Page 1 of 1

Dimmer probleem

Posted: Sun Jun 22, 2014 10:05 am
by HennieC
Deel bietjie kennis asb.
Vrydag aand se jak roep aand het uit gedraai op 'n lig wat gedooi het so 23:30 se kant.
Ek het baie naby krag lyn drade gesit dat mens die gezoem van die drade kon hoor.
My skiet stoel en geweer het baie statiese elektrieseteit op gebou dat mens die fyn blou spark kon sien tussen die staal en my vinger dit is toe dat my lig dood gaan die dimmer het so effens gezoem. Toe besluit ek om die krag te ontkoppel en te ry weg van die krag drade.
Vir 'n uur gesukkel en kyk na fuses en toe huis toe gery.

Saterdag gesoek na probleme met af drade en op die ou end gekry dat dimmer gegroet het.
Dimmer oop gemaak sien of ruik niks wat gebrand het nie. Is een van Henk Ellis se dimmers gewees.

Het die krag lyn drade iets hiermee te doen?
Het iemand anders al so iets gekry?

Help bietjie met inligting asb.

Groete
Hennie

Re: Dimmer probleem

Posted: Thu Jun 26, 2014 5:52 pm
by HennieC
Dag mense
Ek het vandag 'n email gekry van Henk Ellis wat my dimmer vervang en ek behoort hom more middag te kry.
sonder dat hy my ou dimmer ontvang het en kon bekyk het Henk besluit hy stuur vir my 'n nuwe een.

Puik diens van Henk af.

Baie baie dankie Henk.

Groete
Hennie