim man nie, maar vertel ons gou n bietjie van jouself en waar jy woon, dan kan ons jou dalk n beter n aanduiding gee van n wapensmit wat sy sout werd is naby jou!

Groetnis
SJ

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:15 am
by Fanie Nel
Dag se aan almal

Om te begin ek is n boer en ek woon op n plaas in die Excelsior distrik in die Vrystaat ek is so 120 km van bloemfontein af.  Ek ook getroud.  Jag, skyfskiet en gewere is vir my n passie. 
Hoop dit help as nog iets wil weet se maar net

Groete

Fanie Nel

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:27 am
by Francois Marais
Fanie

Gerrie Coetzee van Gerrie Ceotzee vuurwapens doen goeie werk, 051-4441012, Bloemfontein......as jy hom bel se jy is van die forums af verwys.

Mooi loop
Francois

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:31 am
by Monrique (SJ)
Gerrie Coetzee in Bloem. Het ongelukkig nie sy nr. maar iemand op die forum sal dit wel he.

Groetnis
SJ

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:33 am
by Monrique (SJ)
FM

Sien nou eers het dieselfde gepost as jy.

Groetnis
SJ

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:42 am
by Danie Lombard .243
Ou Fanie


Ek se ook sommer welkom op die forum.

Yip  Voorwaar Gerrie Coetzee. Volgens my opinie die beste wapensmit in die omgewing. Hy is in Parkweg Bfn  051  444 10 12

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:58 am
by PRIVATE RYAN
Nog een vir Gerrie!

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 9:39 am
by Boesman
Ja, en nou gaan Gerrie nie tyd kry om my projek klaar te maak nie!  ;D

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 10:12 am
by PRIVATE RYAN
Party dinge in die lewe kan mens nie
aanjaag nie.

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 11:46 am
by Boesman
Nee, genade, laat die smede maar eerder 'n halfuur langer vat, om met 'n meesterstuk na vore te kom.

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 5:04 pm
by Fanie Nel
Ek kom gereeld in pretoria wie is die beste daar en sal jul gerrie nog steeds aanbeveel bo wapensmede in pretoria.
Die dankie vir al die reaksie

lekker aand aan almal

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 6:50 pm
by .220 Swift
Fanie

In Pretoria beveel ek vir Riaan aan - Moot Wapens: 012-3313304

Hy het my Swift in totaliteit oorgedoen - kolf, kamer, loop en sneller - en die eindresultaat is 'n chirurgiese instrument eerder as geweer!

Alhoewel ek nou nader aan Bloemfontein as Pretoria bly, doen hy nog steeds al my werk - ek weet wat ek in hom het.

.220 Swift

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 6:55 pm
by Jaco Bezuidenhout
Fanie

Welkom od forum!

Jaco

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Thu Feb 24, 2011 8:28 pm
by Penkop
Fanie,

Bloemies is in elk geval 'n baie lekkerder plek om na heen te gaan as Sodom&Gomora (skuus julle ouens van Pta, niks persoonliks nie).

Jy gaan nie wen nie, Gerrie het 'n goeie naam op die forum.

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Fri Feb 25, 2011 7:40 am
by James Wilson
Fanie, Gerrie was in n artikel wat Koos Barnard van Magnum oor hom geplaas in die Magnum tydskrif. Koos het baie lof vir hom gehad, en gese dat Gerrie een van baie min(5 dink ek ) wapensmede in die land is wat deur Magnum se personeel aanbeveel word. vir my het hy n 300H&H gebou 2 silencers op ander gewere gesit, n nuwe loop op my 308, scope mounts, kolf herstel. die akkuraat maak van n geweer. tans is my skoonpa se 250 savage by hom vir n moeilike scope mount projek. jy wag dulk n rukkie as jy jou geweer in gegee het, maar dis maar seker net omdat hulle oorval word met werk. Gerrie het in elkgeval, sy werkswinkel vergroot, e toe ek laaste daar was het hy nog net vir die Sapd gewag om sy groter winkel goed te keer. ek het al hier op die forum gesien dat daar manne van Gauteng is wat hulle gewere af bring na Gerrie toe.

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Sat Feb 26, 2011 1:22 pm
by Hein M.
Fanie,

Bring jou familie 'n slag Kaap toe en klop by Terry Harrison aan.  Hy is die beste in ons geweste - in my opinie ;)

Harrison Brothers Custom Gunsmiths
Gunsmiths: Mark and Terry Harrison
PO Box 3940 Cape Town 8000
Tel (021) 423-0465 Fax (086) 545-4108 Email: mharri@mweb.co.za

Kan net goedpraat van die man en die goeie diens wat hy lewer.  Hy is ook 'n uitstaande skut.

Maar ja, daar waar jy is sal Gerrie seker die beste roep wees.

Groetnis!

Hein M

Re: Beste wapensmid om nuwe loop op te sit ??

Posted: Sun Feb 27, 2011 10:42 pm
by Fanie Nel
Dankie aan almal vir die hulp

Hein

Ek dink sal maar eendag as ek weer kaap se kant toe gaan maar 'n draai  by daai wapensmid gaan maak, maar gaan vir nou maar eers by gerrie aanklop vir die nuwe loop

Groete