Page 1 of 1

Nuweling tot die jagveld

Posted: Tue Jun 24, 2014 9:42 pm
by StevenAbsmeier
Goeie naand aan almal. Eks nuut op die blad en nuut tot die jagveld. Hoop om baie by almal te leer en opregte hulp te kry wanneer ek n stupid vraag/vrae vra. Hoop om binne die volgende 2 maande my 3006 in my hande te hê en n jagter in murg en been te word.

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Tue Jun 24, 2014 10:55 pm
by tripodmvr
Welkom. Jy bekruip ons laat aand. Waar is jy in die wereld en het jy al voorheen gejag?

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Tue Jun 24, 2014 11:46 pm
by FCLoretz
Naand Steve.

Welkom by die forum. Bly om te sien jy het kom aansluit.

Oom Marius Steven bly in die Oos Rand, Primrose. En hy moet nog sy jag balkie werf. Hy het vir hom 'n .30-06 op Huntex gekoop.

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Wed Jun 25, 2014 12:10 am
by jamalley
Welkom Steve

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Wed Jun 25, 2014 7:44 pm
by StevenAbsmeier
Baie dankie vir die hallo sê tripodmvr, jamalley en Freddy. Freddy het my aanbeveel om by julle aan te sluit. Hy sê ek gaan baie leer want julle is nie keyboard warriors nie maar die real deal.

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Wed Jun 25, 2014 8:15 pm
by tripodmvr
So ons is "heavy metal". Bly hy dink so. Waaroor wil jy leer?

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Wed Jun 25, 2014 8:34 pm
by StevenAbsmeier
Alles wat ek niks van af weet. Het nog nooit gejag nie en die laaste keer wat ek n "geweer' in my hande regtig gehad het was my getroue R1 in die weermag. So dinge soos skootplasing van verskillende hoeke, afstand, verskillende patrone, herlaai ens

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Wed Jun 25, 2014 8:53 pm
by tripodmvr
You have zoned in on the kill. Skootplasing is daar baie oulike skematiese beelde en dan moet ons jy leer oor die praktiese jag. Kalibers kan jy ook Google om 'n idee van dit beskikbaar te kry en ook te "search" op die forum. Herlaai en koele is ons brood en botter. As they say in the classics "fire away"

Kyk onder die verskillende besprekingspunte en plaas jou vrae.

Re: Nuweling tot die jagveld

Posted: Wed Jun 25, 2014 9:44 pm
by StevenAbsmeier
Baie dankie tripodmvr. Ek gaan verseker so maak. Lekker aand verder vir julle almal.