Page 1 of 1
Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 5:40 pm
by James Wilson
Manne, die .22 Brno model 2, is volgens baie kenners een van die beste ,22 wat nog gemaak is. Ek skiet al vandat ek n klein seuntjie is met my pa sin. In my st 4 jaar alleen het ek n 1000 rondtes deur hom geskiet. Met die oop visier, was dit n platform waarmee basiese skietkuns, maklik baas geraak kon word.
Anders as baie ,22's is hierdie modelle stewig en groot jaggeweer "agtig".
Vandag skiet my seun met dieselfde geweer en geniet hy dit netso. Ek en hy versamel saam ,22 ammo. Ek het nog nie baie verkillende boksies nie, maar elke wapenwinkel waar ek kom, kyk ek of hulle n vreemde pakkie het.
Die geweertjie self spog deesdae met n sintetiese kd en n scope. Met die duifpatroontjies, is die geweer stiller as my windbuks.
So n paar jaar terug wys n mede model 2 eienaar my dat daar n datum stempel op die loop is. Myne is 57 = 1957. Kyk gerus op die loop, aan die linkerkant waar die loop stop teen die aksie.
Plaas n foto of twee en kom ons kyk wie se model 2 is die oudste en wie sin is die nuutste
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 6:01 pm
by Kallie Fernhout
Het nou self gaan kyk het ook n Model 2 en wonder self hoeveel duisend skote ek al met hom geskiet het van Std.4 af.
Myne is 'n 1974
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 6:05 pm
by Pappabeer
James,
Ek loop oor van die aanstoot! Word ons Model 1 manne dan nou so in die gesig gevat!!
As my broer die raaklees kan hy gerus die foto van die takbok wat hy laat bakkie ry het met sy Model 2 plaas.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 6:33 pm
by James Wilson
Pappabeer in my lewe het ek nognet 1 Model 1 gesien. Ek het maar geglo dit is skaars soos hoendertanne
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 6:59 pm
by alecjohnson
Ek het nie 'n model 2 nie, maar 'n model 1 50 dit was my oupa sin toe hy 12 jaar oud was, op sy doodsbed het hy my geroep en gese dis nou myne sowel as die 243. Ek skiettans met daai .22 tussen 2000 en 5000 rondtes 'n jaar so in die tyd wat ek hom het vooe ek nog ernstig geskiet het, so 16 - 20k koeëls deur myne. Daai .22 het stories te vertel! my oupa het dit gekry toe hy 8 was, hy het daarmee gejag en kompetisie geskiet, daai .22 het al BAIE coup de gràce skote gegee. een vakansie (toe ek nog klein was) is ek en my ouers en oupahulle wildtuin toe, toe ons terugkom al my oupa se gewere gesteel onderandere die .22.
So 'n jaar later word die .22 gevind! opgeroes. Ek en my oupa het dit restoreer en net voor my oupa gesterf het is dit op my ma se naam gesit sodat ek dit op my naam kon sit wanneer ek 21 geword het. nou is dit op my naam en skiet nou meer as ooit, ek gebruik my .22 meer as my windbukse! ek het dit onlangs oor geblue en 'n knaldemper vir dit gemaak wat oor die loop skuif omdat ek nie die loop wil seermaak nie of draad wil laat sny nie. en nou werk daai geweer eers!
Die geweer skiet met amper enege rondtes steeds 'n golfbal raak op 60 tree met lapuas kan ek tenisbal skoot na skoot op 100m tref.
Daai .22 is my trots! Ek is seker die enigste 23 jarige met 'n mod 1 brno .22

Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 7:04 pm
by Pappabeer
James Wilson wrote:Pappabeer in my lewe het ek nognet 1 Model 1 gesien. Ek het maar geglo dit is skaars soos hoendertanne
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t ... 00#p389249
Hiers darem n paar van ons met Model 1s. Hannes het sommer 2! Neewat, hulle is nie so skaars nie, op die draad is n foto van myne.
Daar is nie 'n monster ooglopende verskil tussen die model1, model 5 en model 2 nie. Jy het meskien al meer gesien as wat jy van weet.
Ns. Ek weet van 'n paar verskillende Brnos wat huis soek, waarna ek gaan kyk middel volgende week. Gee my n lui as jy belangstel.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 7:32 pm
by Frederik
Ek het ook die no.1
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 8:44 pm
by BennieO
mod 2, 1957
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Wed Jun 25, 2014 10:14 pm
by Kalahari
"Youngster" mod2 , 1982.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jun 26, 2014 12:01 am
by Beer (Christo)
Ek het gou gekyk. Ek het 'n 73.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jun 26, 2014 8:22 am
by Jaco vdW
Ek moes nou gaan kyk hoe oud is myne, maar gemeet aan die standaard hier gestel, is hy maar n "spring chicken"!
1999 gemaak, en CZ gestempel, nie meer BRNO nie. Bly steeds een van die lekkerste gewere om mee te skiet.
En ja, soos Pappabeer noem, hy het al n takbok op sy kerfstok. Ongelukkig geen foto nie, was bloot net n vleis haal oefening.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jun 26, 2014 8:51 am
by Frederik
Ek sien nou my no.1 is in 1947 vervaardig hy is al Oupa en skiet bars hou.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jun 26, 2014 10:09 am
by JuanPaul
Myne se jaar datums is as volg; 72, 82 en 90, almal loop nog mooi!
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jul 24, 2014 12:27 pm
by NJ_v_N
Ek het my brno so paar weke terug gekry, ek is nie seker van die ouderdom nie maar hier is n foto van hoe ek hom mooi gemaak het
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jul 24, 2014 3:25 pm
by Riebeeker
Myne is 'n 1981. Fantastiese geweertjie
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jul 24, 2014 4:51 pm
by James Wilson
NJ, dis bitter mooi. Boyds kolf?
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jul 24, 2014 4:58 pm
by Jaco Bezuidenhout
Middag manne,myne ook 1957. Mod 2
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jul 24, 2014 5:00 pm
by BRNO (Pierre)
Ek sit eendag saam n vriend en sy pa en gesels so oor die gewere. Op daardie stadium is daar n Mod2 hier op die forum te koop vir R2200.00. Ek noem aan die pa dat ek die geweer graag wil koop, en gaan n aanbod insit. Hy doen boedel beplanning en allerhande sulke dinge, en se net daar vir my dat ek die volgende Maandag by hom moet kom draai, daar staan een in sy kluis wat die oorledene se vrou gese het hy moet maar wegmaak of iets, sy wil niks vir hom he nie. Ek smile tot vandag toe nog so half lekker as ek daardie geweer vashou.
Dit is n 1977 model.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Thu Jul 24, 2014 5:51 pm
by NJ_v_N
James Wilson wrote:NJ, dis bitter mooi. Boyds kolf?
Ja dit is n boyds
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Fri Jul 25, 2014 12:01 pm
by Fluffa
Hallo julle,
Myne is 'n 71 gestempelde nommertjie. Groot genot om meerkat mee te roer.
Cheers Fluffa
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Fri Jul 25, 2014 2:14 pm
by DawieKotze
Vir al julle Brno .22lr manne, hier is 'n baie interessante en volledige post oor die verskillende Brno's oor die jare.
Lyk my as jy 'n model 5 het, is jy die kat se snor! Kortliks is die model 5, die model 1 se loop op die model 2 se aksie.
http://www.rimfirecentral.com/forums/sh ... p?t=212830
Sorry vir die effense hijack James, maar dis darem min of meer inlyn met die topic
Geniet!
Dawie
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Fri Jul 25, 2014 2:47 pm
by BRNO (Pierre)
madako wrote:Vir al julle Brno .22lr manne, hier is 'n baie interessante en volledige post oor die verskillende Brno's oor die jare.
Lyk my as jy 'n model 5 het, is jy die kat se snor! Kortliks is die model 5, die model 1 se loop op die model 2 se aksie.
http://www.rimfirecentral.com/forums/sh ... p?t=212830
Sorry vir die effense hijack James, maar dis darem min of meer inlyn met die topic
Geniet!
Dawie
Dankie Dwaie. Ek sal nog mooi gaan deurlees, maar dis baie interesand.
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Sat Jul 26, 2014 9:26 am
by James Wilson
Dawie, daardie man het ontsettend baie werk geoen.
Danki vir die plasing
Re: Brno model 2 ,22 bende, hoe oud is joune?
Posted: Sat Jul 26, 2014 11:19 am
by Pappabeer
madako wrote:Vir al julle Brno .22lr manne, hier is 'n baie interessante en volledige post oor die verskillende Brno's oor die jare.
Lyk my as jy 'n model 5 het, is jy die kat se snor! Kortliks is die model 5, die model 1 se loop op die model 2 se aksie.
http://www.rimfirecentral.com/forums/sh ... p?t=212830
Sorry vir die effense hijack James, maar dis darem min of meer inlyn met die topic
Geniet!
Dawie
Dit was lekker insiggewend om daai man se artikel te lees. Hier is n hele paar model 5e wat in SA rondbeweeg. Ek het anderdag amper een gekoop in Durban, maar op nadere ondersoek was sy aksie en loop kwaai gepit toe hy uit die hout uit kom.